S v Vilo and Another [2005] ZAFSHC 68 (27 October 2005)
- Citation
- [2005] ZAFSHC 68
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Free State High Court, Bloemfontein
- Panel
- Beckley R, Cillié R, H.M. Musi R
- Case number
- A74/2005
More details
- Court
- Free State High Court, Bloemfontein
- Panel
- Beckley R, Cillié R, H.M. Musi R
- Case number
- A74/2005
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The appeal court found that the trial court was justified in accepting the evidence of the two state witnesses, Tsekolo and Mary Maphaha, regarding the identification of the appellants. The witnesses were familiar with the appellants, and the discrepancies highlighted by the defence were either minor or adequately explained. The court noted that the trial court's approach to the differences between the witnesses' oral evidence and their police statements was consistent with established legal principles, particularly given the circumstances under which the statements were taken. The court held that there was no basis to overturn the trial court's credibility findings, and that the State had proved beyond reasonable doubt that the appellants were the persons who brought the stolen goods to Tsekolo's house. Accordingly, the appeal against conviction could not succeed.
Court disposition
Appeal dismissed; convictions confirmed.
Orders
- The appeal of both appellants is dismissed.
- The convictions of both appellants are confirmed.
02
Material facts
Parties
Seny Frans Vilo
Appellant Counsel: I.J. BezuidenhoutThabo Walter Phokojoe
Appellant Counsel: I.J. BezuidenhoutThe State
Respondent Counsel: J.H.S. Hiemstra SC03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Appeal Against Conviction Only
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the trial court erred in accepting the evidence of the two state witnesses regarding the identification of the appellants.
- 02
Whether the trial court correctly rejected the alibi defence of the appellants.
- 03
Whether the credibility findings of the trial court should be overturned on appeal.
Party arguments
- Applicant
- Counsel for the appellants argued that the trial court erred in accepting the evidence of the state witnesses, Tsekolo and Mary Maphaha, due to inconsistencies and alleged contradictions in their testimonies. It was submitted that Tsekolo's fear of the first accused and his explanation for not reporting the matter to the police were questionable. The defence also highlighted discrepancies regarding the lighting in the house and the removal of the stolen goods, contending that these undermined the reliability of the witnesses' identification of the appellants. The defence maintained that the appellants' alibi should have been accepted and that the trial court's credibility findings were flawed.
- Respondent
- Counsel for the respondent argued that the trial court was correct in accepting the evidence of Tsekolo and Mary Maphaha, as both witnesses were familiar with the appellants and their identification was not mistaken. The respondent submitted that the alleged contradictions were either minor or adequately explained, and that the trial court's approach to the discrepancies between the witnesses' oral evidence and their police statements was consistent with established case law. The respondent contended that the credibility findings of the trial court should not be interfered with on appeal and that the conviction was justified beyond reasonable doubt.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
S v Bruiners and Another 1998 (2) SACR 432 (SE)
A court of appeal will not readily interfere with credibility findings made by the trial court unless there are clear indications that such findings are wrong.
- 02
S v Mafaladiso and Others 2003 (1) SACR 583 (SCA)
Discrepancies between a witness's oral evidence and their police statement should be approached with caution, especially where statements are taken long after the event and through translation.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The appeal court found that the trial court was justified in accepting the evidence of the two state witnesses, Tsekolo and Mary Maphaha, regarding the identification of the appellants. The witnesses were familiar with the appellants, and the discrepancies highlighted by the defence were either minor or adequately explained. The court noted that the trial court's approach to the differences between the witnesses' oral evidence and their police statements was consistent with established legal principles, particularly given the circumstances under which the statements were taken. The court held that there was no basis to overturn the trial court's credibility findings, and that the State had proved beyond reasonable doubt that the appellants were the persons who brought the stolen goods to Tsekolo's house. Accordingly, the appeal against conviction could not succeed.
Obiter and limits
- The court observed that it would be unfair to reject a witness's evidence solely on the basis of a contradiction that was not put to the witness for explanation.
- The court noted that minor discrepancies in witness testimony, especially regarding lighting conditions, do not necessarily undermine the reliability of identification where the witnesses are familiar with the accused.
- The court reiterated that statements taken long after the event and through translation may lack the reliability of statements taken immediately after the incident.
Court disposition
Appeal dismissed; convictions confirmed.
- The appeal of both appellants is dismissed.
- The convictions of both appellants are confirmed.
Source and reliance status
Free State High Court, Bloemfontein
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Free State High Court, Bloemfontein
Judgment
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Appèl Nr. : A74/2005
In die appèl van:-
SENY FRANS VILO Eerste Appellant
THABO WALTER PHOKOJOE Tweede Appellant
en
DIE STAAT Respondent
_____________
CORAM: BECKLEY R et CILLIé R et H.M.
MUSI R
AANGEHOOR OP: 10 OKTOBER 2005
UITSPRAAK DEUR: BECKLEY
R
GELEWER OP: 27 OKTOBER 2005
[1] Die twee appellante het tesame met ân derde beskuldigde tereggestaan op aanklagte van huisbraak met die opset om te roof, roof met verswarende omstandighede, moord en diefstal. Beide die appellante sowel as die mede-beskuldigde het onskuldig gepleit en het dit geblyk dat, in al drie se geval, ân verweer ân alibi was. Desondanks hul pleite van onskuldig, is die mede-beskuldigde, wat tydens die verhoor bekend gestaan het as beskuldigde een, sowel as die twee appellante, wat onderskeidelik beskuldigdes twee en drie was, skuldig bevind aan al die ten laste gelegde misdrywe. Die appellante kom nou in hoër beroep met die verlof van die Verhoorregter slegs teen die skuldigbevindings en nie teen die opgelegde vonnisse nie.
[2] Die Verhoorregter het in haar uitspraak volledig gehandel met die getuienis en ek is derhalwe nie voornemens om dit weer hierin te herhaal nie. Dat die betrokke misdrywe gepleeg is, blyk nie in geskil te wees nie. Wat wel in geskil is, is die identiteit van die persone wat die misdrywe gepleeg het. Die Verhoorregter het die getuienis aanvaar van twee staatsgetuies, Tsekolo Maphaha, synde beskuldigde een se jonger broer, asook die getuienis van Mary Maphaha, beskuldigde een se moeder, dat die appellante inderdaad die persone was wat beskuldigde een vergesel het toe hy die nag van 29/30 Desember 2002 die gesteelde goedere by die huis aangebring het. Die kernaspek wat in hierdie appèl derhalwe oorweeg moet word, is of die hof a quo fouteer het deur die getuienis van voormelde twee getuies te aanvaar en die getuienis van die appellante te verwerp. Beide hierdie getuies het getuig dat die appellante aan hulle bekend was en dat dit nie ân geval was dat hulle die appellante die betrokke aand vir die eerste keer gesien het nie. Daar kan derhalwe nie sprake wees van ân foutiewe identifikasie nie.
[3] Ter motivering van die betoog dat die hof a quo fouteer het deur die staatsgetuies se getuienis aanvaar, het Me. Bezuidenhout, wat namens appellante in hierdie Hof verskyn het, ân aantal punte van kritiek teen beide die getuies se getuienis geopper, waarmee ek kortliks wil handel:
Ten opsigte van Tsekolo, is die kritiek onder andere dat hy getuig het enersyds dat hy bang was vir beskuldigde een, en andersyds dat hy met hom baklei het, en dat dit nie uit sy getuienis blyk wat die redes was waarom hy bang was vir beskuldigde een nie.
[4] Dit is korrek dat hy op ân stadium getuig het:
âI was fighting, I disagreed that it [die gesteelde goedere] must be taken into the house.â
Dit blyk egter dat Tsekolo direk nadat hy soos hierbo getuig het, bygevoeg het:
âBy saying I was fighting, I was preventing them from the door, that they must not take the goods into the house.â
Dit is derhalwe, na my mening, duidelik dat hy nie in ân geveg betrokke was met beskuldigde een, sy broer nie, vir wie hy te kenne gegee het hy bang was, maar dat hy bloot gepoog het om beskuldigde een en die appellante te verhoed om die goedere in die huis in te dra. Voorts meen ek dat sy getuienis aantoon waarom hy bang was vir beskuldigde een, naamlik omdat beskuldigde een hom by herhaling in die verlede met die dood gedreig het.
[5] Tweedens is daarop gewys dat Tsekolo en Mary mekaar weerspreek oor die beligting in die huis die aand toe die appellante en beskuldigde een daar opdaag: Tsekolo sê dat hy die elektriese lig aangeskakel het, terwyl Mary se getuienis was dat daar op daardie stadium nog nie elektriese ligte in die huis was nie, en dat daar kerslig was. Dat die betrokke getuies se getuienis in hierdie opsig strydig is, kan nie betwis word nie. Tsekolo is egter nooit daarmee gekonfronteer nie. Indien hy die geleentheid gehad het om te verduidelik waarom daar ân weerspreking was tussen sy getuienis en die van sy moeder, kon hy dit moontlik verduidelik. Om bloot op grond van hierdie weerspreking en sonder dat hy die geleentheid gehad het om daarop te antwoord, sy getuienis te verwerp, sou na my mening onregverdig wees.
[6] ân Verdere punt van kritiek teen Tsekolo se getuienis is dat hy geen verduideliking gee waarom die goedere na sy woning geneem is nie. Eerstens moet in gedagte gehou word dat Tsekolo nooit hieromtrent uitgevra is nie, en is dit ook nie korrek dat hy gelate toegelaat het dat die goedere in sy woning ingedra word nie: Hy het dan juis daarteen beswaar gemaak en gepoog om die appellante en sy broer te verhoed om dit die huis binne te dra. Ook wat hierdie punt van kritiek betref, meen ek dat dit onbillik sal wees om Tsekolo se getuienis in die geheel te verwerp.
[7] Soos gebruiklik deesdae in strafsake, is Tsekolo tydens kruisondervraging breedvoerig uitgevra oor die weerspreking tussen sy getuienis en sy polisieverklaring rakende die vraag of al die goedere wat daar ingedra is, uit die huis verwyder is op ân latere stadium. In sy verklaring staan:
âAt about nine oâ clock they have took those groceries and they did not leave me with nothing.â
Tydens die verhoor het hy getuig dat hy niks van hierdie goedere ontvang het nie. In die betoogshoofde het Me. Bezuidenhout aan die hand gedoen dat, indien daar gelet daarop dat al die goedere verwyder is en dat daar vir hom niks agtergelaat is nie, dit voorkom asof hy verbitterd daaromtrent was.
[8] Daar is al herhaaldelik in beslissings gemaan teen die maak van ân nadelige afleiding waarin ân getuie tydens getuienisaflegging afwyk van sy polisieverklaring. Vergelyk S v BRUINERS EN âN ANDER 1998 (2) SASV 432 (SE) te 437 g â j en S v MAFALADISO EN ANDERE 2003 (1) SASV 583 (HHA) te 584 h en verder. Rakende die omstandighede in die onderhawige saak, handel die Verhoorregter as volg met hierdie weerspreking:
âIn die onderhawige geval moet die getuienis van Inspekteur Sekwadi ingedagte gehou word. Volgens hom is al hierdie verklarings geneem op ân wyse wat hy ân hele relaas vanaf ân getuie vra en hy dit dan opsommenderwys neerskryf. Dit is alreeds na my mening ân resep vir ân onvolledige en foutiewe verklaring. Tweedens was hier ân situasie waar daar ân vertaling vanaf Sotho na Engels plaasgevind het en weer terug na Sotho en dit terwyl Inspekteur Sekwadi nie besonderlik in die Hof beïndruk het as ân persoon wat noodwendig Engels goed magtig is nie. Derdens is hierdie verklarings meer as ses maande na die beweerde voorval afgeneem. Hoewel ek Inspekteur Sekwadi se verduideliking hiervoor aanvaar, meen ek dat vanweë die tydverloop dit nie dermate die waarborg van betroubaarheid het soos wanneer dit pas na ân voorval afgeneem is nie. In die lig hiervan was die aard en omvang van die afwykings en weersprekings na my mening nie wesenlik nie en het dit nie afbreuk gedoen aan Tsekolo se geloofwaardigheid en betroubaarheid as getuie nie.â
Wanneer gelet word op die inhoud van die getuieverklaring, blyk dit dat dit in geradbraakte Engels neergeskryf is en allesbehalwe sinvol is. In die omstandighede word die Verhoorregter se benadering rakende hierdie weerspreking, ondersteun.
[9] Laastens is Tsekolo se geloofwaardigheid aangeval vanweë die feit dat die rede wat hy aanvoer waarom hy nie die aangeleentheid by die polisie gerapporteer het nie, verdag voorkom, naamlik, omdat hy bewaak was. Me. Bezuidenhout se betoog in haar betoogshoofde was dat voorkom asof dit ân bloot gerieflike verskoning is. Dit blyk egter nie net uit Tsekolo se getuienis nie, maar ook uit die getuienis van sy moeder, Mary, dat die huis voortdurend onder observasie gehou is en dat die feit dat die huis onder observasie gehou is, klaarblyklik die rede was waarom hy dit nie by die polisie kon rapporteer nie. Ook hierdie kritiek teen die geloofwaardigheid van Tsekolo, is na my mening sonder meriete.
[10] Ek is derhalwe tevrede dat die hof a quo tereg die getuienis van Tsekolo aanvaar het en ondersteun dus die bevinding dat die Staat bo redelike twyfel bewys het dat die appellante die persone was wat die gesteelde goedere na Tsekolo se woning geneem het.
[11] Wat Mary se getuienis betref, meen ek ook dat die hof a quo tereg haar getuienis aanvaar het. Die enigste kritiek wat geopper word teen haar getuienis, is dat sy haarself weerspreek het oor die vraag of sy die appellante reeds die nag identifiseer het toe hulle die goedere na die huis gebring het. Ek is nie oortuig dat sy haarself weerspreek het nie. Sy het geensins erken op vrae van die Hof dat sy nie die appellante die aand gesien het nie, maar wanneer haar getuienis in die totaliteit oorweeg word, blyk dit dat sy hulle wel die aand met die behulp van die kers wat gebrand het, identifiseer het, maar hulle nie goed kon sien nie. Toe sy hulle die volgende dag en in helder daglig weer sien, kon sy hulle beter sien.
[12] Me. Bezuidenhout het toegegee, en tereg ook na my mening, dat indien hierdie Hof sou bevind dat Tsekolo of Mary bevredigende getuies was, die appèl nie kan slaag nie. Dit is geykte reg dat ân hof op appèl nie geredelik sou inmeng met ân geloofwaardigheidsbevinding nie, en in die onderhawige geval bestaan daar, na my mening, geen rede waarom die geloofwaardigheidsbevinding van die Verhoorregter rakende Tsekolo en Mary omvergewerp behoort te word nie.
[13] In die lig daarvan dat die hof a quo tereg die getuienis van voormelde twee getuies aanvaar het, volg dit na my mening dat die appèl nie kan slaag nie en dat die skuldigbevinding van beide appellante bekragtig behoort te word.
[14] Bygevolg word beide die appellante se appèl afgewys.
___
A.P. BECKLEY, R
Ek stem saam.
____
C.B. CILLIé, R
___
H.M. MUSI, R
Namens die appellante : Adv. I.J. Bezuidenhout
In opdrag van:
Regshulpraad
BLOEMFONTEIN
Namens die respondent: Adv. J.H.S. Hiemstra SC
Direkteur: Openbare Vervolgings
/sp
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.