Download PDF

South Africa Judgment

Supreme Court of Appeal

S v Sekgobela (309/86) [1987] ZASCA 3 (3 March 1987)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The Supreme Court of Appeal held that the trial court did not err in finding no extenuating circumstances. The evidence established that the appellant was not influenced by dagga or alcohol, as his behaviour was calculated and he was observed to be sober after the incident. His youth did not amount to immaturity, as he held responsible employment and acted with deliberation. The absence of premeditation and alleged provocation were not sufficient to reduce his moral blameworthiness, given the brutality and manner of the offence. The trial court was entitled to consider all facts of the crime, including the use of handcuffs and the subsequent assault, as indicative of cold and emotionless conduct. The appellate court found no misdirection or unreasonable finding and dismissed the appeal against the sentence.

Court disposition

Appeal dismissed; conviction and sentence confirmed.

Orders

  • The appeal is dismissed.
  • The conviction and sentence imposed by the trial court are confirmed.

02

Material facts

Parties

Elmon Sekgobela

Appellant

The State

Respondent

Amounts and remedies

  • Amount Stolen From Deceased: ZAR 140
  • Appellant's Age at Time of Offence: 21
  • Weight of Stone Placed on Deceased's Head: kg 50

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Appeal Against Sentence

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
Counsel for the appellant argued that the trial court failed to properly consider possible extenuating circumstances, including the appellant's alleged intoxication by dagga and alcohol, his youth, and the absence of premeditation. It was submitted that the trial court excluded these factors due to the nature and brutality of the crime, which amounted to a misdirection. The appellant claimed that his actions were influenced by dagga and that he acted in a fit of rage, not with calculated intent.
Respondent
The State contended that the trial court correctly found no extenuating circumstances. The evidence showed the appellant was not under the influence of dagga or alcohol, as corroborated by witnesses who observed him sober after the incident. The appellant's conduct before, during, and after the crime demonstrated calculated and emotionless behaviour, undermining claims of immaturity or intoxication. The State argued that the brutality and manner of the offence justified the sentence imposed.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    S v Ngoma 1984 (3) SA 666 (A) at 673 G-I

    The determination of extenuating circumstances involves a three-fold enquiry: (1) whether there were facts or circumstances at the time of the crime that could have influenced the accused's state of mind; (2) whether such facts probably did influence the accused; and (3) whether this influence reduced the accused's moral blameworthiness.

  2. 02

    S v Mongesi en Andere 1981 (3) SA 204 (A) at 207H-208A

    The appellate court will only interfere with the trial court's finding on extenuating circumstances if there was a misdirection or the finding was unreasonable in light of the evidence.

  3. 03

    S v Petrus 1969 (4) SA 85 (A) at 92 D-H and 97 A-B; S v Maarman 1976 (3) SA 510 (A) at 512; S v Ndwalane 1985 (3) SA 222 at 228 F-H

    The brutality and manner of the murder may be relevant to the accused's state of mind and moral blameworthiness, but do not in themselves exclude extenuation.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The Supreme Court of Appeal held that the trial court did not err in finding no extenuating circumstances. The evidence established that the appellant was not influenced by dagga or alcohol, as his behaviour was calculated and he was observed to be sober after the incident. His youth did not amount to immaturity, as he held responsible employment and acted with deliberation. The absence of premeditation and alleged provocation were not sufficient to reduce his moral blameworthiness, given the brutality and manner of the offence. The trial court was entitled to consider all facts of the crime, including the use of handcuffs and the subsequent assault, as indicative of cold and emotionless conduct. The appellate court found no misdirection or unreasonable finding and dismissed the appeal against the sentence.

Obiter and limits

  • The court noted that the gruesomeness of the murder may indicate the accused's state of mind and moral culpability, but does not automatically exclude extenuating circumstances.
  • The trial court's acceptance of witness testimony over the appellant's version was justified given the contradictions and lack of credibility in the appellant's account.
  • The appellant's detailed recollection and calculated actions after the crime further undermined claims of intoxication or immaturity.

Court disposition

Appeal dismissed; conviction and sentence confirmed.

  • The appeal is dismissed.
  • The conviction and sentence imposed by the trial court are confirmed.

Source and reliance status

Supreme Court of Appeal

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Supreme Court of Appeal

Judgment

[1987] ZASCA 3

Saak nr 309/86 MC

ELMON SEKGOBELA

- en -DIE STAAT VIVIER AR.

Saak nr 309/86

MC

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPeLAFDELING)

In die saak tussen:ELMON SEKGOBELA Appellant- en -DIE STAAT Respondent

Coram: BOTHA, VIVIER ARR et STEYN Wn AR Verhoor: 23 Februarie 1987 Gelewer: 3 MAART 1987.

UITSPRAAK

VIVIER AR:

Die appellant is in die Rondgaande Hof op Phalaborwa deur DE VILLIERS R en twee assessore aan moord

en /

2.

en aan diefstal van geld en klerasie skuldig bevind. Op die moordaanklag is geen versagtende omstandighede gevind nie en is die appellant ter dood veroordeel. Weens die diefstal is die appellant tot een jaar gevange= nisstraf gevonnis. Met verlof van die Verhoorregter appelleer hy na hierdie Hof slegs teen die bevinding dat daar by die pleging van die moord geen versagtende omstan= dighede was nie en teen die gevolglike doodvonnis wat hom opgelê is.

Die saak spruit uit die gebeure van Sondagoggend, 1 September 1985 op die plaas Harmonie in die distrik Gravelotte waar die appellant en sy houvrou, Paulina Mahtole, gewoon het. Die appellant was as voorman in diens van die eienaar van die plaas terwyl Paulina op die lande by die huurder van die plaas gewerk het. Die oorledene, 'n 31-jarige Swart vrou, het die vorige middag by die plaas aangekom met 'n sak vol klere wat sy aan die werksmense verkoop het. By die land waar hulle besig was, het Paulina 'n romp van die oorledene gekoop terwyl die appellant, volgens Paulina, dagga en 'n drankbrousel

bekend / 3. bekend as tot-tot of mampoer by die oorledene gekoop het. Later die dag is die oorledene weer weg van die plaas.Volgens Paulina, wie se getuienis deur die verhoor= hof aanvaar is, het die appellant kort na sonsopgang die Sondagoggend hulle hut verlaat om op die naburige plaas te gaan kuier. Hy was nugter en het normaal opgetree. Sy is kort daarna ook weg van die hut. Gedurende die oggend het die appellant teruggekeer en was alleen by die hut toe die oorledene daar aankom. Dit is nie duidelik wat presies tussen die appellant en die oorledene gebeur het nie omdat die enigste getuienis daaromtrent, dié van die appellant, in sekere opsigte onvolledig was en in ander wesenlike opsigte nie deur die verhoorhof aanvaar is nie. In ander opsigte weer, is dit nie duidelik wat die verhoorhof presies bevind het nie. Die appellant het getuig dat hy twee dagga-sigarette van die oorledene vir R2,00 gekoop het. Hy het 'n RlO-noot aan haar oorhandig. Hy het een van die dagga-sigarette gerook en sy het hom van haar drankbrousel gegee om te drink. Sy het daarna geweier om sy kleingeld te gee en 'n argument het onstaan. Hy

het / 4. het kwaad geword en die geld uit haar hand gegryp. Sy

het hom met die agterkant van haar hand op sy mond geslaansodat hy op die grond geval het. Sy tand is los geslaanmet die hou wat sy hom gegee het. Dit is gladnie duidelikof die verhoorhof hierdie deel van die appellant se weergawe

aanvaar het nie. Die verhoorhof het die appellant se verdere weergawe dat hy die oorledene daarna slegs twee houe met 'n kierie geslaan het, uitdruklik verwerp.

Die verhoorhof het wel bevind dat die appellant

op 'n stadium daarna die oorledene se hande voor haar liggaammet 'n paar handboeie, wat hy van sy werkgewer ontvang hetom wilddiewe mee te vang, geboei het voordat hy haar met 'npanga aangeval het. Die mediese getuenis was dat diepkneuswonde en wrywingsmerke aan die oorledene se polsge=wrigte, veroorsaak deur die boeie, daarop dui dat sy geboeiwas, en gestoei en gespartel het, voordat die appellanthaar twee diep kapwonde met 'n panga op die kop toege=dien het wat die brein binnegedring en haar dood veroor=saak het. 'n Derde hou met die panga het die oorledenese regterduim afgekap en dieselfde, of 'n vierdehou met die panga het 'n diep snywond oor die dorsum

van / 5. van die regter middelvinger veroorsaak. Tekens van'n hewige worsteling is na die tyd in die appellant se hut gevind: klere het oral rondgelê, die bed was deurmekaar, water het uit 'n drom vol water gestort en daar was bloedspatsels teen die mure, die deur, die mat, die kombers en die beddegoed.Na die aanval het die appellant die oorledene oor 'n afstand van ongeveer 70 meter tot onder 'n boom in die veld gesleep waar haar liggaam laat die Sondag= middag nakend, met die hande steeds geboei en met 'n swaar klip van ongeveer 50 kg bo-op die kop, gevind is. Onder die oorledene se kop was 'n groot plas bloed wat volgens die mediese getuienis daarop dui dat sy nog geleef het toe sy daar gebring is. Dit is nie duidelik hoe dit gebeur het dat die oorledene nakend was nie. Die appellant het ontken dat sy nakend was toe hy haar in die veld gelaat het.

Die appellant het 'n noukeurige beskrywing

van / 6. van sy bewegings nadat hy die oorledene aangerand het, gegee. Voordat hy die oorledene die veld ingesleep het, het hy eers sy bebloede hemp gaan uittrek en sy hande gewas. Nadat hy die oorledene se liggaam in die veld gelos het, het hy paulina se klere, wat vol bloed= spatsels was, in n kopdoek toegedraai en dit saam met sy kapmes onder die ashoop begrawe. Die mat en kombers, wat ook bloedbevlek was, het hy in die dam gegooi en die regterduim van die oorledene, wat hy op die toneel opgetel het, het hy weggegooi. Op die toneel van die aanranding het hy R140,00 opgetel wat aan die oorledene behoort het, en hy het besluit om die geld na sy werkgewer te neem. Op pad daarheen het hy vir Paulina teengekom en die geld vir haar gegee om te hou. Sy broek was vol bloed toe hy by haar kom. Sy het hom nie daaroor uitgevra nie en hy het haar niks van die voorval vertel nie. Paulina het die geld in 'n babadoek toegedraai en hulle het saam na sy broer, Johannes, se huis op die

naburige / 7 . naburige plaas geloop waar Paulina die geld in 'n kamer gebêre en hy sy broek uitgetrek en dit bo-op Johannes se klere in 1g se kamer gesit het.Paulina se getuienis was dat toe sy die appellant ongeveer 12 uur die betrokke oggend teenkom, hy aan haar verduidelik het dat hy die R140,00 in 'n dobbelspel gewen het en dat die bloed aan sy broek afkomstig is van 'nwildsbok wat hy geslag het.

Die appellant se getuienis was dat die dagga wat hy die Sondagoggend by die oorledene gekoop het, die eerste is wat hy in sy lewe gerook het en dat dit hom aangetas en sy optrede tydens en na die voorval beinvloed het. Hy het ontken dat hy die vorige dag drank of dagga by die oorledene gekoop het. Paulina, daarenteen, het getuig dat in die drie jaar wat sy en die appellant reeds saamwoon, hy daagliks dagga rook.

In die uitspraak oor die vraag van versagtende omstandighede, het die verhoorhof Paulina se getuienis

dat / 8 . dat die appellant daagliks dagga rook, aanvaar. Die uitspraak bevat geen uitdruklike bevinding oor die vraag of die appellant die betrokke Sondagoggend drank en/of dagga gebruik het nie, en indien wel, of hy enigsins daardeur beïnvloed was nie. Die appellant se berekende optrede tydens en na die voorval en sy vermoë om in die fynste besonderhede te vertel wat gebeur het, toon nie enige beïnvloeding deur dagga of drank nie. Verder het beide Paulina en johannes onomwonde verklaar dat die appellant heeltemal nugter was toe hulle hom kort na die voorval gesien het. Paulina het 'n goeie indruk op die verhoorhof gemaak en haar en Johannes se getuienis is op verskeie aspekte, waar dit met dié van die appellant bots, deur die verhoorhof aanvaar. Ek meen dat dit uit die uitspraak in sy geheel gelees, duidelik is dat die verhoorhof tot die gevolgtrekking gekom het dat dagga en/of drank nie die appellant se optrede beïnvloed het nie.

Die verhoorhof het verder bevind dat selfs

al /

9.

al sou aanvaar word dat die appellant in 'n "woedebui"gehandel het, dit, sowel as die feit dat hy maar 21jaar oud was, in die huidige saak nie as versagtendeomstandighede beskou kan word nie.

Dit is reeds herhaaldelik in uitsprake van hierdie Hof beklemtoon dat dit in die eerste plek die verhoorhof se taak is om oor die bestaan al dan nie van versagtende omstandighede te beslis, en dat hierdie Hof slegs sal inmeng indien die verhoorhof 'n mistasting of ander onreelmatigheid begaan het, of indien sy bevinding, in die lig van al die getuienis beoordeel, van so 'n aard is dat hy nie redelikerwys daartoe kon gekom het nie. Sien o a S v Mongesi en Andere

1981(3) SA 204(A) op 207H - 208A.

In een van die meer onlangse beslissings van hierdie Hof oor wat die ondersoek na die bestaan van

versagtende /

10. versagtende omstandighede behels, het CORBETT AR die volgende in S v Ngoma 1984(3) SA 666(A) op 673 G-I gesê:-

"The determination of the presence or absence of extenuating circumstances involves a three-fold enquiry: (1) whether there were at the time of the commission of the crime facts or circumstances which could have influenced the accused's state of mind or mental faculties and could serve to constitute extenuation; (2) whether such facts or circumstances, in their cumulative effect, probably did influence the accused's state of mind in doing what he did; and (3) whether this influence was of such a nature as to reduce the moral blame= worthiness of the accused in doing what he did. In deciding (3) the trial Court passes a moral judgment."

Namens die appellant is betoog dat die verhoor=

hof se verwysing in sy uitspraak oor versagting na dieaantal houe wat die appellant die oorledene toegedien heten die feit dat hy haar geboei en toe aangerand het,daarop dui dat die verhoorhof die moontlike versagtendeomstandighede opgeweeg het teen, en uitgesluit het weensdie aard van die misdaad en die wyse waarop die appellantte werk gegaan het, en dat die verhoorhof sodoende 'nmistasting begaan het. Die versagtende omstandighede

wat / 12. bevind het dat die appellant wel in n "woedebui" gehandel het nie. vanweë die ander feitebevindings van die verhoorhof, wat die appellant as 'n volslae leuenaar toon, en sy onoortuigende getuienis op hierdie aspek, is ek in die eerste plek van mening dat so 'nbevinding nie geregverdig sou gewees het nie. Wat alles tussen die appellant en die oorledene gebeur het, het hy nie aan die verhoorhof openbaar nie. So is daar geen verklaring vir die feit dat die oorledene se lyk nakend gevind is nie.Selfs al sou egter aanvaar word dat die appellant wel in 'n "woedebui" gehandel het, meen ek nie dat die verhoorhof fouteer het deur dit nie as versagting te beskou nie. Dit is natuurlik so dat die aard, of die feite van n bepaalde moord, soos die erns daarvan, die wyse waarop dit uitgevoer is, die wreedheid of afskuwelikheid of onnodigheid daarvan, opsigself nie n bevinding van versagting uitsluit nie.

Sodanige / 13. Sodanige feite van die moord bly egter steeds relevant. So kan die grusaamheid van die moord aanduidend wees van die beskuldigde se geestestoestand gedurende die pleeg van die daad en van sy morele skuld, en kan die wyse waarop die beskuldigde te weck gegaan heb, aantoon dat hy nie deur drank of provokasie beïnvloed is nie. Sien S v Petrus 1969(4) SA 85(A) op 92 D-H en 97 A-B, S v Maarman 1976(3) SA 510(A) op 512 'n en S v Ndwalane 1985(3) SA 222 op 228 F-H.In die huidige saak is ek van mening dat daar nie sprake is van 'n opweging van versagtende teen verswarende omstandighede deur die verhoorhof nie. By die beoordeling van die vraag of die moontlikheid dat die appellant in 'n "woedebui" gehandel het, 'n invloed op sy gemoed kon gehad het, was die verhoorhof heeltemal geregtig om al die feite van die misdaad in ag te neem. Die wyse waarop die appellant te werk gegaan het deur die oorledene te boei voor hy haar met die panga geslaan het, dui na my mening eerder op kóue, gevoellose optrede

as /

11.

wat namens appellant aangevoer is, is beïnvloeding deur drank en/of dagga, sy onvolwassenheid en die feit dat hy sonder voorafbeplanning en in 'n "woedebui" gehandel het.Wat die moontlike beïnvloeding deur drank en/of dagga betref, het ek reeds hierbo daarop gewys dat die verhoorhof tereg bevind het dat appellant nie daardeur beïnvloed was nie en dat dit geen rol in sy optrede gespeel het nie. Wat onvolwassenheid as 'n moontlike versagtende omstandigheid betref, was die appellant 'n voorman op die plaas met verantwoordelike pligte, en het hy die lewe van 'n volwassene gelei. Daar is in sy optrede geen teken van onvolwassenheid te bespeur nie. Na my mening het die verhoorhof tereg nie onvolwassenheid as 'n versagtende omstandigheid aangemerk nie.

Wat betref die afwesigheid van voorafbeplanning en die provokasie waarop ter versagting gesteun is, het ek reeds daarop gewys dat die verhoorhof nie uitdruklik

bevind / 14. as dat hy deur 'n woedebui beïnvloed is. Na my mening het die verhoorhof nie misgetas in sy bevinding dat provokasie nie as versagting beskou kan word nie, en kan nie gesê word dat die bevinding een is waartoe nie redelikerwys gekom kon gewees het nie.

Gevolglik word die appèl van die hand gewys.

W. VIVIER AR.

BOTHA AR ) Stem saam. STEYN Wn AR)

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

S v Mongesi en Andere 1981 (3) SA 204 (A)

Case cited

S v Ngoma 1984 (3) SA 666 (A)

Case cited

S v Petrus 1969 (4) SA 85 (A)

Case cited

S v Maarman 1976 (3) SA 510 (A)

Case cited

S v Ndwalane 1985 (3) SA 222

Case cited

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.