Download PDF

South Africa Judgment

Northern Cape High Court, Kimberley

S v Van Vuuren (CA&R 219/04) [2005] ZANCHC 50 (9 September 2005)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found that although the magistrate's questioning of the appellant was persistent and at times impatient, it did not amount to a material irregularity that prejudiced the appellant or compromised the fairness of the trial. The questioning occurred after cross-examination and was intended to clarify aspects of the appellant's evidence. No new evidence was elicited, and the magistrate's summary of the facts and balanced treatment of the evidence indicated impartiality. The appellant himself did not allege prejudice in his notice of appeal. The conviction for murder and the sentence were supported by the evidence, and the appeal could not succeed.

Court disposition

Appeal dismissed; conviction and sentence confirmed.

Orders

  • The appeal against conviction is dismissed.
  • The conviction and sentence are confirmed.

02

Material facts

Parties

Solomon Van Vuuren

Appellant Counsel: Adv. T. Fourie

The State

Respondent Counsel: Adv. E Kammies

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Appeal Against Conviction and Sentence

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellant argued that the magistrate erred by entering the arena and effectively cross-examining him, which created the impression that justice was not done. He did not challenge the merits of the conviction but focused solely on the alleged irregularity during questioning.
Respondent
The respondent maintained that the magistrate's questioning was aimed at clarifying aspects of the appellant's testimony and did not amount to judicial harassment or prejudice. The respondent argued that the conviction was supported by the evidence and that no miscarriage of justice occurred.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    S v Rall 1982 (1) SA 828 (A) at 831H-832D

    A presiding officer must ensure that justice is both done and seen to be done, maintaining impartiality and fairness throughout the trial.

  2. 02

    S v Gerber 1997 (2) SACR 601 (SCA) at 608g-h

    Lengthy or persistent questioning by a judicial officer is not necessarily irregular, but the manner and effect of such questioning must be assessed to determine if it constitutes judicial harassment or prejudice.

  3. 03

    S v Maseko 1990 (1) SASV 107 (A) at 118b

    Open signs of impatience by a judicial officer are a transgression against the impartiality required of the bench.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found that although the magistrate's questioning of the appellant was persistent and at times impatient, it did not amount to a material irregularity that prejudiced the appellant or compromised the fairness of the trial. The questioning occurred after cross-examination and was intended to clarify aspects of the appellant's evidence. No new evidence was elicited, and the magistrate's summary of the facts and balanced treatment of the evidence indicated impartiality. The appellant himself did not allege prejudice in his notice of appeal. The conviction for murder and the sentence were supported by the evidence, and the appeal could not succeed.

Obiter and limits

  • Presiding officers should heed the warning that open signs of impatience undermine the perceived impartiality of the judiciary.
  • Even lengthy judicial questioning is not inherently irregular; its impact must be assessed in context.

Court disposition

Appeal dismissed; conviction and sentence confirmed.

  • The appeal against conviction is dismissed.
  • The conviction and sentence are confirmed.

Source and reliance status

Northern Cape High Court, Kimberley

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Northern Cape High Court, Kimberley

Judgment

[2005] ZANCHC 50

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(NOORD-KAAPSE AFDELING)

KIMBERLEY

SAAK NO.: CA&R 219/04

DATUM AANGEHOOR: 09-05-2005

DATUM GELEWER:09-09-2005

In die Appèl van:

SOLOMON

VAN VUUREN APPELLANT

teen

DIE STAAT RESPONDENT

CORAM: MAJIEDT R et WILLIAMS R :

UITSPRAAK

WILLIAMS R:

1. Die appellant is op 12 Junie 2001 in die Streekhof te Jan Kempdorp skuldig bevind aan moord en gevonnis tot 18 jaar gevangenisstraf. Hy kom nou in hoër beroep teen die skuldigbevinding.

2. Die appellant wat regsverteenwoordig was met die verhoor het onskuldig gepleit en ‘n verweer van noodweer geopper. Die basis van hierdie verweer is in ‘n skriftelike pleitverduideliking vervat, waarvan die tersaaklike gedeelte as volg lees”

gOp die betrokke dag het die oorledene ‘n bottel wyn uit my sak gesteel. Ek het hom gesien. Hy het gesê ek moet maak wat ek wil.

Toe ek nader beweeg het hy ‘n mes uitgepluk en toe probeer om my te steek. Ons het gestoei waarna ek geslaag het om die mes af te neem en hom terug te steek ten einde die aanval af te weer. Oorledene was groter in bouvorm as ek en het nie opgehou om te probeer om weer die mes by my af te neem nie. Ek het ook etlike beserings opgedoen byvooorbeeld snywonde aan my vingers toe ek probeer om die mes af te neem en stukkende plekke en skaafwonde aan my gesig en oor.”

3. Namens die Staat het ‘n ooggetuie tot die voorval me. Magotla getuig. Volgens hierdie getuie het sy ‘n entjie van die toneel gestaan en gesien hoe die appellant agter die oorledene aan hardloop en hom met ‘n klip gooi. Die oorledene wat ‘n mes in sy hand gehad het, het toe gaan staan. Dit appellant het die oorledene ingehaal, hom aan die hemp beetgekry en die mes uit sy hand gehaal. Hierna het hy die oorledene met die mes op die rug gesteek totdat hy geval het waarna die appellant voortgegaan het en die oorledene verskeie kere op die bors gesteek het.

4. Die appellant het ook getuig. Volgens hom het hy nie gehardloop nie, maar het geloop tot by die oorledene om sy wyn terug te kry. Toe hy by hom kom het die oorledene ‘n mes uit sy sy gehaal en hom probeer steek. ‘n Stoeiery om die mes het ontwikkel. Die appellant het geval en in die val vir die oorledene met hom saamgetrek. Die oorledene het op die appellant se maag beland. Die appellant het na die gestoeiery die mes uiteindelik afgeneem van die oorledene. Die oorledene het egter probeer om die mes weer terug te kry waarop die appellant hom een steekhou in die skouer toegedien het. Toe die oorledene hierna nog steeds nie wou ophou om die mes te probeer terugkry nie het die appellant hom voor op die lyf gesteek totdat hy omgeval het.

5. Die appellant het ontken dat hy die oorledene op die rug gesteek het. Ten spyte van die lykskouingsverslag, wat deur die appellant erken is as korrek en wat agt steekwonde op die oorledene beskryf, het hy ontken dat hy die oorledene agt steekwonde toegedien het. Sy getuienis is dat hy die oorledene slegs vier keer op die bors gesteek het. Ter verduideliking van die teenstrydighede tussen sy getuienis en die lykskouingverslag het die appellant getuig dat die vier steekhoue wat hy die oorledene toegedien het moontlik die oorledene se liggaam regdeur gepenetreer het om ook vier wonde aan sy rug te veroorsaak.

6. Die appellant se getuienis ten opsigte van die aantal steekhoue wat hy die oorledene toegedien het is na my mening regtens deur die landdros verwerp. Alhoewel die geneesheer wat die lydskouing waargeneem het nie getuig het nie, is sy beskrywing van die wonde in die lykskouingsverlag so volledig van aard dat daar nie twyfel kan bestaan dat daar agt afsonderlike wonde op die oorledene se liggaam was nie.

7. Die verhoorlanddros het tot die gevolg gekom, merendeels op die appellant se eie weergawe, dat indien die appellant enigsins in noodweer opgetree het, hy die perke van noodweer so vêr oorskry het dat hy in die proses die aggressor geword het.

8. Mnr. Fourie wat namens die appellant in die appél verskyn het, het glad nie op die meriete van hierdie saak ingegaan nie. Die enigste punt geneem deur mnr. Fourie is dat die vehoorlanddros fouteer het deur tot die arena toe te tree en die appellant inderwaarheid gekruisverhoor het. Hierdie optrede het die gevolg, aldus mnr. Fourie, dat die indruk geskep word dat geregtigheid nie geskied het nie en as sulks behoort die skuldigbevinding tersyde gestel te word.

9. Die beginsels ten opsigte van ondervraging deur ‘n voorsittende beampte is in S v Rall 1982(1) SA 828(A) uiteengesit en te 831H-832D sê Trollip WnAR die volgende omtrent die pligte van ‘n voorsittende beampte:

g. . . the Judge must ensure that 'justice is done'. It is equally important, I think, that he should also ensure that justice is seen to be done. After all, that is a fundamental principle of our law and public policy. He should therefore so conduct the trial that his open-mindedness, his impartiality and his fairness are manifest to all those who are concerned in the trial and its outcome, especially the accused . . . The Judge should consequently refrain from questioning any witnesses or the accused in a way that, because of its frequency, length, timing, form, tone, contents or otherwise, conveys or is likely to convey the opposite impression”

Sien ook S v Sallem 1987(4 SA 772(A) te 791G-792B en S v Maseko 1990(1) SASV 107(A) te 116e-117e.

10. Die beswaar in hierdie saak het betrekking op die landdros se ondervraging van die appellant nadat hy reeds gekruisvra en herverhoor is. Die ondervraging word deur mnr. Fourie beskryf as “knaend en aanhoudend”, ‘n mening wat ek self toegedaan is alhoewel ek onmiddellik moet byvoeg dat die appellant self, deur sy versuim om vrae behoorlik te antwoord en sy ontwykendheid, ook daartoe bygedra het dat die landdros se ondervraging 11 bladsye van die getikte oorkonde beslaan. As voorbeeld hiervan haal ek die volgende aan uit die oorkonde:

gTweede vraag as ‘n persoon iets steel, praat nou normaalweg, as ‘n algemene menslike ervaring loop hulle weg of hardloop hulle weg met die gesteelde goedere? – Hy het geloop.

Ek vra nie wat het hy gedoen nie, ek vra normaalweg meneer, loop ‘n mens of hardloop ‘n mens met gesteelde goedere? – Kyk hy het mos gevoel hy gaan …(tussenbei).

Ek vra nie wat hy gedoen het nie mnr. Van Vuuren luister mooi asseblief, wat doen ‘n dief normaalweg as hy gesteel en hy word gevang hy steel, loop hy of hardloop hy? – Nee wat ek gedink het die daardie man het nie gehol nie. Ek wil net praat wat ek gesien het, die man het nie gehol nie.

Ag meneer, ekskuus, het ek gevra of die oorledene wat het die oorledene gedoen? – Hy het nie gehardloop daardie man nie.

Ek vra vir u is dit my vraag wat die oorledene gedoen of is dit my vraag wat doen ‘n dief normaalweg? -- Hoe moet ek nou vir meneer antwoord.

Want jy moet luister na my vraag, ek vra niks oor die oorledene nie meneer, ek vra vir u as ‘n dief iets by u steel loop hardloop hy normaalweg? – Ek kan nie sê nie wat hoekom …(tussenbei).

So werk u nie in ‘n winkel nie, werk u in ‘n winkel of werk u nie in die winkel nie? – Ja, ek werk in die winkel in. Was daar nog nooit by die winkel gesteel? – Nee want ek kyk persoonlik goed…(tussenbei).

Was daar nog nooit by die winkel gesteel nie of was daar, ag antwoord my tog asseblief? – Daar was, daar was nie, daar word nooit gesteel nie.

En wat dink u meneer, het u nog nooit iemand gesien wat van iemand anders af steel nie, as hulle ‘n fiets in die straat steel loop hulle weg? – Nee nie wat ek gesien het nog van voor …(tussenbei).

Het u nog nooit in u lewe ‘n diefstal gesien nie meneer? –

Ek sien maar net as ek by die hof is as ek sien die mense wat hier verby is, sien ek mense by die hof was . . .(tussenbei).

11. Langdurige ondervraging is op sigself nie noodwendig ‘n onreëlmatigheid nie, maar moet in verband beoordeel word. In S v Gerber 1997(2) SACR 601SCA te 608g-h sê Marais AR die volgende oor die uitgerekte ondervraging van die appellant deur die verhoorregter:

gIt is so that the questioning of appellant by the trial Judge was lengthy, but appellant's answers were also often lengthy and length alone is a relatively neutral factor in an enquiry such as this. What is more important is the manner in which such questioning took place. It goes without saying that objectively legitimate questions may be put so belligerently or intimidatingly or so repetitively or confusingly as to amount to judicial harassment and therefore an irregularity. But that does not mean that a court may not ask an accused questions which he may find it difficult to answer without doing damage to his case. Nor is a perception of partiality justified merely because a court's questions have the result that answers damaging to the accused emerge.”

12. Dit is egter duidelik vanuit die hierbo-aangehaalde uittreksel van die oorkonde dat die landdros ongeduldig en geïrriteerd geraak het met die appellant en selfs intimiderend oorgekom het soos blyk uit die volgende uittreksel van die oorkonde.

gWil u nie maar my vragie antwoord nie meneer, was dit nodig om dit te doen? – Dit was nie nodig nie maar hy het gemaak nou dat dit moet nodig wees. Dit is nie ek nie.

So u het niks gedoen nie? – Ek het, ek erken ek het ‘n fout begaan, maar …(tussenbei).

Ek verstaan u nie meneer, die een oomblik erken u u het ‘n fout begaan en die volgende oomblik het u nou niks gedoen nie? – Ja maar, ek verstaan nou niks wat edelagbare nou die goeters is in ‘n donderstorm praat.

Nee ek verstaan nie, ek dink u verstaan uself nie. – ek verstaan nou net niks nie. Ek sê mos vir die edelagbare ek het die man klaar vrek gesteek. Moet ek nou net staan en sien ek die man is besig om my vrek te maak, ek gaan hom vrek maak.

Die vraag is, was dit nodig om hom dood te maak? – Ja dit was nodig van my kant.

Hoekom? – Hoekom hy wil dan my lewe vat.

Het hy u lewe gevat? – ek het, ek het, ek het gekeer met hom …(tussenbei)

Hy hy u lewe gevat, want u staan dan vandag hier? – Ja dit is die way ek het my gedefend mos dat hy nie my lewe kan vat nie dat ek sy lewe moet vat.

So, so u lewe is gevat u staan nou maar hier en getuig maar u lewe is gevat, dit is wat uself vir my sê? – Ja as ek my mos nie geverdedig het nie het hy mos my lewe gevat dit is net die way wat ek vir my verdedig dat hy nie kan my lewe gevat het nie, so dat ek sy lewe gevat het.

So u het eintlik opsetlik sy lewe gevat, is dit wat u vir my sê? – Dit was nie opsetlik nie wat hoekom…(tussenbei).

Maar u sê dan nou net u wou hom doodmaak? – Ja ek moet hom net steek hoe gaan ek maak. Ek moet die man steek. Ek gaan hom mos nou nie kom eintlik ek gaan hom mos nou nie kom sê ek, ek het hom dan ‘n waarsku, twee houe gesteek dan, daardie hou hier en die hou op die skouer daardie is dan klaar ‘n waarsku hou laat ek voor by sy …(onhoorbaar) gekom het.

en Lewe beteken nie vir u veel nie nê, ‘n lewe beteken niks vir u nie, is dit reg? – Hoe moet ek nou vir die agbare antwoord.

Nee ek vra vir u, beteken ‘n ander man se lewe niks vir u nie? – Nee hoe kan hy niks beteken nie.

Nou presies meneer, u steek hom wat my aanbetref sonder reg or rede? – met ander woorde as hy vir my gesê het ek …(onhoorbaar) dan het hy my lewe mos ook niks gebeteken vir daardie man nie.

U kan nie ‘n man steek vir wat hy moes doen nie of vir wat u gedink het hy sou doen nie, ek kan u nie doodskiet omdat ek dink u gaan nog eendag iets aan my doen nie, verstaan u dit nie so nie? – ek weet nie hoe moet ek u nou antwoord edelagbare.”

(Eie onderstreping)

13 Na aanleiding van die gewysdes stel die optrede van die verhoorlanddros na my mening sonder twyfel ‘n onreëlmatigheid daar. Voorsittende beamptes kan net baat vind daarby om in belang van die regspleging te let op die woorde van Eksteen AR in die Maseko saak supra te 118b:

“Hoe ongeduldig ‘n regterlike beampte ookal mag raak, is dit sy dure plig om ter wille van die onbesprokenheid van die regspraak wat hy moet bewaar, nie op die regsbank uiting aan sy ongeduld te gee nie. Openlike tekens van ongeduld is altyd ‘n vergryp teen die vlekkelose onpartydigheid wat van hom wat die weegskaal van geregtigheid tussen gedingvoerende partye moet bewaar, verwag word.”

14. Die onreëlmatigheid moet egter nie in isolasie beskou word nie, maar moet met inagneming van die ander onstandighede van die verhoor beoordeel word. Die vraag wat nou ‘n antwoord verg is of hierdie onreëlmatigheid gelei het tot ‘n regskending wat in belang van geregtigheid ‘n tersyde stelling van die skuldigbevinding en vonnis vereis.

15. Die antwoord hierop is ‘n kort en kragtige nee. Die ondervraging deur die landdros het geskied ná die appellant gekruisvra en herverhoor is, inderdaad aan die einde van al die getuienis gelei deur die partye. Ons het nie hier te doen met ‘n voorsittende beampte wat gedurende ondervraging in hoof sy ongeloof in ‘n beskuldigde se weergawe te kenne gee nie, of gedurende kruisondervraging die rol van die staatsaanklaer oorneem nie.

16. Die vrae deur die landdros gestel was gerig ter opheldering van sekere aspekte van die appellant se getuienis. Die landdros sê dit ook in soveel woorde alvorens hy sy ondervraging begin. Geen nuwe getuienis is ontlok deur die landdros se ondervraging nie en was hierdie aspekte reeds gedurende kruisondervraging behandel deur die staatsaanklaer.

17. Die landdros se ondervraging, ongelukkig soos dit ookal verloop het, het na my mening geensins die appellant benadeel nie. Die landdros se juiste opsomming van die feite en ewewigtige behandeling van die getuienis in sy uitspraak is ook sprekend daarvan dat hy sonder vooroordeel of begunstiging tot ‘n bevinding gekom het. Nie eers die appellant wat sy eie Kennisgewing van Appél vanuit die gevangenis gerig het, maak melding daarin dat hy onregverdig verhoor is as gevolg van die landdros se ondervraging, of enigsins daardeur benadeel is nie. Inteendeel, sy Kennisgewing van Appél is ‘n onsamehangende relaas van die bevooroordeeldheid van die ondersoekbeampte wat onder andere deur ‘n gekonkel met getuies sy skuldigbevinding bewerkstellig het. Ek meen dat die appellant indien hy van oordeel was dat die landdros hom onregverdig behandel het, daarvan sou melding maak in sy Kennisgewing van Appél.

18. Ek is nie van mening dat die onreëlmatigheid van die landdros se ondervraging tot ‘n regskending gelei het nie en kan die appél dus nie slaag nie.

Die volgende bevel word gemaak:

Die appél teen skuldigbevinding word van die hand gewys.

Die skuldigbevinding en vonnis word bekragtig.

_______

C

C WILLIAMS

REGTER

Ek stem saam

S A MAJIEDT

Nms. Appellant: Adv. T. Fourie in opdrag van die Regshulpraad

Nms. Respondent: Adv. E Kammies

Kantoor van die Direkteur van Openbare Vervolgings, Kimberley

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

S v Rall 1982 (1) SA 828 (A)

Case cited

S v Sallem 1987 (4) SA 772 (A)

Case cited

S v Maseko 1990 (1) SASV 107 (A)

Case cited

S v Gerber 1997 (2) SACR 601 (SCA)

Case cited

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.