Download PDF

South Africa Judgment

Supreme Court of Appeal

S v Rautenbach (73/91) [1991] ZASCA 160 (25 November 1991)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The appellate court found that the trial court had properly considered all relevant factors, including the appellant's personal circumstances, the timing of the offences, his extensive history of similar offences, and the interests of the commercial community. The court held that the seriousness and quantity of the offences, as well as the significant losses suffered by the complainants, justified the imposition of a five-year effective term of imprisonment. The existence of a prior suspended sentence was not a bar to further imprisonment, and the trial court's discretion was properly exercised. The appeal was dismissed as the sentence was found to be unassailable.

Court disposition

Appeal dismissed; sentence confirmed.

Orders

  • The appeal is dismissed.
  • The sentence imposed by the trial court is confirmed.

02

Material facts

Parties

Stephanus Petrus Rautenbach

Appellant

The State

Respondent

Amounts and remedies

  • Loss to Complainants (fraud Charges): ZAR 7,000
  • Loss to Complainants (statutory Offences): ZAR 117,000
  • Effective Term of Imprisonment: 5

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Appeal Against Sentence

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellant argued that all offences were committed before he had ever served a term of imprisonment, which constituted exceptional circumstances. He contended that this should mitigate against the imposition of further imprisonment. He also argued that the trial court failed to consider the possible activation of a prior suspended sentence and that imprisonment would defeat the purpose of that suspended sentence.
Respondent
The respondent maintained that the trial court was aware of all relevant circumstances, including the timing of the offences and the existence of the suspended sentence. The respondent argued that the seriousness and quantity of the offences, the appellant's extensive criminal history, and the interests of the commercial community justified the sentences imposed. The respondent further contended that the suspended sentence issue was properly considered and did not preclude further imprisonment.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    R v Ford 1939 AA 559

    Sentencing discretion must be exercised with regard to the seriousness of the offences, the interests of society, and the personal circumstances of the accused.

  2. 02

    S v Rautenbach (73/91) [1991] ZASCA 160

    The existence of a prior suspended sentence does not automatically preclude the imposition of further imprisonment for subsequent offences.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The appellate court found that the trial court had properly considered all relevant factors, including the appellant's personal circumstances, the timing of the offences, his extensive history of similar offences, and the interests of the commercial community. The court held that the seriousness and quantity of the offences, as well as the significant losses suffered by the complainants, justified the imposition of a five-year effective term of imprisonment. The existence of a prior suspended sentence was not a bar to further imprisonment, and the trial court's discretion was properly exercised. The appeal was dismissed as the sentence was found to be unassailable.

Obiter and limits

  • The prevalence of similar offences in the region is a valid and relevant consideration in sentencing.
  • The fact that the appellant had only served one previous term of imprisonment despite a long history of convictions does not mitigate the seriousness of the current offences.

Court disposition

Appeal dismissed; sentence confirmed.

  • The appeal is dismissed.
  • The sentence imposed by the trial court is confirmed.

Source and reliance status

Supreme Court of Appeal

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Supreme Court of Appeal

Judgment

[1991] ZASCA 160

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA

(APPêLAFDELING)

SAAKNR. 73/91 In die appël tussen:

STEPHANUS PETRUS RAUTENBACH APPELLANT

en ::DIE STAAT RESPONDENTCoram: VAN HEERDEN et EKSTEEN ARR; PREISS WnARAangehoor: Maandag 25 November 1991

Transkripsie van ex tempore uitspraak op

Maandag 25 November 1991 deur Preiss WnAR

gelewer en waarmee Van Heerden et Eksteen ARR saamgestem het

UITSPRAAK

PREISS WnAR:

Die appellant is 'n 55 jarige ongerehabiliteerde insolvent. Hy het in die Streekhof te Worcester, Kaapprovinsie, op sewe aanklagte van tjekbedrog skuldig gepleit, asook op nege aanklagte van oortreding van a 137 (a) van die Insolvensie -wet 24 van 1936 , deurdat hy krediet vir meer as R20 by mense gekry het sonder om sodanige mense in te lig dat hy insolvent is. Die klaers in die bedrog aanklagte het meer as R7000 verloor. Ten aansien van die statutêre oortredings was die betrokke bedrae aansienlik groter, naamlik meer as R117 000. Die appellant is 'n gesamentlike vonnis van 5 (vyf) jaar gevangenisstraf op die bedrog aanklagte opgelê. Op die nege statutêre oortredings is hy tot 6 (ses) maande

3

gevangenisstraf op elke aanklag gevonnis. Die hof het egter gelas dat laasgenoemde vonnisse samelopend met die vonnis van 5 jaar gevangenisstraf uitgedien moet word. Die effektiewe tydperk van gevangenisstraf beloop gevolglik 5 jaar.

Die appellant se boedel is oorspronklik in 1974 gesekwestreer. Hy is gedurende 1980 of 1981 gerehabiliteer, maar kort daarna, naamlik gedurende 1982, is sy boedel vir 'n tweede maal gesekwestreer. Hy is tans ongerehabiliteerd. Die lys van sy vorige veroordelings is swaar. Hy het sedert 1977 gereeld met die gereg gebots. Die lys bevat onder andere 'n lang reeks kommersiële misdrywe. Hy is nie minder nie as sewe keer aan bedrog skuldig bevind. Ten aansien van statutêre misdrywe voortspruitend uit sy insolvensie is hy reeds ses keer skuldig bevind.

Ondanks die ernstige aard van sy vorige veroordelings het hy slegs een keer gevangenisstraf uitgedien. Hy is weliswaar

4.voorheen gevangenlsstraf opgelê, maar nadat hy by die gevangenis aangemeld het, is hy onmiddelik weer vrygelaat. Op 24 November 1986 is 'n opgeskorte vonnis in werking gestel waarna hy vir die eerste keer gevangenisstraf uitgedien het. Hy is na amper 'n jaar op parool vrygelaat .

Die streeklanddros het aanvaar dat die appellant wel berou vir sy misdrywe getoon het. Hy het die persoonlike omstandighede van die appellant in ag geneem. By die opweeg van die relevante faktore waarop 'n gepaste vonnis gegrond word, het hy egter beslis dat die element van afskrikking die belangrikste is, en dat dit, en die belange van die gemeenskap vereis dat gevangenisstraf opgelê behoort te word. Die deeglike wyse waarop al die betrokke elemente ontleed is, bevat geen mistasting hoegenaamd nie. Die appellant het na die Kaapse Provinsiale Afdeling teen die opgelegde vonnis geappelleer, maar sonder sukses. Laasgenoemde hof het egter verlof tot appèl na hierdie hof toegestaan.

5.In hierdie hof het die appellant se advokaat daarop gewys dat al die misdrywe gedurende die tydperk November 1984 tot Mei 1986 gepleeg is. Hy het aangevoer dat die misdrywe gevolglik gepleeg is voordat die appellant ooit gevangenisstraf uitgedien het. Ek aanvaar dat dit buitengewone omstandighede is, maar die verhoorhof was bewus hiervan en het dit in ag geneem by vonnisoplegging. Daar is na my mening egter geen regverdiging vir die stelling dat hierdie omstandighede opsigselfstaande die oplegging van verdere gevangenisstraf uitskakel nie. Al wat gesê kan word, is dat die gevangenisstraf wat hy uitgedien het in verband gestaan het met 'n reeks misdrywe wat streng gesproke nie as vorige veroordelings beskou kan word nie. Daar is verder betoog dat die verhoorhof nie die moontlikheid van die inwerkingtreding van 'n vorige opgeskorte vonnis oorweeg het nie. Daardie argument gaan nie op nie. Die verhoorhof was van hierdie moontlikheid bewus en het dit uitdruklik in sy uitspraak genoem.

6Die streeklandros het ook na die algemene voorkoms van soortgelyke misdade in sy streek verwys. Dit was en is 'n geldige en tersaaklike oorweging: (R v FORD 1939 AA 559 op 560 - 1)Die appellant se advokaat het verder betoog dat die appellant op 14 Augustus 1986 in die streekhof te Wynberg, Kaapprovinsie, 'n opgeskorte vonnis opgelê is vir misdrywe wat met die onderhawige reeks misdrywe verband hou. Sy argument is dat gevangenisstraf die doel van hierdie opgeskorte vonnis sal verydel. Die antwoord hierop is tweeledig. In die eerste plek word die kwessie van die moontlike inwerkingtreding van die opgeskorte vonnis aan 'n ander hof oorgelaat. Die gevangenisstraf wat hom tans opgelê is, sal eers op daardie stadium as deel van die tersaaklike agtergrond oorweeg moet word. In die tweede plek, en gesien die erns en hoeveelheid van die aanklagte, is daar niks wat die verhoorhof verhoed het om ondanks die vorige opgeskorte vonnis gevangenisstraf in sy diskresie op7.te lê nie.

Ek is die mening toegedaan dat die verhoorhof in al hierdie omstandighede 'n behoorlike diskresie uitgeoefen het. Gesien die aard en omvang van die misdrywe wat hier ter sprake is, die aansienlike verliese wat die klaers gely het, die appellant se vorige veroordelings vir soortgelyke misdrywe en die belange van die handelsgemeenskap, bly die opgelegde vonnis van gevangenisstraf myns insiens onaanvegbaar.

Die appèl word dus van die hand gewys.

H.J. PREISS

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

R v Ford 1939 AA 559

Case cited

Insolvency Act 24 of 1936

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.