S v Twaza (265/84) [1984] ZASCA 147 (28 November 1984)
- Citation
- [1984] ZASCA 147
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Joubert, Cillié, Botha, Van Heerden, Galgut
- Case number
- 265/84
More details
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Joubert, Cillié, Botha, Van Heerden, Galgut
- Case number
- 265/84
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The Supreme Court of Appeal found that the trial court failed to properly determine the appellant's age at the time of the offences, as it did not order X-ray examinations and relied solely on physical appearance and dental evidence. This constituted a procedural irregularity, especially given the gravity of the death sentence. The appellate court held that, in the absence of reliable evidence and considering the elapsed time, it was appropriate to proceed on the basis that the appellant was under 18 years old when the offences were committed. The mandatory death sentences were set aside and replaced with a term of imprisonment, taking into account the appellant's youth, secondary role in the offences, lack of prior serious convictions, and prospects for rehabilitation.
Court disposition
Appeal upheld; death sentences set aside and replaced with imprisonment.
Orders
- The appeal is upheld.
- The two death sentences imposed on the appellant are set aside.
- The appellant is sentenced to 12 years' imprisonment on both counts, taken together for purposes of sentence.
02
Material facts
Parties
Michael Twaza
Appellant Counsel: McKenzieThe State
Respondent Counsel: GerberAmounts and remedies
- Imprisonment Term: 12
03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Appeal Against Sentence
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the trial court erred in determining the appellant's age at the time of the offence.
- 02
Whether the imposition of the death penalty was appropriate given the appellant's age.
- 03
Whether procedural irregularity occurred in the assessment of age and sentencing.
Party arguments
- Applicant
- The appellant argued that the trial court failed to properly determine his age at the time of the offences, which was critical for sentencing. He contended that the absence of a birth certificate and reliance solely on physical examination without X-ray evidence was insufficient. He maintained that he was under 18 years old when the offences were committed, and thus the mandatory death sentence should not have been imposed.
- Respondent
- The State conceded that the trial court did not adequately establish the appellant's age and agreed that procedural irregularity occurred. The State submitted that, given the elapsed time and the appellant's likely age now, it would be futile to refer the matter back for further medical examination. The State accepted that the appellate court should exercise its discretion and impose an appropriate sentence on the basis that the appellant was under 18 at the time of the offences.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
S v Ngoma [1984] ZASCA 59; 1984 (3) SA 666 (A)
Where the age of an accused is material to sentencing, the court must establish it with proper medical evidence, including X-ray examination if necessary.
- 02
Criminal Procedure Act 51 of 1977
Section 277(2) of the Criminal Procedure Act 51 of 1977 grants the court discretion to impose a sentence other than death where the accused was under 18 years at the time of the offence.
- 03
Criminal Procedure Act 51 of 1977
Section 337 of the Criminal Procedure Act allows the court to estimate the age of the accused where no or insufficient evidence is available.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The Supreme Court of Appeal found that the trial court failed to properly determine the appellant's age at the time of the offences, as it did not order X-ray examinations and relied solely on physical appearance and dental evidence. This constituted a procedural irregularity, especially given the gravity of the death sentence. The appellate court held that, in the absence of reliable evidence and considering the elapsed time, it was appropriate to proceed on the basis that the appellant was under 18 years old when the offences were committed. The mandatory death sentences were set aside and replaced with a term of imprisonment, taking into account the appellant's youth, secondary role in the offences, lack of prior serious convictions, and prospects for rehabilitation.
Obiter and limits
- It was inappropriate for the trial judge to accuse the appellant of lying during the sentencing phase before making a finding on his age.
- The interests of the community and the need to combat gang violence remain relevant considerations in sentencing, but must be balanced against the offender's personal circumstances.
Court disposition
Appeal upheld; death sentences set aside and replaced with imprisonment.
- The appeal is upheld.
- The two death sentences imposed on the appellant are set aside.
- The appellant is sentenced to 12 years' imprisonment on both counts, taken together for purposes of sentence.
Source and reliance status
Supreme Court of Appeal
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Supreme Court of Appeal
Judgment
Saaknommer: 265/84WHN
MICHAEL TWAZA Appellant
en
DIESTAAT Respondent
JOUBERT, AR.
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPÉLAFDELING
In die saak tussen:
MICHAEL TWAZA Appellant
DIE STAAT Respondent
CORAM: JOUBERT, CILLIÉ, BOTHA, VAN HEERDEN ARR.
et GALGUT Wn. AR.
Verhoor: 23 November 1984
Gelewer: 28 November 1984
UITSPRAAK
/Die ............
2
Die appellant, 'n jong Swartman, is as
beskuldigde 7 saam met ses Kleurlingmans in die Kaap
die Goeie Hoop Provinsiale Afdeling voor 'n hof be=
staande uit WILLIAMSON R. en twee assessore aangekla
van twee moorde. Die eerste aanklag is dat hulle
op Saterdag 28 Augustus 1982 die oorledene Willem Jacobs
op die plaas Tierstel, Rawsonville in die distrik
Worcester, vermoor het. Die tweede aanklag is dat
hulle op dieselfde datum die oorledene Jan Davids op
die plaas Groot Eiland, Rawsonville in die distrik
Worcester, vermoor het. Die twee oorledenes is twee
baie jong Kleurlingmans. Aanklagte 3 en 4 het nie
op die appellant betrekking nie. Al die beskuldigdes
/het .........3het op die twee aanklagte van moord onskuldig gepleit.
Hulle is verhoor. Al die beskuldigdes is op beide
aanklagte van moord skuldig bevind, aan moord sonder
versagtende omstandighede en gevolglik is die verpligte
doodvonnis ten opsigte van beide aanklagte opgelê.
Die verhoorregter het die appellant se aansoek om
verlof om te appelleer teen die doodvonnisse afgewys.
Met die nodige verlof kom die appellant tans in hoër
beroep na hierdie Hof teen die opgelegde doodvonnisse.
Dit was gemene saak dat al die beskuldigdes
lede van 'n bende bekend as die Cape Town Scorpions is
terwyl die twee oorledenes lede van die Born Free Kids -
bende was. Hierdie twee bendes was vyandig gesind
/teenoor ............4teenoor mekaar. Van tyd tot tyd baklei hul lede
met mekaar. Saterdagmiddag 28 Augustus 1982 het
daar op die plaas Tierstel 'n botsing plaasgevind tussen
lede van hierdie twee bendes wat mekaar gej.aag het.
Sommige van die beskuldigdes en die twee oorledenes was
daarby betrokke. Daardie aand is die oorledene
Willem Jacobs op die plaas Tierstel vermoor. Volgens
die mediese getuienis was die oorsaak van dood hoof=
beserings wat hy opgedoen het. Daarna is die oorle=
dene Jan Davids op die aangrensende plaas Groot Eiland
in die aanwesigheid van sy houvrou Theresa Pietersen
in 'n kamer aangeval deur beskuldígdes 1, 2 en 3 terwyl
die elektriese lig gebrand het. Beskuldigde 1 het 'n
/kierie ........4akierie gehad terwyl beskuldigde 2 'n graaf en be=
skuldigde 3 'n skaapskêr gehad het. Daar het ook
ander aanvallers die vertrek binneCgekom maar Theresa
Pietersen het hulle nie geken nie. Die oorledene
het na buite gevlug. Sy lyk is later daardie nag in
die veld gevind. Volgens die mediese getuienis was
die oorsaak van dood hoofbeserings wat hy opgedoen het
Die grondslag van die appellant se verweer
was 'n alibi. Hy het getuig dat hy die betrokke aand
gedans het, dat hy die ander beskuldigdes nie ken nie
en dat hy geen kennis dra van die twee moorde nie.
Die enigste wyse hoe die Staat die appellant
met die pleging van die twee moorde verbind het, was
/deur ...........5deur middel van 'n pleitverduideliking. Op 14 September
1982 het al die beskuldigdes voor 'n landdros verskyn om
in terme van artikel 119 van die Strafproseswet 51 van
1977 ( "die Wet" ) te pleit op twee hoofklagtes van
moord ten aansien van die oorledenes Willem Jacobs en
Jan Davids asook twee alternatiewe klagtes van strafbare
manslag. Die appellant het onskuldig gepleit op die
twee hoofklagtes en hom op sy swygreg beroep. Op die
twee alternatiewe klagtes van strafbare manslag het die
appellant skuldig gepleit. Ingevolge artikel 121(1)
van die Wet het die landdros die appellant toe in terme
van artikel 112(1)(b) ondervra met behulp van 'n tolk
aangesien die appellant Xhosa gepraat het. Volgens
/Bewysstuk ........
6
Bewysstuk "L" het die ondervraging soos volg geskied:"Ten opsigte van besk. 7:
V. Verstaan jy die twee alt. aanklagtes
teen jou ?A. Ja.
V. Erken jy die bewerings daarin vervat ?A. Ja. Ek was saam met die ander toe ons
na Willem Jacobs gaan. Hy het weggehard-loop. Ons vang hom toe en begin homaanrand. Ek het hom met 'n kierie tweekeer geslaan by sy maag. Die ander hethom met ander wapens aangerand.
V. Het jy ook vir Jan Davids aangerand ?
A. Ja. Toe ons klaar is met Willem Jacobs,toe gaan ons na Jan Davids se huis. Hyhet weggehardloop en ons het hom gevang.Ons het hom ook begin aanrand. Ek hethom met 'n mes gesteek, een keer in syarm. Die ander het hom ook aangerand.
V. Was dit vir jou nodig om enige van hierdietwee persone aan te rand ?
A. Nee. Hulle het ons vroeër gejaag. Onskom toe bymekaar en gaan na hulle. Onshet wapens saamgeneem.
/V. ...
7
V. Erken jy dat die twee persone dood is
as gevolg van die aanrandings ?A. Ja.
V. Het jy besef dat jy verkeerd doen.A. Ja, ek het geweet ons doen verkeerd. "
Die verhoorhof het op 26 Augustus 1983 bevinddat al die beskuldigdes leuenaars was, dat die beskuldig=des die betrokke aand opgetree het soos "a war partyor assassination squad which was out to hunt down thetwo victims", dat hulle met 'n gemeeskaplike doel assulks opgetree het, dat hulle die twee vermelde oorlede=nes met dolus directus gedood het en dat hulle almal
skuldig was aan die twee moorde vermeld in aanklagte 1
se verslaeen 2. Daar is toe besluit om proefbeamptes se verslae te bekom
ten aansien van beskuldigdes 1,2, 4 en 7 wat redelik
/ jonk ...........
8
jonk was ten tyde van die pleging van die twee moorde.
Ek mag hier meld dat die klagstaat voor die verhoorhof
geen vermelding van die beskuldigdes se ouderdomme
gemaak het nie. Die klagstaat wat egter gebruik is
vir doeleindes van die pleitverrigtinge voor die land=
dros het die appellant se ouderdom as 19 jaar vermeld
(Band 4 bl.456). Ten tyde van die verhoor in die
verhoorhof het die appellant in sy hoofgetuienis beweer
dat hy 21 jaar oud is (Band 3 bl. 376). Op 'n vraag
van 'n assessorlid wanneer hy 21 jaar oud geword het,
het die appellant geantwoord: "Desember verlede jaar",
d.w.s. Desember 1982. Die ondervraging het verder
soos volg verloop:
/"Desember ........
9
Desember, watter dag in Desember ? - - - Die
21ste.
Toe was hy 21, dit wil sê hy is in
1961 gebore ? - - - Ek is in 1959 gebore.
In 1959 gebore op die 21ste Desember ? - - - Ja."Ten einde die proefbeampteverslae te bekom, is dieverhoor na 18 Oktober 1983 uitgestel.Op 1 Desember 1983 is die verhoor hervat indie verhoorhof. 'n Proefbeampteverslag (Bewysstuk "W")ten aansien van die appellant is ingehandig. In dieproefbeampteverslag word die geboortedatum van dieappellant o.a. as 21.10.1967 aangegee. Daar was geengeboortesertifikaat voorhande om dit te staaf nie.Die aanklaer wou hierdie geboortedatum nie aanvaar nie.Op versoek van die aanklaer (Mnr Gerber) en die
/appellant
10
appellant se advokaat (Mnr McKenzie) het die verhoor=
regter 'n bevel uitgereik dat die appellant deur 'n
distriksgeneësheer ondersoek moes word. (Band 4 bl
397 ) . Die verhoorhof het toe die tweede fase van
die verhoor met betrekking tot die aangeleentheid van
versagtende omstandighede voortgesit. Die verhoor=
regter het dit op 'n stadium onderbreek om te verneem
wanneer die distriksgeneesheer die appellant sou
ondersoek. Hy het daarop gewys dat dit 'n deeglike
en versigtige ondersoek moes wees. Hierop het die
aanklaer gevra of die distriksgeneesheer X-straalplate
moes neem. Die antwoord van die verhoorregter was
daarop soos volg:
/„Wel
11
"Wel as hy dit nodig ag moet hy dit doen,
maar sê vir hom dit is belangrik, hy moetbaie versigtig wees. Ek sal verdaag tothalf-twaalf toe."
Kort na die verdaging het die aanklaer die volgendeaankondiging gemaak:
"U Edele, Dr Coetzee het reeds beskuldigde
no 7 ondersoek en na sy mening is dit nienodig om X-straalplate te neem nie. Hy isnou reeds in staat om te kan getuig oor syouderdom."
Die aanklaer het toe die distriksgeneesheer, dr Coetzee,geroep om te getuig. Die distriksgeneesheer het getuigdat dit uit sy ondersoek blyk dat al vier verstandtandevan die appellant ten volle geruptuur het d.w.s. bokantdie tandvleis ten volle uitgekom het. Die vier verstand=tande ruptuur nie gelyk nie. Dit neem 'n paar maande
/voordat ...
12
voordat hulle ten volle geruptuur het. Volgens hom
begin verstandtande gewoonlik te ruptuur vanaf die
ouderdom van 1H jaar en ouer. Onder kruisondervraging
het hy toegegee dat die laaste ruptuur van verstand=
tande soms op 30, 40 jarige leeftyd kan plaasvind of
selfs glad nie. Hy het die ouderdom van die appellant
volgens verstandtande wat reeds geruptuur het asook
volgens díe ontwikkeling van sy genitalieë, sy hare en
sy algemene voorkoms op plus-minus 19, 20 jaar geskat
Op 'n vraag van die verhoorregter het hy gesê dat die
appellant nie ouer as 20 jaar is nie. Op vrae van
die verhoorregter oor X-straalplate het hy soos volg
getuig:
"Sal
13
„Sal X-straalplate nie help eintlik nie ? - - -Edelagbare, X-straalplate, daar is geenSuid-Afrikaanse standaarde wat jy volgensdie X-straalplate kan gaan nie, alleenAmerikaanse standaarde. 'n Mens kan X-straleneem van die polsgewrig om die (onduidelik)van die langbene of die handbene se vormingte bestudeer, maar ek dink in hierdie gevalvolgens die tande is dit nie nodig nie,maar 'n mens kan dit doen om
U sien geen voordeel daarin nie ? - - - Ek siengeen noodsaaklikheid dat dit gedoen moet wordnie. "
Die hele strekking van die distriksgeneesheerse getuienis dui daarop dat hy geroep was om te getuigwat na sy skatting die ouderdom van die appellant wastoe hy hom die oggend van 1 Desember 1983 ondersoek het.Dit blyk nie dat hy daarvan bewus was dat die verhoor-
hof se taak was om die appellant se ouderdom op 28
/Augustus
14
Augustus 1982 te bepaal nie en. in besonder of die
appellant toe onder of bo 18 jarige leeftyd was. Dit
verklaar na my mening waarom hy ten aansien van die
verkryging van X-straalplate getuig het ,"maar ek dink
nie in hierdie geval volgens die tande is dit nodig
nie". Dit is waarom hy geen noodsaaklikheid gesien
het om X-straalplate van die appellant te verkry nie.
Dit is baie jammer dat die verhoorregter deur die stel
van 'n vraag sy getuienis oor die verkrygíng van X-straal=
plate onderbreek het.
Die verhoorhof het vir 'n onverklaarbare rede besluit am die .
appellant te roep ani oor sy ouderdom te getuig. Die appellant
het sy ouers in die Transkei agtergelaat ora in die
/Kaap ........
15
Kaap as arbeider te kom werk. Hy kon nie enige ligop sy ouderdom werp nie. Tydens die ondervragingvan die appellant deur die verhoorregter is dievolgende aan hom gestel:
"En jy het so baie leuens in hierdie saakvertel, jy weet dit self ? - - - Dit onthouek nie u Edele. Dit onthou ek nie."
Dit was nie alleen uiters ongewens nie maar ook volkome
misplaas om op daardie stadium van die verrigtinge die
appellant te verwyt dat hy 'n leuenaar is. Want op
daardie stadium van die verrigtinge het die verhoorhof
nog nie eens 'n spesifieke bevinding gemaak of die
appellant onder 18 jarige leeftyd was of reeds 18
jarige leeftyd bereik het toe die twee moorde op
/28 Augustus ........
16
28 Augustus 1982 gepleeg is nie. Indien die appellant
toe onder 18 jarige leeftyd was, sou die verhoorhof 'n
statutêre diskresie hê ingevolge artikel 277 {2) van
die Wet om 'n ander vonnis as die doodstraf op te lê
Die appellant sou ter strafversagting kon getuig.
indien die appellant toe 18 jaar oud was, sou die
vraag ten aansien van versagtende omstandighede
ontstaan en sou die appellant ten opsigte daarvan
kon getuig. Blykbaar het die verhoorregter nie
hiermee rekening gehou toe hy die appellant verwyt
het dat hy 'n leuenaar is nie.
Dit was eers op 2 Desember 1983 in sy uit=
spraak oor versagtende omstandighede dat die
/verhoorregter ........
17
verhoorregter self 'n skatting van die appellant seouderdom gemaak het nadat hy na die getuienis van diedistriksgeneesheer verwys het:
„I have looked at the accused very carefully,and he is certainly a strapping, well builtyoung man. He seems to me very much more ayoung man than a big and well developed boy.It is of course extremely difficult to assessage with any degree of accuracy and it is truethat some people develop sooner than others,I have considered all the information laidbefore me and have myself tried my best toassess the accused's age. He is by no meansa boy and I arn sure that he is at least 20 yearsof age. By virtue of the powers conferredupon me by Section 337 of the Criminal ProcedureAct No 51 of 1977, I estimate the accused'sage at this point of time to be 20 years.This means that at the time of the crimeshe was 18 years and 9 months."
/Die ..........
18Die verhoorregter het artikel 337 van dieWet aangewend om op 2 Desember 1983 die ouderdom vandie appellant op 20 jaar te skat. Hierdie artikel kanin elk geval alleen aangewend word wanneer daar geenof onvoldoende getuienis omtrent ouderdom beskikbaaris. In die onderhawige geval het die verhooregternie die distriksgeneesheer se getuienis oor die ouder=
dom as onvoldoende bevind nie. Die verhoorregter
kon net sowel die distriksgeneesheer se minimum van 19
jaar geneem het in welke geval die appellant 17 jaaren 9 maande oud sou gewees het ten tyde van die plegingvan die twee moorde. In die onderhawige geval is dit
duidelik dat die appellant 'n grensgeval is en waar
/sy
19
sy lewe by skuldigbevinding aan die twee moorde op die
spel is, was dit regtens die plig van die verhoorhof
om by afwesigheid van 'n geboortesertifikaat of ander
bevredigende getuienis oor sy ouderdom laasgenoemde
noukeurig vas te stel aan die hand van 'n behoorlike
mediese ondersoek wat uit 'n kombinasie van die verstand=
tande-toets sowel as die X-straleplate-toets bestaan
Sien S v. Ngoma [1984] ZASCA 59; 1984 (3) SA 666 (A) op bl. 672 F-G
Die verhoorhof het egter versuim om die X-straalplate-
toets te laat toepas en dit het derhalwe onreëlmatig
opgetree. Dit volg dat die oplegging van die twee
doodvonnisse tersyde gestel moet word.
/Die .............
20
Die vraag wat nou ontstaan, is of die saak na
die verhoorhof terugverwys moet word om die appellant
se ouderdom vas te stel en dan opnuut vonnis op te lê.
In die onderhawige geval is die probleem dat daar
nou reeds bykans 'n jaar verloop het sedert 2 Desember
1983. Teen die tyd wanneer die saak voor die verhoor=
hof gedurende 1985 kan dien, bestaan die moontlikheid
dat dit dan futiel mag wees om die verstandtande-toets
en die X-straalplate-toets aan te wend - veral in die
lig van die waarskynlikheid dat die appellant dan nie
meer 'n adolessent is nie. Met inagneming van al
hierdie oorwegings kom dit vir my in die omstandighede van
hierdie geval gerade voor om nie die saak na die
/verhoorhof ......
21
verhoorhof terug te verwys nie sodat hierdie Hof
die saak moet benader op die basis dat die appellant
ten tyde van die pleging van die twee moorde onder
18 jarige leeftyd was. Hierdie Hof moet derhalwe
die statutêre diskresie uitoefen om die doodvonnisse
of ander vonnisse optelê. Al die relevante feite
is voor hierdie Hof vir die uitoefening van die statu=
têre diskresie sowel as vir strafoplegging. Mnr
Gerber het namens die Staat tereg, na my mening,
toegegee dat indien hierdie Hof die oplegging van die
twee doodvonnisse tersyde stel weens die onreëlmatig=
heid van die verhoorhof by die vasstelling van die
appellant se ouderdom die saak nie na die verhoorhof
/terugverwys .......
22
terugverwys moet word nie maar dat hierdie Hof dit self
moet afhandel op die basis dat die appellant onder
18 jarige leeftyd was ten tyde van die pleging van die
twee moorde.
In die onderhawige geval het 'n mens te doen
met twee afskuwelike en grusame moorde waarby twee
mededingende jeugbendes betrokke was. Die motief was
wraakneming deur die beskuldigdes as n groep van 'n
bende. Daar is egter geen getuienis dat die appellant
se aandeel in die aanrandings op die twee oorledenes
fisies meer was as wat hy in sy pleitverduideliking
vermeld het nie. Sodanige aandeel het 'n sekondêre
rol gespeel wat geensins bygedra het tot die oorsaak
/van .........
23
van die dood van die twee oorledenes nie. Ditis ook 'n aanduiding dat die appellant nie uít inherenteboosheid opgetree het nie. Die appellant was niealleen 'n jeugdige nie maar hy was ook die jongste onderdie beskuldigdes. Daar is geen getuienis dat hy 'n leidende rol onder hulle gespeel het nie. Hy is 'nongesofistikeerde plaasarbeider. Daar is geengetuienis of hy 'n skoolopleiding gehad het nie. Hyhet een vorige veroordeling vir die besit van 4 gramdagga waarvoor hy op 21 Julie 1982 7 houe met 'n ligterottang opgelê is. Die appellant is vir rehabilitasievatbaar. Daar moet ook rekening gehou word met diebelange van die gemeenskap en die wenslikheid om
bendebedrywighede te bekamp of te ontmoedig.
/In ....
24
In die lig van al hierdie omstandighede is ek van mening
dat die doodvonnisse nie opgelê behoort te word nie en
dat 12 jaar gevangenisstraf op beide aanklagte 1 en 2
saamgeneem vir doeleindes van vonnis - soos hierdie
Hof bevoeg is om te doen - 'n gepaste vonnis is.
Die appèl word gehandhaaf, die aan die appellant
opgelegde twee doodvonnisse word tersyde gestel en
vervang met 12 jaar gevangenisstraf - beide aanklagte
1 en 2 saamgeneem vir doeleindes van vonnis
C. P. JOUBERT AR.CILLIÉ, AR. )BOTHA, AR. )
Stem saam.VAN HEERDEN, AR. )
GALGUT, Wn. AR. )
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.