S v Shaik (315/1985) [1986] ZASCA 19 (20 March 1986)
- Citation
- [1986] ZASCA 19
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Botha, Hefer, Smalberger
- Case number
- 315/1985
More details
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Botha, Hefer, Smalberger
- Case number
- 315/1985
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The Supreme Court of Appeal found that the trial court's distinction between the appellant and his co-accused regarding mitigating circumstances was not justified by the evidence. The finding that the appellant played a leading role or issued orders for the murder was based on speculation rather than factual proof. The mitigating factors applicable to the co-accused, such as the influence of the prison gang system and the subculture, should have been applied to the appellant as well. Consequently, the death sentence imposed on the appellant was set aside and replaced with a sentence of 15 years' imprisonment, aligning with the sentences given to the co-accused.
Court disposition
Appeal upheld; death sentence set aside and replaced with 15 years' imprisonment.
Orders
- The appeal succeeds.
- The death sentence imposed on the appellant is set aside.
- The appellant is sentenced to 15 years' imprisonment.
02
Material facts
Parties
Farouk Shaik
AppellantThe State
RespondentAmounts and remedies
- Imprisonment Term: 15
03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Appeal Against Sentence
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the trial court erred in distinguishing between the appellant and his co-accused regarding the existence of mitigating circumstances.
- 02
Whether the death sentence imposed on the appellant was justified in light of the evidence and the approach to mitigating factors.
Party arguments
- Applicant
- The appellant argued that the trial court incorrectly found no mitigating circumstances in his case, while such circumstances were found for his co-accused. He contended that the evidence did not justify the conclusion that he played a leading role or issued orders for the murder, and that the same mitigating factors should apply to him as to the others.
- Respondent
- The respondent maintained that the trial court was correct in its assessment, arguing that the appellant's alleged status as a 'judge' in the prison gang justified treating him differently. The respondent relied on the trial court's findings regarding the appellant's role and the evidence presented.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
S v Shaik (315/1985) [1986] ZASCA 19
A court must base its findings regarding the role of an accused and the existence of mitigating circumstances on clear factual evidence, not speculation.
- 02
S v Shaik (315/1985) [1986] ZASCA 19
Where mitigating circumstances are found to exist for co-accused in similar positions, such circumstances should also be considered for the appellant unless there is a factual basis for distinction.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The Supreme Court of Appeal found that the trial court's distinction between the appellant and his co-accused regarding mitigating circumstances was not justified by the evidence. The finding that the appellant played a leading role or issued orders for the murder was based on speculation rather than factual proof. The mitigating factors applicable to the co-accused, such as the influence of the prison gang system and the subculture, should have been applied to the appellant as well. Consequently, the death sentence imposed on the appellant was set aside and replaced with a sentence of 15 years' imprisonment, aligning with the sentences given to the co-accused.
Obiter and limits
- The court noted that speculation cannot substitute for evidence when determining the role of an accused in a joint enterprise.
- The influence of prison gang culture and its pressures are relevant mitigating factors in sentencing for offences committed within such environments.
Court disposition
Appeal upheld; death sentence set aside and replaced with 15 years' imprisonment.
- The appeal succeeds.
- The death sentence imposed on the appellant is set aside.
- The appellant is sentenced to 15 years' imprisonment.
Source and reliance status
Supreme Court of Appeal
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Supreme Court of Appeal
Judgment
LL Saak No 315/1985
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKAAPPèLAFDELING
In die saak tussen:FAROUK SHAIK AppellantenDIE STAAT Respondent
CORAM: BOTHA, HEFER et SMALBERGER ARRVERHOORDATUM: 7 MAART 1986LEWERINGSDATUM: 20 MAART 1986
UITSPRAAK
/BOTHA AR ...
2.BOTHA AR:-
Die appellant, as beskuldigde 2, is saam metdrie ander beskuldigdes skuldig bevind aan moord deurCURLEWIS R en assessore in die Rondgaande Hof op Wit=bank. Ten opsigte van die appellant se drie mede-beskuldigdes het die Verhoorhof bevind dat daar ver=sagtende omstandighede aanwesig was. Elk van hulleis gevonnis tot 15 jaar gevangenisstraf. In die gevalvan die appellant het die Verhoorhof bevind dat daargeen versagtende omstandighede aanwesig was nie. Ge=volglik is hy ter dood veroordeel. Die Verhoorregterhet aan hom verlof toegestaan om na hierdie Hof inhoër beroep te kom teen die doodvonnis wat hom opgelêis.
Die spil waarom hierdie appèl draai, is dievraag waarom die Verhoorhof 'n onderskeid gemaak hettussen die drie ander beskuldigdes en die appellant tenaansien van die bevindings aangaande versagtende
/omstandighede ...
3.
omstandighede. Die beperkte omvang van 'n ondersoekna hierdie vraag maak dit onnodig om in besonderhedeop die getuienis wat voor die Verhoorhof was in tegaan. Dit is slegs nodig om kortliks te verwys nadie getuienis wat betrekking het op die genoemde vraag,in soverre dit lig werp op die Verhoorhof se benadering.
Die appellant en sy drie mede-beskuldigdes(ek verwys hierna na die vier van hulle gesamentlik asdie beskuldigdes) sowel as die oorledene in die saakwas gevangenes wat ten tyde van die moord in een selopgesluit was, tesame met 'n klomp ander gevangenes.Die oorledene is vermoor in 'n klein, afgeslote gedeeltevan die sel, waarna ek sal verwys as die toilet, terwylhy en die beskuldigdes alleen daarin aanwesig was, agter'n toe deur.
Die Verhoorhof het bevind dat die beskuldigdeslede was van die tronkbende bekend as "26" en dat dieoorledene 'n lid was van die sogenaamde "Big Five" bende.
/Daar ...
4.
Daar was getuienis dat hierdie twee bendes vyandigge=sind is teenoor mekaar. Dit is duidelik dat dieVerhoorhof aanvaar het dat hierdie vyandiggesindheid'n wesentlike rol gespeel het by die moord.
In die geval van die appellant se drie mede-beskuldigdes het die Verhoorhof bevind dat hulle "sol=date" was in die 26 bende. Versagtende omstandighedeis in hulle geval bevind op grondslag van die bestaanvan die bendestelsel in die tronk, die druk waaraanbendelede onderhewig is, en in die algemeen die soge=naamde "sub-kultuur" wat daarmee saamhang.
In die geval van die appellant het die Verhoor=hof bevind dat hy 'n sogenaamde "regter" was in die 26bende. Hierdie bevinding het berus op die enkele ge=tuienis van ene Tulani Ndlela, self 'n tronkvoël, wat as'n getuie namens beskuldigde 1 geroep is. Nie een vandie appellant se mede-beskuldigdes het getuienis afge=lê nie. Die appellant het wel, maar die Verhoorhof het
/sy ...
5.
sy getuienis as vals verwerp. Ek kom weldra terug opNdlela se getuienis.
Die Verhoorhof het egter nie die onderskeidwat hy gemaak het tussen die appellant en sy mede-beskuldigdes met betrekking tot versagtende omstandig=hede bloot gebaseer op die feit dat die appellant 'n"regter" was nie. Die Verhoorhof het baie verder ge=gaan, soos blyk uit die volgende bevinding in die Ver=hoorregter se uitspraak:
"No. 2 accused was the judge. He was thesenior person there. He went in and pro=nounced his verdict and for all we know hemight have stood looking out of the window,or the door, having done what he had to doand leaving the other work to no. 1, 3 and 4."
Hieruit is dit duidelik dat die Verhoorhof bevind hetdat dit die appellant was wat die oorledene "veroordeel"het, en dus dat dit hy was wat in effek die opdrag ofdie bevel gegee het dat die oorledene doodgemaak moesword.
/In ...
6.
In die getuienis soek 'n mens tevergeefs na 'nfeitlike grondslag vir hierdie bevinding van die Ver=hoorhof. Om nou terug te kom op Ndlela se getuienis:hy was nie 'n lid van die 26 bende nie, maar "kaptein"van nog 'n ander bende, bekend as "28". Kortliks hethy soos volg getuig: hy "ken" die appellant as 'n"regter" in die 26 bende; soos hy dit gestel het, "watmy aanbetref" is dit die hoogste rang in die 26 bende;'n "soldaat" in daardie bende moet die opdrag van 'n"regter" uitvoer; op die betrokke dag het die appellantaan hom gesê, voordat hy en die ander beskuldigdes saammet ander gevangenes in 'n sel toegesluit is, dat hy 'n"Big Five" gaan vermoor; op 'n vraag of 'n opdrag van ,die appellant aan 'n lid van die 26 bende om met diemoord te help, uitgevoer sou moes word, het hy geant=woord: "Ek sal nie vir daardie mense kan getuig nie."Hierdie getuienis regverdig hoegenaamd nie 'n afleidingdat dit inderdaad in opdrag of op bevel van die appellant
/was ...
7.
was dat die oorledene vermoor is nie. Dit is ewegoed moontlik dat al die beskuldigdes eenvoudig ge=samentlik besluit het om die moord te pleeg.
Dieselfde oorwegings geld ten opsigte van dietwee Staatsgetuies wat geroep is om te getuig oor watin die sel gebeur het, Matthews Jele en Petrus Mokoena.Die oorledene het tussen hulle twee gelê en slaap.Volgens Jele het beskuldigde 1 na die oorledene gekomen hom aangesê om hom aan te trek en saam met hom (be=skuldigde 1) te gaan. Beskuldigde 1 het toe na dietoilet geloop en die oorledene het hom gevolg. Dieander beskuldigdes (insluitende die appellant) hetagter hulle aan geloop na die toilet. Almal is indie toilet in en die deur is toegemaak. VolgensMokoena het die appellant aanvanklik langs die deurvan die sel gelê en slaap. Die lede van die 26 bende,wat in 'n groep elders in die sel gelê het, het toedaarop aanspraak gemaak dat die appellant hulle "broer"
/is ...
8.
is en dat hulle met hom wou slaap. Daarna het be=
skuldigde 1 die oorledene kom roep en die twee vanhulle is saam na die toilet. Volgens Mokoena was dieander beskuldigdes (insluitende die appellant) toe al =reeds in die toilet. Hy het nie gesien dat hulledaar ingaan nie; hy het net gesien dat al vier diebeskuldigdes saam daaruit gekom het, na die moord.Die getuienis van Jele en Mokoena bevat hoegenaamdgeen suggestie dat die appellant enige opdragte ofbevele uitgereik het of selfs 'n leidende aandeel gehadhet in die bewerkstelliging van die moord nie.
Na my oordeel was die bevinding van die Ver=hoorhof wat ek hierbo aangehaal het, aangaande die rolwat die appellant sou gespeel het by die pleeg van diemoord, gevolglik nie geregverdig nie. Dit het berusop blote bespiegeling en was dus 'n mistasting.
Aangesien dit duidelik is dat die Verhoorhofse genoemde bevinding die enigste grondslag was waarop
/die ... 9.
die Verhoorhof die appellant se posisie ten opsigte vanversagtende omstandighede verskillend beoordeel het vandié van die ander beskuldigdes, volg dit vanself datdie onderskeid wat die Verhoorhof tussen hulle gemaakhet, verkeerd was en nie staande gehou kan word nie.Dit volg verder vanself dat die faktore wat die Verhoor=hof as versagtend in aanmerking geneem het ten opsigtevan die appellant se mede-beskuldigdes, ook deur dieVerhoorhof ten gunste van die appellant aangewend be=hoort te gewees het. Die bevinding dat daar in dieappellant se geval geen versagtende omstandighede aan=wesig was nie, word dus tersyde gestel en vervang met 'nbevinding dat daar in sy geval ook versagtende omstandig=hede aanwesig was.
Na my mening behoort die appellant dieselfdevonnis opgelê te word as wat die Verhoorregter die anderbeskuldigdes opgelê het, naamlik 15 jaar gevangenisstraf.
/Die ...
10.
Die appèl slaag. Die doodvonnis wat dieappellant opgelê is, word tersyde gestel en vervangdeur 'n vonnis van 15 jaar gevangenisstraf.
A.S. BOTHA AR
HEFER AR
STEM SAAM
SMALBERGER AR
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.