S v Solomon (266/85) [1986] ZASCA 55; [1986] 2 All SA 443 (A) (26 May 1986)
- Citation
- [1986] ZASCA 55
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- RABIE, TRENGOVE, BOTHA, JACOBS, SMALBERGER
- Case number
- 266/85
More details
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- RABIE, TRENGOVE, BOTHA, JACOBS, SMALBERGER
- Case number
- 266/85
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court held that the statutory definition of 'dealing' in the Drugs and Drug Trafficking Act must be interpreted in its context and restrictively, given its penal nature. The omission of 'purchase' or 'acquire' from the definition, and the clear legislative distinction between 'dealing' and 'possession', indicate that the legislature did not intend to criminalise the act of purchasing a prohibited substance for personal use as 'dealing'. This applies equally to intermediaries or agents acting solely on behalf of a buyer for personal use. The appellant's conduct, purchasing a Mandrax tablet for another without personal benefit, did not amount to 'dealing' but only to possession. The conviction for dealing was set aside and replaced with a conviction for possession, and the sentence was reduced accordingly.
Court disposition
Appeal upheld. Conviction for dealing set aside and replaced with conviction for possession. Sentence reduced from five years to two years' imprisonment.
Orders
- The appeal succeeds.
- The appellant's conviction is altered to one of contravening section 2(b) of Act 41 of 1971 (possession of a prohibited substance).
- The sentence is reduced to two years' imprisonment.
02
Material facts
Parties
Eric Solomon
AppellantThe State
RespondentAmounts and remedies
- Original Sentence (years): 5
- Reduced Sentence (years): 2
03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Appeal From Conviction and Sentence in the Johannesburg Magistrate's Court, With Leave Granted After Dismissal by the Transvaal Provincial Division.
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether a person acting as an intermediary or agent who purchases a prohibited drug on behalf of a buyer for the buyer's use is guilty of dealing in such drug under the Drugs and Drug Trafficking Act, or only of possession.
- 02
Whether the statutory definition of 'dealing' includes the conduct of an agent purchasing for another's use.
- 03
Whether the appellant's conduct falls within the scope of 'dealing' or 'possession' under the Act.
Party arguments
- Applicant
- The appellant argued that his conduct, purchasing a Mandrax tablet solely as a favour for the buyer and without any personal benefit, did not amount to 'dealing' in a prohibited substance under the Act. He contended that the statutory definition of 'dealing' should not be interpreted to include mere intermediaries or agents acting on behalf of a buyer for personal use, and that his actions constituted possession only.
- Respondent
- The State argued that the statutory definition of 'dealing' is broad and intended to criminalise all conduct that facilitates the distribution of prohibited substances, including the acts of intermediaries or agents. The respondent maintained that the appellant's purchase of the drug, even without personal gain, promoted the spread of prohibited substances and thus fell within the meaning of 'dealing' as defined by the Act.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Rabinowitz and Another v De Beers Consolidated Mines Ltd and Another 1958(3) SA 619 (A)
Expressions such as 'in connection with' in statutory definitions must sometimes be limited to closer or more direct forms of association indicated by the context, especially in penal statutes.
- 02
STEYN: Die Uitleg van Wette, 5th Edition, pp 115/6
Unclear or ambiguous words in penal statutes must be interpreted restrictively.
- 03
S v Majenge en 'n Ander 1978(2) SA 661 (O)
The statutory definition of 'dealing' in the Drugs and Drug Trafficking Act does not include the act of purchasing a prohibited substance for personal use, nor does it extend to agents or intermediaries acting solely on behalf of a buyer for personal use.
- 04
S v Ntshingila 1980(3) SA 883 (N)
The distinction between supply and acquisition activities is central to the statutory scheme; only supply-side conduct is intended to be criminalised as 'dealing'.
- 05
S v Morgan, S v Watson 1979(2) SA 609 (O)
The omission of terms such as 'purchase' or 'acquire' from the definition of 'dealing' indicates legislative intent not to criminalise mere acquisition for personal use as 'dealing'.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court held that the statutory definition of 'dealing' in the Drugs and Drug Trafficking Act must be interpreted in its context and restrictively, given its penal nature. The omission of 'purchase' or 'acquire' from the definition, and the clear legislative distinction between 'dealing' and 'possession', indicate that the legislature did not intend to criminalise the act of purchasing a prohibited substance for personal use as 'dealing'. This applies equally to intermediaries or agents acting solely on behalf of a buyer for personal use. The appellant's conduct, purchasing a Mandrax tablet for another without personal benefit, did not amount to 'dealing' but only to possession. The conviction for dealing was set aside and replaced with a conviction for possession, and the sentence was reduced accordingly.
Obiter and limits
- If the meaning of 'delivery' in the statutory definition were interpreted broadly, it would lead to absurd results, such as criminalising family members or employees sent to collect drugs for a user's personal use as dealers, which the legislature could not have intended.
- The distinction between supply and acquisition activities under the Act is logical and maintains the clear boundary between dealing and possession, avoiding unjust outcomes and targeting those who promote the distribution of prohibited substances.
Court disposition
Appeal upheld. Conviction for dealing set aside and replaced with conviction for possession. Sentence reduced from five years to two years' imprisonment.
- The appeal succeeds.
- The appellant's conviction is altered to one of contravening section 2(b) of Act 41 of 1971 (possession of a prohibited substance).
- The sentence is reduced to two years' imprisonment.
Source and reliance status
Supreme Court of Appeal
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Supreme Court of Appeal
Judgment
226/85
N v H
ERIC SOLOMONenDIE STAAT
SMALBERGER, AR :-
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING) In die saak tussen:ERIC SOLOMON AppellantenDIE STAAT Respondent
CORAM: RABIE, HR, TRENGOVE, BOTHA, JACOBS,
et SMALBERGER, ARRVERHOORDATUM: 21 MAART 1986LEWERINGSDATUM: 22 MEI 1986
UITSPRAAK
SMALBERGER, AR ;-
In hierdie appèl is op 28 Maart 1986 dievolgende bevel verleen:
"Die appèl slaag. Die appellant se skuldig= bevinding word verander na een van 'n oortreding van artikel 2(b) van Wet 41 van 1971. Sy vonnis word verminder na 2 jae gevangenisstraf."
Terselfdertyd is daar aangedui dat redes vir die bevel later verstrek sou word. Dié redes volg.
Die vraag wat in hierdie appèl ontstaan, is die netelige en tergende een of 'n persoon wat as tussengangei
of agent / 2 of agent op versoek van 'n koper verbode of gevaarlike
afhanklikheidsvormende medisyne ("verbode stof") vir diekoper se gebruik koop, hom daardeur skuldig maak kragtensdie bepalings van Wet 43 van 1971 ("die Wet") aan hande]=dryf in sodanige verbode stof of slegs aan besit daarvan
(onderskeidelik oortredings van artikel 2(a) en 2(b) vandie Wet). Hierdie vraag het reeds in al die ProvinsialeAfdelings van die Hooggeregshof aandag geniet en uiteen=
lopende en onversoenbare beslissings is daaromtrent gelewer.Die aangeleentheid is in hierdie Hof in die saak S v Batshise
1982(1) SA 966 (A) geopper, maar die feite van daardie saak
was sodanig dat dit nie nodig was om uitsluitsel oor die
meningsverskille in die verskeie Afdelings te gee nie.
Die /
3
Die appellant is in die landdroshof, Johannes-burg, daaraan skuldig bevind dat hy handel gedryf het in'n verbode stof, te wete een Mandrax tablet wat metakaloon
bevat het. Vir die doeleindes van skuldigbevinding hetdie landdros die appellant se weergawe van wat plaasgevindhet, aanvaar. Daarvolgens het die appellant, op versoekvan 'n voornemende koper, sondêr enige vergoeding of voordeelvir homself, en bloot om die koper 'n guns te bewys, 'nMandrax tablet gaan koop by 'n persoon wat deur die koperaan die appellant uitgewys is. Die koper het die nodige
geld vir die aankoop van die Mandrax tablet voorsien.
Nadat hy die Mandrax tablet gekoop het, maar voordat hy dit
aan die koper kon oorhandig, is die appellant deur die
polisie in hegtenis geneem. Die appellant het erken dat
hy / 4 hy die vereiste wederregtelikheidsbewussyn gehad het. Sy skuldigbevinding was gegrond op die uitgebreide betekenis van "handeldryf" volgens die woordomskrywing in die Wet. Hy is gevonnis tot die verpligte minimum vonnis van 5 jaar gevangenisstraf. Sy appèl na die Transvaalse Provinsiale Afdeling is afgewys, maar hy is verlof verleen om na hierdie Hof in hoër beroep teen sy skúldigbevinding te kom.
Volgens vorige beslissings van die Transvaalse Provinsiale Afdeling, asook volgens beslissings van die Oos-Kaapse en die Kaap die Goeie Hoop Provinsiale Afdeling, sou die appellant, op die grondslag van die feite van die onderhawige geval, aan handeldryf skuldig wees (sien bv S v Matamela 1977(1) SA 315 (T); S v Batshise 1982(1) SA 976 (T); S v Gwabeni 1977(2) SA 27 (OK); S v Adams en
Andere /
5Andere(K),'n Volbank-beslissing wat op 11 Februarie
1986 gelewer is maar nog nie gerapporteer is nie).
Die benadering van hierdie Afdelíngs is dat die woord=
omskrywing van "handeldryf" in die Wet letterlik toegepas
en wyd vertolk moet word omdat dit klaarblyklik diebedoeling van díe wetgewer was om alle handelinge wat dieverspreiding van verbode stof bevorder, strafbaar te maakas handeldryf. So word daar, byvoorbeeld, in Adams
se saak tot die gevolgtrekking gekom, in die geval van 'npersoon wat 'n verbode stof gaan koop in opdrag of op versoekvan 'n koper en dit dan aan die koper oorhandig, dat "(s)o'n persoon is besig om deel te neem aan die euwel wat dieWetgewer wil bekamp deur behulpsaam te wees in die ver=spreiding van dwelmstowwe en sy handelswyse betrek hom onder diegene wat handeldryf, soos omskryf".
In /
6
In teenstelling hiermee sou die appellant volgens die beslissings in die Natalse en Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling, asook dié van die Noord-Kaapse Afdeling, alleenlik aan besit skuldig wees (sien bv S v Ntshingila 1980(3) SA 883 (N); S v Morgan, S v Watson 1979(2) SA 609 (0); S v Bester 1977(2) SA 141 (NK) ). Die beslissings in hierdie Afdelings berus op 'n enger vertolking van die woordomskrywing van "handeldryf". Die grondslag van hierdie beslissings is dat dit duidelik is volgens die bepalings van die Wet dat iemand wat verbode stof vir eie gebruik koop hom níe skuldig maak aan handeldryf nie, maar slegs aan besit,en dat die Wetgewer gevolglik nie kon bedoel het dat 'n persoon wat net as tussenganger of agent namens die koper verbode stof koop hom daardeur aan
handeldryf /
7
handeldryf skuldig maak nie. Daar word ook n verskil getref tussen die sogenaamde verskaffings- en verkrygings= aktiwiteite met betrekking tot verbode stof en daar is bevind dat die bedoeling van die Wetgewer alleenlik was om verskaffings- en verwante handelinge as handeldryf te brandmerk.Kragtens die woordomskrywingsbepaling van die Wet (artikel 1) beteken "handeldryf", tensy dit uit die samehang van die Wet anders blyk, "met betrekking tot af= hanklikheidsvormende medisyne of 'n plant waaruit sodanige medisyne vervaardig kan word, ook 'n handeling verrig in verband met die insameling, invoer, lewering, oorlaai, toediening, uitvoer, verbouing, verkoop, vervaardiging, versending of voorskryf daarvan". In die onderhawige
geval /
8geval gaan dit oor die betekenis van die woorde 'n handeling verrig in verband met ... lewering ... of ... verkoop". Die woord "lewering" (in Engels, "supply") word nie verder in die Wet omskryf nie, maar die woord "verkoop" (in Engels, "sale") wel. Dit beteken "met betrekking tot afhanklik= heidsvormende medisyne of 'n plant waaruit sodanige medisyne vervaardig kan word, ook vir verkoop aanbied, adverteer, besit, of uitstal, van die hand sit, hetsy teen 'n teen= prestasie of andersins, of verruil, en het 'verkoop' as selfstandige naamwoord 'n ooreenstemmende betekenis". Letterïik uitgelê, is die trefwydte van die omskrywing van"handeldryf" besonder wyd - veral die woorde "handeling verrig in verband met" dui daarop. Nogtans moet die betekenis van elke woord of begrip vasgestel word in die
samehang / 9 samehang van die bepalings van die Wet.as geheel. In Rabinowitz and Another v De Beers Consolidated Mines Ltd and Another 1958(3) SA 619 (A) sê SCHREINER, AR, op 631 G: "But expressions like in respect of and in connection with', though they may sometimes be used to cover a wide range of association, must in other cases be limited to the closeror more direct forms of-association indicated by the context". Omdat ons met 'n strafbepaling te doen het, moet onduidelike of dubbelsinnige woorde beperkend uitgelê word (STEYN: Die Uitleg van Wette : 5de Uitgawe : bl 115/6). Daar moet ook in gedagte gehou word dat dit nie die woord= omskrywing van handeldryf alleen is wat bepaal of 'n persoon aan handeldryf skuldig is al dan nie. 'n Persoon is ook aan handeldryf skuldig as sy optrede binne die normale, letter=
like /
10
like betekenis van die woord val. Daar is ook verskeie vermoedens in artikel 10 van die Wet vervat. wat 'n wye veld dek en wat, indien hulle nie weerlê word nie,'n skuldig= bevinding aan handeldryf tot gevolg het. Aan die hand van hierdie oorwegings moet daar in iedere geval bepaal word of 'n persoon se optrede binne die woordomskrywing van handeldryf val. Die uiteindelike mikpunt is om die bedoeling van die Wetgewer soos weerspieël in die bepalings van die Wet vas te stel.Die Wet tref 'n duidelike onderskeid tussen handeldryf in, en die gebruik of besit van, verbode stof. Dit blyk uit die bepalings van artikel 2 van die Wet. Hierdie onderskeid is veral te bespeur by die strawwe wat vir handeldryf en besit onderskeidelik voorgeskryf is.
Dit /
11Dit is aanduidend van die Wetgewer se bedoeling om nie han= deldryf en besit vir eie gebruik, en diégene wat by die een of die ander betrokke is, oor dieselfde kam te skeer nie. Daar is 'n regstreekse verband tussen koop en verkoop, en volgens 'n letterlike uitleg van die woordomskrywing van handeldryf sou " 'n handeling verrig in verband met die verkoop" van verbode stof ook die koop daarvan insluit.In S v Majenge en 'n Ander 1978(2) SA 661 (O) is daar egter na my mening oortuigend aangetoon dat, indien die woordomskrywing van handeldryf in samehang met die bepalings van artikel 2 van die Wet gelees word, dit duidelik is dat die bedrywigheid van koop van 'n verbode stof nie as sodanig strafbaar gestel is nie. Daar is ook bevind dat die Wetgewer nie bedoel het dat koop 'n handeling is wat strafbaarheid van
van die / 12 van die koper as medepligtige van die verkoper meebring nie. (In S v Bushinelo 1982(3) SA 456 (T) is daar tot dieselfdegevolgtrekking gekom - daar word, ietwat verbasend, nie naMajenge se saak verwys nie.) Die gevolgtrekking waartoe.daar in Majenge se saak gekom is, is dat 'n koper van verbodestof nie 'n handeling in verband met die verkoop daarvanverrig nie. (Dit geld natuurlik net in die geval waar dieverbode stof vir eie gebruik gekoop is - ander oorwegingsgeld as dit gekoop is met die doel om dit te verkoop ofandersins van die hand te sit, iets wat op handeldryf salneerkom.) Hierdie gevolgtrekking het tot op hede blykbaaralgemene byval gevind (sien bv Morgan se saak op 615 C en619 D; Ntshingila se saak op 887).Ek / 13Ek aanvaar dat Majenge se saak korrek beslisis. Daar is genoegsame aanduidings in die Wet om my teoortuig daarvan dat die Wetgewer nie bedoel het om diekoop van 'n verbode stof (in teenstelling met die besitdaarvan) strafbaar te maak nie. Daar word na sommige vanhulle verwys in, onder andere, die sake Majenge enNtshingila. Ek bepaal my by drie oorwegings.Eerstens is daar die betekenisvolle weglating van woordesoos "koop" of "bekom" in die woordomskrywing van handeldryf.Dit is 'n aanduiding dat die Wetgewer diegene wat verbode stofvir eie gebruik koop of bekom nie met dieselfde verwyt bejeënas diegene wat dit verkoop nie. Tweedens, indien die
kopervan verbode stof hom skuldig sou maak aan handeldryf alleenlikuit hoofde van die uitgebreide betekenis van handeldryf,sou / 14 sou die duidelike verskil wat in die Wet getref word tussen handeldryf eh besit verflou of selfs verdwyn. Die rede hiervoor is dat, vanweë die uitgebreide betekenis van verkoop, behoudens in hoogs uitsonderlike gevalle, 'n persoon in besit van verbode stof noodwendig 'n handeling sou verrig het wat op handeldryf (in sy omskrewe, uitgebreide betekenis) neerkom. Die enigste uitsonderings sou waar= skynlik wees waar die verbode stof opgetel of gesteel is. Gesien die skema van die Wet is dit sterk te betwyfel dat die Wetgewer so 'n resultaat beoog het. Derdens, luidens artikel 10(1)(a) van die Wet is daar 'n vermoede dat as 'n persoon in besit gevind word van meer as 115 gram dagga volgens massa, of enige verbode afhanklikheidsvormende medisyne, word dit geag dat hy in sodanige dagga of medisyne
handel / 15 handel gedryf het, tensy die teendeel bewys word. Die geleentheid word dus aan so 'n persoon gebied om 'n skuldig= bevinding aan handeldryf vry te spring mits hy op 'n oorwig van waarskynlikhede kan bewys dat hy die betrokke verbode stof vir sy eie gebruik besit het. Sou hy egter te eniger tyd erken dat hy die betrokke verbode stof van iemand gekoop of bekom het (wat uit 'n realistiese oogpunt gesien oorwegend die geval sou wees), sou hy skuldig wees aan handeldryf van= weë die woordomskrywing en dus nooit die vermoede kan weerlê nie. Die reg wat die Wetgewer hom gee om die vermoede te weerlê, sou gevolglik, behalwe in uitsonderlike gevalle, denkbeeldig wees. Soos hierbo aangetoon, sou dit waar= skynlik net geld waar die verbode stof opgetel of gesteel is. Dit kon die Wetgewer nie bedoel het nie.
As /
16As aanvaar word dat die Wetgewer nie bedoel het dat 'n koper hom aan handeldryf skuldig maak as hy verbode stof vir sy eie gebruik koop nie, soos na my mening die geval is, dan volg dit dat hy nie 'n handeling verrig in verband met of die verkoop of die lewering daarvan binne die uitgebreide betekenis van die woordomskrywing van handeldryf nie.Die logiese uitvloeisel van hierdie gevolgtrek= king is dat dit ook nie die Wetgewer se bedoeling kon gewees het dat 'n persoon wat vir of namens 'n ander as tussenganger of agent optree by die koop van verbode stof vir die koper se eie gebruik, hom daardeur sonder meer aan handeldryf skuldig maak nie. Waarom sou die Wetgewer, in 'n geval soos die onderhawige, die appellant groter strafbaarheid
toereken / 17 toereken as die persoon namens wie hy gekoop het, veral waar nog die appellant se bydrae tot die transaksie nog sy morele verwytbaarheid wesenlik verskil van dié van die voornemende koper aan wie hy bloot 'n guns betoon het? Die appellant se optrede hou immers nie nader "verband" met die verkoop van die een Mandrax tablet as dié van die koper nie. Die koper se medepligtige (in welke kategorie die appellant val) sou in die normale loop van sake nie groter strafwaardigheid as die koper toegereken word nie, of 'n groter straf verdien nie. Ofskoon dit 'n sterk aanduiding is dat die Wetgewer nie bedoel het om iemand in die appellant se posisie by handeldryf te betrek nie, is dit egter nie op sigself deurslaggewend nie. Dit volg nie noodwendig dat die Wetgewer bedoel het dat 'n tussenganger of agent op
gelyke /
18
gelyke voet met 'n koper behandel moet word nie. Gevolglik moet daar weer eens na die bepalings van die Wet gekyk word om die Wetgewer se bedoeling in dié opsig vas te stel.Na aanleiding van wat reeds gesê is, is dit duidelik dat 'n persoon in die appellant se posisie nie 'nhandeling verrig in verband met die verkoop van verbode.stof nie, want verkoop sluit nie koop in nie, en sy optrede hou verband met die koop en nie die verkoop van die verbode stof nie. Die vraag is dus of hy iemand is wat 'n handeling verrig in verband met die lewering daarvan binne die betekenis van daardie frase in die samehang van die Wet.
Die antwoord gaan myns insiens nie soseer oor
die vraag of die oorhandiging aan die koper, deur die tussen=
ganger /
19ganger of agent, van die reeds verkrygde verbode stof regtens op lewering of alleenlik op besitsoordrag neerkom nie. Dit gaan eerder oor wat die Wetgewer met die woord "lewering" in die woordomskrywing van handeldryf bedoel het. Die gebruiklike, letterlike betekenis van lewering is "verskaffing" of "besorging" (S v Batshise (T) op 979 G). In S v Rowles 1977 (2) SA 440 (0) op 443
is die mening uitgespreek dat die gebruik van die woorde
"'n handeling verrig in verband met lewering" aandui
dat die Wetgewer die woord "lewering"in 'n wye sin gebruik het. In diè verband wys VAN HEERDEN, R, in Morgan se saak op 620 E tereg daarop dat: "Die frase toon aan datdie Wetgewer nie net die lewering van dagga wou betrek nie,
maar ook 'n handeling in verband met lewering, maar dui in
sigself /
20
sigself nie aan dat die woord 'lewering' 'n wye betekenis dra nie". As lewering in die woordomskrywing 'n wye betekenis het dan kom die oorhandiging van die verbode stof deur 'n tussenganger of agent aan die koper minstens in 'n feitlike sin op die "besorging" daarvan neer, en dus op lewering, al sou dit nie, in 'n kontraktuele sin, regtens daarop neerkom nie. Die Wetgewer het, myns insiens, egter nie bedoel om die wye betekenis van besorging aan die woord "lewering" toe te skryf nie. Net soos in die geval van die weglating van die woord "koop" in die woordomskrywing van handeldryf, is die weglating van die woord "ontvangs" ewe beduidend. Dit dui daarop dat die Wetgewer 'n verskil wou tref tussen die verskaffer en die verkryger van verbode
stof, en alleenlik eersgenoemde en handelinge wat verband
hou met verskaffing, wou betrek by die begrip handeldryf.
21As die betekenis van lewering nie beperk word nie, kan dit verskeie ongerymdhede tot gevolg hê. Een voorbeeld daarvan sou wees waar 'n koper, nadat hy die koop van verbode stof vir sy eie gebruik beklink het, sy seun of werknemer stuur om dit vir hom te gaan haal. As die seun of werknemer dit doen, wetende dat dit verbode stof is, en dit aan die koper besorg, is hulle aanhandeldryf skuldig as lewering 'n wye betekenis geniet, terwyl die koper self, nadat hy besit ontvang het, aan niks meer as besit skuldig is nie. (Sien Morgan se saak op 615 E.) Ek vind dit onaanneemlik dat die Wetgewer so iets kon beoog het. In Adams se saak is daar gesê dat
dit /
22dit mag wees dat die Wetgewer nie bedoel het om iemandwat niks meer doen as om op te tree as "nuntius, bode ofgeleibuis" van die koper tuis te bring onder diegene wat
skuldig is aan handeldryf nie. Dit is nie vir my duidelikhoe so 'n persoon uitgesluit kan word as lewering 'n wyebetekenis het nie, want hy sou dan binne die trefwydte vandie betekenis val. Hy kan alleenlik uitgesluit word as
lewering se betekenis beperk word. En as lewering se
betekenis beperk word, welke logiese rede bestaan daar om
so h 'n persoon uit te sluit en nie ook die appellant nie?
In Morgan se saak op 614 D is daar deur
L C STEYN, R, verklaar dat "(d)ie aktiwiteite vervat in
die uitgebreide betekenis van handeldryf soos uitgebrei deur
die insluiting van die definisie van verkoop, behels almal
verskaf=/
23verskaffingsaktiwiteite of aktiwiteite wat bereken is omhierdie aktiwiteite te bevorder". Op grond hiervan hethy 'n verskil getref tussen verkrygings- en verskaffings=aktiwiteite ingevolge die Wet en bevind dat alleenlik laas=genoemde strafbaar is as handeldryf. Hierdie benaderingis gevolg in Ntshingila se saak, waar DIDCOTT, R, na aan=
leiding daarvan, op 887 H tot die volgende gevolgtrekkinggekom het: "I therefore consider that, before any 'act'can be classified for the definition's purposes as one
'in connection with' the 'sale' or 'supply' of dagga, thequestion which must be asked, and answered in the affirmative
is whether it was connected with such 'sale' or 'supply' asdistinct from, and rather than, the purchase or acquisitionof the dagga". In Adams se saak kon DE KOCK, R, hom nie
met /
24
met hierdie standpunt vereenselwig nie. Hy wys daaropdat die omskrywing van handeldryf nie net op verskaffings=aktiwiteite betrekking het nie, aangesien daar wel sekereverkrywingsaktiwiteite binne die woordomskrywing van handel=dryf val, naamlik, bedrywighede in verband met die insameling,
invoer, verbouing en vervaardiging van verbode stof.
Ek stem saam dat die woordomskrywing in sy geheel nie netverskaffingsaktiwiteite behels nie en dat die posisie inMorgan se saak te wyd gestel is. Maar na my mening, indie lig van wat reeds gesê is, kan daar spesifiek met
betrekking tot die woorde "verkoop" en "lewering" in diewoordomskrywing tereg 'n verskil tussen verskaffings- enverkrygingsaktiwiteite getref word (soos DIDCOTT, R, gedoen
het in Ntshingila se saak). Na aanleiding daarvan is die
gevolgtrekking /
25. gevolgtrekking geregverdig dat dit die Wetgewer se bedoeling
was om alleenlik verskaffingsaktiwiteite onder die woorde
"verkoop" en "lewering" tuis te bring en alleenlik diegenewat daaraan deelneem skuldig te maak aan handeldryf onder
die uitgebreide betekenis van daardie woord.
Dit is 'n logies bevredigende benadering, behoudie duidelike skeidslyn tussen handeldryf en besit, ruim
ongerymdhede grotendeels uit die weg en verseker dat diegenewat die euwel waarteen die Wet hoofsaaklik gemik is,bevor-
der, naamlik die verskaffers en verspreiders van verbode
stof, tuisgebring sal word onder die woordomskrywing van
handeldryf.
Gevolglik moet die vraag of 'n persoon 'n handeling
verrig het in verband met die verkoop of lewering van verbode
stof en derhalwe binne die woordomskrywing van
handeldryf / 29 opgeskort het. Aangesien die appellant reeds meer as twee jaar van sy vonnis uitgedien het, sou dit egter geen nut gehad het om 'n deel van sy vonnis op te skort nie -trouens hy kon daardeur benadeel word want hy sou die risiko loop, in die geval van 'n verdere oortreding, dat die opgeskorte deel van sy vonnis in werking gestel word. Bygevolg is sy vonnis verminder na een van 2 jaar gevangenis= straf.
J W SMALBERGER APPeLREGTER
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.