Download PDF

South Africa Judgment

Northern Cape High Court, Kimberley

S v Petersen (29/2012) [2012] ZANCHC 38 (8 June 2012)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The magistrate erred in accepting the accused's written statement as a proper guilty plea under section 112(2) of the Criminal Procedure Act, as the statement created doubt regarding the accused's ability to comply with the maintenance order and did not constitute an unequivocal admission of guilt. The magistrate failed to clarify these doubts by questioning the accused, as required. Furthermore, the sentence imposed exceeded the statutory maximum prescribed by section 31(1) of the Maintenance Act. The magistrate's prior involvement in disputes between the complainant and accused, and knowledge of extraneous matters, further justified referral of the matter for a new hearing before a different magistrate. Accordingly, both the conviction and sentence must be set aside and the matter referred for a de novo hearing.

Court disposition

Conviction and sentence set aside; matter referred for de novo hearing before a different magistrate.

Orders

  • The conviction and sentence are set aside.
  • The matter is referred for a new trial before a different magistrate.

02

Material facts

Parties

State

Applicant

Bertrand Sidney Petersen

Respondent

03

Procedural history

  1. Posture

    Review Application / Special Review of Criminal Conviction and Sentence From Magistrate's Court

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The magistrate submitted the proceedings for special review, arguing that the accused's written statement did not constitute a proper guilty plea and that the imposed sentence exceeded the statutory maximum. The magistrate requested that both the conviction and sentence be set aside and that, if the accused is prosecuted again, the trial be conducted by another magistrate.
Respondent
The accused's statement indicated uncertainty regarding his ability to pay maintenance, at times claiming employment and at other times unemployment. He asserted that his failure to pay was not intentional but due to financial incapacity. His legal representative reiterated that the accused did not refuse to support his children but was unable to comply with the maintenance order due to his financial circumstances and medical condition.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Section 112(2), Criminal Procedure Act 51 of 1977

    A court may convict and sentence an accused on the basis of a written statement under section 112(2) of the Criminal Procedure Act only if satisfied that the accused is guilty of the offence to which he pleaded guilty.

  2. 02

    Section 113(1), Criminal Procedure Act 51 of 1977

    If at any stage before sentence the court doubts whether the accused is legally guilty or if it appears that the accused has a valid defence or made an erroneous admission, a plea of not guilty must be entered.

  3. 03

    Section 31(1), Maintenance Act 99 of 1998

    The maximum sentence for contravention of section 31(1) of the Maintenance Act is a fine or imprisonment for a period not exceeding one year, or such imprisonment without the option of a fine.

  4. 04

    Section 312(1), Criminal Procedure Act 51 of 1977; S v Mmatli 1988 (2) SA 533 (T); S v Mshengu 2009 (2) SACR 316 (SCA)

    Where a conviction and sentence are set aside due to non-compliance with sections 112(2) or 113, the matter is ordinarily referred back to the trial court for compliance, but in appropriate cases, a review court may deviate from this procedure.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The magistrate erred in accepting the accused's written statement as a proper guilty plea under section 112(2) of the Criminal Procedure Act, as the statement created doubt regarding the accused's ability to comply with the maintenance order and did not constitute an unequivocal admission of guilt. The magistrate failed to clarify these doubts by questioning the accused, as required. Furthermore, the sentence imposed exceeded the statutory maximum prescribed by section 31(1) of the Maintenance Act. The magistrate's prior involvement in disputes between the complainant and accused, and knowledge of extraneous matters, further justified referral of the matter for a new hearing before a different magistrate. Accordingly, both the conviction and sentence must be set aside and the matter referred for a de novo hearing.

Obiter and limits

  • The suspension of the sentence does not cure the defect of exceeding the statutory maximum.
  • The magistrate's personal involvement and knowledge of disputes between the parties may compromise the impartiality required for a fair hearing.
  • Where evidence has already been heard by the original magistrate, a new trial before a different magistrate is appropriate to ensure fairness.

Court disposition

Conviction and sentence set aside; matter referred for de novo hearing before a different magistrate.

  • The conviction and sentence are set aside.
  • The matter is referred for a new trial before a different magistrate.

Source and reliance status

Northern Cape High Court, Kimberley

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Northern Cape High Court, Kimberley

Judgment

[2012] ZANCHC 38

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA

(Noord-Kaapse Hoë Hof, Kimberley)

Saak No: 29/2012

Datum gelewer: 08/06/2012

In die saak tussen:

Staat

en

Bertrand Sidney Petersen ......................................................................Beskuldigde

Coram: Williams R et Olivier R

UITSPRAAK OP

HERSIENING

Olivier R:

Die beskuldigde, mnr B S Petersen, het in die Landdroshof te Keimoes tereggestaan op ‘n aanklag dat hy die bepalings van artikel 31 (1) van die Wet op Onderhoud1 oortree het deur te versuim om betalings te maak ooreenkomstig ‘n onderhoudsbevel. Na aanvanklike verwarring oor of die beskuldigde sou skuldig pleit, is ‘n pleit van onskuldig uiteindelik genotuleer. Nadat die klaagster se getuienis aangebied is, is die beskuldigde se pleit egter verander na een van skuldig. Daar is toe ‘n skriftelike verklaring van die beskuldigde ingevolge die bepalings van artikel 112 (2) van die Strafproseswet2 ingedien. Nadat die aanklaer ook aangedui het dat die pleit van skuldig op daardie basis aanvaar word, is die beskuldigde dienooreenkomstig

skuldig bevind en gevonnis tot 15 maande gevangenisstraf wat voorwaardelik opgeskort is vir ‘n periode van 5 jaar.

Die landdros het nou die verrigtinge voorgelê vir spesiale hersiening, en wel op die gronde dat die inhoud van die beskuldigde se skriftelike verklaring nie ‘n behoorlike pleit van skuldig daargestel het nie en dat die opgelegde vonnis die voorgeskrewe maksimum oorskry het. Die landdros versoek dus dat beide die skuldigbevinding en die vonnis tersyde gestel word, en versoek verder dat, sou die beskuldigde weer vervolg word, sodanige verhoor deur ‘n ander landdros behartig word.

Die opgelegde vonnis oorskry duidelik die voorgeskrewe maksimum van “’n boete of .... gevangenisstraf vir ‘n tydperk van hoogstens een jaar of met daardie gevangenisstraf sonder die keuse van ‘n boete” in artikel 31 (1) van die Wet op Onderhoud. Die feit dat die gevangenisstraf opgeskort is, maak hieraan geen verskil nie. Die vonnis moet dus op hierdie basis alreeds tersyde gestel word.

Die bepalings van artikel 112 (2) maak dit vir ‘n Hof moontlik om, waar ‘n skriftelike verklaring deur die beskuldigde ingehandig word waarin die beskuldigde skuldig pleit en die feite uiteensit wat erken word, die beskuldigde op daardie basis skuldig te bevind en te vonnis, maar slegs “indien (die Hof) oortuig is dat die beskuldigde skuldig is aan die misdryf waaraan hy skuldig gepleit het”. Die voorbehoudsbepaling tot artikel 112 (2) maak dit verder in so ‘n geval vir die Hof moontlik om “na goeddunke enige vraag aan die beskuldigde ... (te) stel ten einde ‘n aangeleentheid op te helder wat in die verklaring geopper is”.

Artikel 113 (1) van die Strafproseswet lui dat ‘n Hof wat op enige stadium voor vonnis in twyfel verkeer oor of ‘n beskuldigde wat skuldig gepleit het op ‘n aanklag inderdaad regtens daaraan skuldig is, en ‘n Hof aan wie dit blyk of beweer word dat ‘n beskuldigde ‘n geldige verweer het op die aanklag ten laste gelê of dat die beskuldigde foutiewelik ‘n bewering erken het, ‘n pleit van onskuldig moet aanteken.

Die landdros wys tereg daarop dat daar reeds in die beskuldigde se artikel 112 (2)-verklaring twyfel geskep is oor die vraag of hy in staat gewees het om die betrokke betalings te maak:

Die beskuldigde het die een oomblik erken dat hy gedurende die betrokke periode werksaam was, net om die volgende oomblik te verklaar dat hy vir ‘n gedeelte van die periode werkloos was.

Op ‘n latere stadium het die beskuldigde verklaar:

“Dit is egter nie omdat ek nie wou die onderhoud betaal, maar eerder omdat ek dit nie kon betaal nie.”

Die landdros het nie voor skuldigbevinding aan die beskuldigde vrae gevra om hierdie aspek te probeer opklaar nie. Die landdros kon na my oordeel nie regtens tevrede gewees het dat die beskuldigde se verklaring ‘n behoorlike erkenning daargestel het van al die elemente van hierdie misdryf nie. Die versuim om vrae te vra ter opheldering van hierdie aspek beteken dat die landdros nie die bepalings van artikel 112 (2) van die Strafproseswet behoorlik nagekom het nie.

Tydens die verrigtinge ná skuldigbevinding en voor vonnis het die beskuldigde se regsverteenwoordiger ook die landdros meegedeel dat “dit is nie omdat hy nie wil sy kinders onderhou nie, maar omdat sy finansiële omstandighede sommige kere van so ‘n aard gewees het dat hy nie die onderhoudsbevel kon nagekom het nie”. Toe die landdros met die regsverteenwoordiger die vraag gedebatteer het of die beskuldigde nie uit eie keuse nie gewerk het nie, is hy meegedeel dat die beskuldigde “volgens sy mediese toestand .... ook nie teruggegaan (het) werk toe nie”.

Dit mag geargumenteer word dat hierdie onbetwiste mededelings namens die beskuldigde die toepassing van die bepalings van artikel 113 van die Strafproseswet, en die verandering van die pleit van skuldig terug na een van onskuldig, genoodsaak het. In die lig van die slotsom waartoe ek reeds gekom het met betrekking tot die inhoud van die artikel 112 (2)-verklaring, en die implikasies daarvan, is dit egter nie nodig dat hierdie vraag verder oorweeg word nie.

Artikel 312 (1) van die Strafproseswet bepaal dat, waar ‘n skuldigbevinding en vonnis tersyde gestel word weens die nie-nakoming van, onder andere, die bepalings van artikel 112 (2) of artikel 113 van die Strafproseswet, die saak terugverwys sal word na

die Hof wat die vonnis opgelê het, sodat daardie Hof aan die betrokke bepalings kan voldoen. In gepaste gevalle sal ‘n Hof van hersiening of appél egter afwyk van hierdie prosedure3. Ek meen dat daar ook in hierdie geval gronde bestaan om so te doen:

Dit blyk uit die oorkonde dat die landdros reeds baie betrokke was by die dispute tussen die klaagster en die beskuldigde. Hy het kennis gedra daarvan dat die klaagster ‘n regsverteenwoordiger aangestel het om “toe te sien dat reg en geregtigheid en billikheid seëvier met betrekking tot .... (die) kriminele verrigtinge”. Hoe die landdros dit geweet het, en watter rol die betrokke regsverteenwoordiger verder gespeel het in die verrigtinge, is nie duidelik nie.

Dit het verder geblyk dat die klaagster die landdros persoonlik genader het om te beweer dat daar foutiewe berekeninge in die pleit van skuldig was wat die beskuldigde van plan was om aan te bied.

Die landdros het ook, tydens die betoë van die partye ná skuldigbevinding, ander uitlatings gemaak wat gedui het op kennis van sekere gebeure buite die Hof en op ‘n geskiedenis van betrokkenheid van die landdros by dispute tussen die klaagster en die beskuldigde:

“...... ek wil hê die klaagster in die besonder moet baie goed luister na aanleiding van alles wat dalk vandag gebeur het buite om hierdie hof met betrekking tot hierdie aangeleentheid.”

“Ons kom al ‘n lang pad saam, u en ek en die klaagster”.

Tweedens het die landdros tydens die oplegging van vonnis aangedui dat ‘n sekere gedeelte van die beskuldigde se skriftelike verklaring na die oordeel van die landdros nie die waarheid was nie4. Hierdie uitlating van die landdros is gemaak teen die agtergrond daarvan dat die aanklaer die pleit en feitebasis aanvaar het en, meer belangrik5, ten spyte daarvan dat die landdros, selfs nadat die klaagster se getuienis reeds aangehoor was, besluit het om die pleit van skuldig op daardie basis te aanvaar.

Laastens is daar die feit dat die opgelegde vonnis, soos reeds aangedui, in elk geval onbevoeg was. Dit moet dus reeds op daardie grond tersyde gestel word. Hierdie is dus nie ‘n geval waar die vonnis bloot tersyde gestel word omdat die skuldigbevinding gebrekkig was weens die nie-nakoming van die bepalings van artikel 112 (2) of artikel 113 van die Strafproseswet nie.

In die Mmatli saak is bevind dat dit moontlik is om ‘n saak terug te verwys vir heropening van die artikel 112-verrigtinge voor ‘n ander landdros. Die onderhawige geval is egter onderskeibaar, want hier het die landdros al getuienis aangehoor voordat die artikel 112-verrigtinge ‘n aanvang geneem het. Sou hierdie geval terugverwys word vir die nakoming van die bepalings van artikel 312 (1), en sou dit dan lei tot die verandering van die pleit na een van onskuldig, sou ‘n ander landdros tog seker nie ‘n verhoor kon voortsit waarin daar reeds getuienis aangehoor is deur die eerste landdros nie.

Ek maak dus die volgende bevele hierin:

Die skuldigbevinding en vonnis word tersyde gestel.

Die saak word terugverwys vir verhoor de novo deur ‘n ander landdros.

_____

C J OLIVIER

REGTER

NOORD-KAAPSE

AFDELING

Ek stem saam.

______

C C WILLIAMS

199 van 1998

251 van 1977

3vergelyk S v Mmatli 1988 (2) SA 533 (T); S v Mshengu 2009 (2) SACR 316 (SCA)

4“… maar om vir my te sê u het gedink dat u werk trek die geld af, meneer, met respek ek byt nie aan daardie een nie, hoor.”

5vergelyk S v Sethoga and Others 1990 (1) SA 270 (A) op 271I-275G

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

S v Mmatli 1988 (2) SA 533 (T)

Case cited

S v Mshengu 2009 (2) SACR 316 (SCA)

Case cited

S v Sethoga and Others 1990 (1) SA 270 (A)

Case cited

Maintenance Act 99 of 1998

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Criminal Procedure Act 51 of 1977

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.