S v Yende (274/85) [1987] ZASCA 43 (12 May 1987)
- Citation
- [1987] ZASCA 43
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Corbett, Smalberger, Steyn
- Case number
- 274/85
More details
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Corbett, Smalberger, Steyn
- Case number
- 274/85
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The Supreme Court of Appeal held that the appellant's statement, when objectively assessed, amounted to an unequivocal acknowledgment of all the elements of housebreaking with intent to steal and theft, and excluded any possible defence. The statement was therefore a confession as defined in section 217(1)(a) of the Criminal Procedure Act. Since the confession was made to a peace officer and not subsequently confirmed before a magistrate or justice of the peace in writing, it was inadmissible. With no other admissible evidence linking the appellant to the offence, the conviction and sentence could not stand.
Court disposition
Appeal upheld; conviction and sentence set aside.
Orders
- The appeal succeeds.
- The conviction and sentence of the appellant are set aside.
02
Material facts
Parties
Enoch Yende
AppellantThe State
Respondent03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Appeal Against Conviction and Sentence
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the appellant's statement to the police constituted a confession as defined in section 217(1)(a) of the Criminal Procedure Act.
- 02
Whether the statement was admissible as evidence against the appellant.
- 03
Whether the conviction and sentence should stand in light of the admissibility of the statement.
Party arguments
- Applicant
- The appellant argued that his statement amounted to a confession and, since it was not made in accordance with the requirements of section 217(1)(a) of the Criminal Procedure Act 51 of 1977, it was inadmissible. Alternatively, if not a confession, the statement contained admissions regarding the offence, which were not made freely and voluntarily, rendering it inadmissible under section 219A.
- Respondent
- The respondent contended that the statement did not amount to a confession because the appellant did not intend it as such, and that the statement should be assessed subjectively. The respondent also argued that the word 'aangejaag' did not necessarily indicate compulsion or duress and that the statement was admissible.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
R v Becker 1929 AD 167
A confession, as contemplated by section 217(1)(a) of the Criminal Procedure Act, is an unequivocal acknowledgment of guilt, equivalent to a plea of guilty before a court of law.
- 02
R v Kant 1933 WPA 128
The test for whether a statement constitutes a confession is objective, focusing on whether the facts admitted amount to guilt, regardless of the declarant's intention.
- 03
S v Motara 1963 (2) SA 579 (T)
Surrounding circumstances may be considered to ascertain the true meaning of a statement, but only those that put the statement in its proper setting.
- 04
S v Msweli 1980 (3) SA 1161 (D)
If a statement, by necessary implication, admits all elements of the offence and excludes all defences, it amounts to a confession.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The Supreme Court of Appeal held that the appellant's statement, when objectively assessed, amounted to an unequivocal acknowledgment of all the elements of housebreaking with intent to steal and theft, and excluded any possible defence. The statement was therefore a confession as defined in section 217(1)(a) of the Criminal Procedure Act. Since the confession was made to a peace officer and not subsequently confirmed before a magistrate or justice of the peace in writing, it was inadmissible. With no other admissible evidence linking the appellant to the offence, the conviction and sentence could not stand.
Obiter and limits
- The court noted that while subjective factors may sometimes be relevant in interpreting a statement, the objective meaning and effect of the words used remain paramount.
- The use of the word 'aangejaag' in the appellant's statement did not, in context, amount to a defence of compulsion or duress.
Court disposition
Appeal upheld; conviction and sentence set aside.
- The appeal succeeds.
- The conviction and sentence of the appellant are set aside.
Source and reliance status
Supreme Court of Appeal
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Supreme Court of Appeal
Judgment
ENOCH YENDE en DIE STAAT
SMALBERGER, AR274/85 N v H
274/85
N v H
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPeLAFDELING) In die saak tussen:
ENOCH YENDE AppellantenDIE STAAT Respondent
CORAM: CORBETT, SMALBERGER, ARR, et STEYN, Wn AR
VERHOORDATUM: 23 MAART 1987 LEWERINGSDATUM: 12 MEI 1987
UITSPRAAK
SMALBERGER, AR:-
Die appellant en sewe ander beskuldigdes het in'n streekhof op Springs op agt aanklagtes van huisbraak met die opset om te steel en diefstal tereggestaan. Na afloop van die verhoor is die appellant en drie van sy mede-beskuldigdes elk
aan /
2aan een aanklag van die ten laste gelegde misdaad skuldig bevind. In die geval van die appellant is hy gevonnis tot 4 jaar gevangenisstraf. Met verlof van hierdie Hof kom hy in hoër beroep alleenlik teen sy skuldigbevinding nadat sy appèl na die Transvaalse Provinsiale Afdeling afgewys is.
November 1981 by die besigheidsperseel van Fagersta Steels op"
Springs ingebreek is en 'n groot aantal goedere gesteel is. Al
Dit is gemene saak dat daar op die nag van 1/2
geskilpunt is of die appellant by die inbraak betrokke was.
Die enigste getuienis wat die appellant met die misdaad verbind,
is 'n verklaring wat die appellant op 18 Februarie 1982 aan
speurder adjudant offisier van Zyl afgelê het. Die toelaatbaar=
heid van hierdie verklaring was by die verhoor betwis, maar na 'n
verhoor-/.......
3verhoor-binne-'n-verhoor om die toelaatbaarheid daarvan te bepaal, is dit deur die verhoorlanddros as toelaatbaar beslis. Die appel is teen hierdie bevinding gemik. Dit is gemene saak dat as die verklaring nie toelaatbaar is nie, die appèl moet slaag; is dit wel toelaatbaar, moet die appèl afgewys word.word eerstens betoog dat die verklaring op 'n bekentenis neerkom,
Die betoog in hierdie appèl is tweeledig. Daar
en aangesien daar nie voldoen is aan die voorskrifte van artikel 217(1)(a) van die Strafproseswet 51 van 1977 nie, dit ontoelaat= baar is. Tweedens word betoog dat indien nie 'n bekentenis nie, die verklaring erkennings met betrekking tot die misdryf bevat, welke erkennings nie ongedwonge deur die appéllant gedoen is nie,en die verklaring gevolglik nie toelaatbaar is nie kragtens die
bepalings /
4bepalings van artikel 219 A van die Strafproseswet. Na aan= leiding van die slotsom waartoe ek op die eerste betoog gekom het, sal dit nie nodig wees om die tweede te behandel nie.
Die volledige verklaring wat die appellant aanS/A/O van Zyl gemaak het, insluitende die aanhef daartoe, lees soos volg:-
"Jy word verwittig dat jy daarvan verdink word dat jy op 2/11/81 om 0100 die misdaad huisbraak en diefstal gepleeg het deurdat jy Fagersta Steel Co Nuffield, Springs(sic). Ek moet jou waarsku dat dit 'n ernstige saak is en jy moet versigtig wees wat jy sê. Ek gaan sekere vrae aan jou stel waardeur jy moontlik jou onskuld kan bewys. Jy is nie verplig om op die vrae te antwoord nie maar wat jy sê sal neergeskryf word en mag as getuienis aangevoer word.
VRAAG: Verstaan jy die bewering teen jou? Ja. VERKLARING; Kort voor hierdie inbraak dit was die Saterdag 81/11/01 het ek na Zacharia Msibi se huis 23 Morestraat Kwa Thema gegaan. Ek was deur
my/....5my voorman Mnr Meiring gestuur na Msibi se huis.Ek moes vir Msibi 'n boodskap gee ten opsigte vandie scrap wat hy van my werkplek gekoop het.Toe ek daar kom het ek vir Msibi en Petrus Mabenaen Sibeko daar gekry by Msibi se huis. Ek hetgegroet. Ek het verskoning gevra en vir Msibieen kant geroep. Ek het hom die boodskap van mywerkgewer gegee. Hy, Msibi, het onderneem om diegeld te bring. Ek het nie geweet hoeveel geldnie.Ons het bymekaargekom en begin gesels. Sommeroor alles. Msibi het gesê 'Jy het 'n goeie dinggedoen om hier te kom. Hy het vir my gesê ekmoet die volgende aand op Sondag - ek kan niedatum onthou nie - by hom aandoen. Ek het gevrahoekom. Hy het gesê daar is iets wat ons moetregmaak.Ek het geloop en die Sondagaand het ek teruggegaan
soontoe - na Msibi se huis. Dit was ongeveer
7.30 nm. Dit was al donker.Msibi het gesê laat ons nie baie dinge praat niemaar laat ons gaan. Ek het gevra waarheen. Msibihet gesê ons gaan by 'n blanke wat ons baie geld
gee.
Ons / 6Ons het van sy huis geloop, ekself, Msibi, Sibekoen nog een. Ek ken nie sy naam nie. Voor diebiersaal was ons vyf. Ons het in die trok geklim.Die een wie ek nie ken nie het gedryf. Die mensehet my vertel die blanke het die lorrie gegee, onsmoes goed gaan laai.Ek het gevra wat se goed is dit. Hulle het netgesê ek sal sien.Die mense was voor in die trok en twee agterop.Dit was 'n Mercedes trok. Die trok was donker=kleurig.Toe ons gery het moesons h sekere blanke by diepad gaan kry.Ons het toe 'n witman in 'n motor, 'n nuwe Golf, bydie pad van die uitgang van die inry-teater gekry.Toe ons draai en in die trok se lig het ek 'n witmanin die kar gesien en 'n swartman buite. Die drywerhet die toeter gedruk en die swartman het ingeklimen die kar het ons gevolg. Ek ken hulle nie enhet hulle net daar gesien in die lig van die kar.
Op die pad en naby Fagersta het ons stilgehou en die Golf agter ons. Mabena en nog een voor het uitgeklim na agter geloop en by die witman van die kar gepraat. Hulle ket teruggekom. Ons het agter om die fabriek by die spoor omgery en stilgehou. Ons het oor 'n spoor gery. Ek ken nie die plek so goed nie maar dit is agter die fabriek. Ek sal dit gaan uitwys.
Ek het /
7Ek het gevra hoe gaan ons nou maak. Hy het gesê - moenie worry nie. Petrus Mabena is die man wat hierso werk. Hy ken alles.Die drywer van die trok moes dit 'n ent wegsteek van Essmor se kant en ons sal hom dan roep. Mabena het gesê ons gaan hier in. Mabena het eerste oor die muur geklim en ek het gevolg saam met die ander. Ek wou eers nie maar is aangejaag. Ons is toe al vier in. Die blanke en die ander swartman, ek ken hulle nie, met die V W Golf het toe nog daar waar hulle eers gestop het bly staan. Binne in die fabriek, Mabena het by 'n pyp opgeklim en by 'n venster in en die deur oopgemaak. Dit het vir my soos 'n stoorplek gelyk. Daar was goedere gepak soos laaie en klein stukkies yster. Ek weet glad nie wat dit was nie. Mabena het gesê hierdie is die goed ons moet dit vat en laai. Ons het dit uitgevat en buite gepak.
Ons was besig om dit te dra. Mabena het by die stoor uitgegaan. Hy het teruggekom en gesê 'Kom ons hardloop, die swartman, die polisiewag is op pad na ons . Ons het die goed neergesit en uit= gehardloop oor die muur en weggehardloop na die trok. Die trok het bly staan. Ons het toe na die spoor gehardloop en daar gaan sit. Niks het gebeur. Ons het besluit ons gaan weer terug. Ek het nie weer teruggegaan nie. Ons het niks
uitgevat nie.
Ons is /
8
Ons is terug na die trok en het gery. Ons is
terug na Msibi se huis.
Ons het almal afgeklim, 4 van ons. Die drywer ek
ken hom nie, het met die lorrie weggery. Ek weet
nie waarheen nie. Die VW Golf het ek nie weer
gesien nie. Ons het niks weggekry nie. Ek weet
nie wat verder gebeur het nie.
Dit is die eerste maal wat ek hier ondervra is
ek was nooit weer daar nie."Die vraag ontstaan of dié verklaring op 'n bekentenis neerkom - nie in 'n abstrakte sin nie, maar soos bedoel in artikel 217 (l)(a) van die Strafproseswet. 'n Bekentenis soos bedoel in daardie artikel is volgens die geykte en gesaghebbende woordom= skrywing in R v Becker 1929 AD 167 op 171 "an unequivocal acknowledgment of ... guilt, the equivalent of a plea of guilty before a court of law". (Kyk ook S v Grove - Mitchell 1975 (3) SA 417 (A) op 419 F). Vir 'n verklaring om 'n bekentenis daar te stel
moet dit / 9moet dit dus 'n erkenning bevat van al die bestanddele van die
betrokke misdaad en terselfdertyd alle verweersgronde uitsluit.
Die definisie van 'n bekentenis in Becker se saak, terwyl treffend
eenvoudig en padlangs, is een wat al verskeie moeilike probleme
opgelewer het ten opsigte waarvan uitsluitsel nog nie deur hierdie
Hof gegee is nie. Van hierdie probleme word na verwys in
R v Debele 1956(4) SA 570 (A) op 572 D - F). Die streng en by
tye gekunstelde toepassing van die definisie het ook al onder
skoot gekom van akademici. (Kyk byv Schmidt: Bewysreg: 2de
Uitgawe, op 526; D Zeffertt: Confessions and Casuistry 1971
SALJ 164, 1975 Annual Survey of South African Law 496; 1976
Annual Survey of South African Law 496).
Een van die probleme wat in 'n geval soos die onder=
hawige ontstaan, is of die betrokke verklaring objektief
dan wel /....
10
dan wel subjektief beoordeel moet word om vas te stel of dit op 'n onomwonde erkenning van skuld neerkom. Met ander woorde, is 'n verklaring wat objektief beskou gelykstaande is aan 'n pleit van skuldig, nie 'n bekentenis nie omdat dit subjektief bedoel was om verontskuldigend te wees? Daar bestaan wel gesag in sekere provinsiale vonnisse vir so 'n standpunt (kyk byv R v du Plessis 1925 TPA 302op 306, 309; vgl R v Magena 1947(2) SA 589 (T) op 593; S v Mokoena 1978(1) SA 229 (0) op 232 H), en enkele vonnisse stel die vereiste dat die verklaarder 'n animus confitendi moes gehad het (vgl R v Zola 1944 0 D 137 op 139). In die onder= hawige appèl is daar ook o a namens die respondent betoog dat die appellant se verklaring nie 'n bekentenis is nie omdat dit nooit assodanig deur die appellant bedoel was nie.
Die saak /
11
Die saak van R v Hanger 1928 A D 459 word allerweë beskou as die sterkste gesag vir die bestaan van 'n subjektiewe maatstaf. In die loop van sy uitspraak op 463 sê DE VILLIERS, AR:
"In any case, however, I am quite clear that a confession within the meaning of those sections is a confession of guilt, - a statement by a person inculpating himself, alone or together with others in the commission of the offence. A statement exculpating himself, as in the present case, can under no circumstances be regarded as a confession. In the present case the offence charged was theft, the essence of which is fraudulosa contrectatio, and the statement of the appellant -'I do not look upon this as theft, far from admitting, clearly repudiates the imputation that in doing what he did he had the intention to steal. Under these circum= stances the statement was rightly admitted, and as it does not amount to a confession the rest of thê question falls away."
Na my mening kan hierdie passasie nie as duidelike en onomwonde gesag dien ten gunste van 'n subjektiewe benadering nie. Soos
die /.......
12die geleerde skrywer Schmidt op cit op 520 tereg opmerk, het dieHof hom nie uitgelaat "oor die uitwerking van 'n bedoeling om teverontskuldig nie. Die Hof se standpunt was blykbaar dat dieverklaring objektief verontskuldigend was omdat dit 'n ontkenningvan opset om te steel sou bevat het". In Becker se saak (supra)word daar verwys na die beslissing in R v Malala 1928 KPA 75 waardie beskuldigde, ten tyde van arrestasie, erken het dat sekeredagga wat gevind is, syne was. In die verband sê DE VILLIERS,Wn HR, op 172:
"The statement, although highly incriminating, falls short of a confession, as the accused does not thereby necessarily admit or intend to admit that he is guiltyof the offence of being in unlawful posses= sion of the dagga" . (My onderstreping).
Die woorde "or intend to admit" dui op 'n subjektiewe element. Sodanige element word egter nie uitdruklik in die voorafgaande
definisie /
13
definisie van 'n bekentenis in die uitspraak ingesluit nie, en
die woorde op sigself kan nie beskou word as die uitspreek van
'n oorwoë mening oor die bestaan van 'n subjektiewe maatstaf nie.
In R v Zawels and Another 1937 AD 342 sê CURLEWIS, HR, op 347,
met verwysing na Hanger en Becker se sake, "without attempting to
lay down a definition, a confession may be said to be a statement
made by a person inculpating himself ...... in the commission of
an offence and made with the intention of inculpating himself -an unequivocal acknowledgement of guilt so as to be equivalent to a plea of guilty". Soos reeds aangedui, kan Hanger en Becker se sake nie as duidelike gesag beskou word vir die toe= passing van 'n subjektiewe maatstaf nie, en so ook nie Zawels se saak nie, wat die aangeleentheid nie enigsins verder voer nie,
In /
14
In R v Viljoen 1941 A D 366 was die beskuldigde van brandstigting aangekla. In antwoord op 'n vraag deur 'n polisiebeampte of hy die brand gestig het, antwoord hy "Can you blame me? We are fighting up North and our friends are being killed by the Ossewa Brandwag in Johannesburg". Daar was betoog dat die woorde op 'n bekentenis neerkom. In die loop van sy uitspraak se FEETHAM, AR, op bl 368:
"The words to be supplied in order to give a rational meaning tothe question 'Can you blame me? need not necessarily be words asserting a fact: they may be merely words indicating a condition or supposition: 'Can you blame me if I did' (i e did try to set fire to the building)? In that case the words of attempted excuse or justification which follow would not apply specially to the, speaker himself, but generally to any soldier who might have done the act. Thus, though it is possible to interpret the words used as implying an admission of guilt,
they need /
15
they need not be so interpreted; they are capable of a rational explanation which does not include any such admission, and they are therefore not 'an unequivocal acknowledgment of guilt', which, as was decided in Rex v Becker (1929, A D 167), is what is meant by 'confession' in sec 273 of the Act."
Daar word nie in die uitspraak oorweeg of beslis dat die verklaring nie op 'n bekentenis neerkom nie omdat dit bedoel was om verskonend of verontskuldigend te wees nie. Sover dit my kennis aangaan is daar nie latere beslissings van hierdie Hof wat met bekentenisse handel (soos byv R v Xulu 1956(2) SA 288 (A) en S v Grove-Mitchell (supra) ) wat uitdruklik met hierdie vraagstuk handel of daarop lig werp nie. Daar kan gevolglik nie gesê word dat hierdie Hof reeds uitsluitsel op die punt gegee het nie.
In die /....
16In 'n hele aantal vonnisse op provinsiale vlak word die objektiewe maatstaf toegepas. In R v Kant 1933 WPA 128 op 129/130 sê GREENBERG, R:
"It seems to me that the test is not whether the accused intends to admit that he is guilty, but whether he intends to admit facts which make him guilty, whether he realises it or not".
(Kyk ook R v Kanti 1932 OD 209 op 210; R v Pakkies 1956(2) SA 145 (OD) op 147 B; S v Gumede 1963(2) SA 349 (N) op 351 E; S v Mhlangu 1972(3) SA 679 (N) op 682 G; S v Msweli 19-80(3) SA 1161 (D) op 1162 E - H-) Na my mening is 'n objektiewe benadering te verkies bo 'n subjektiewe benadering. 'n Bekentenis synde 'n ondubbelsinnige erkenning van al die bestanddele van die betrokke misdaad, gaan dit oor die feite wat 'n beskuldigde verklaar (hetsy mondeling of skriftelik) eerder as
die bedoeling /
17die bedoeling wat agter sodanige verklaring skuil. Indien die feite wat hy erken 'n onomwonde erkenning van skuld daarstel, maak dit nie saak dat hy verontskuldigend opgetree het nie. Dit sou onrealisties wees om 'n verklaring wat andersins op 'n bekentenis neerkom nie as sulks te beskou nie bloot omdat die verklaarder (miskien om een of ander onlogiese rede) dit nie as 'n bekentenis bedoel het nie. Soos Schmidt op cit op 521 dit stel, "die uitwerking van die verklaring is dus belangrik, nie die verklaarder se bedoeling daarmee nie". Soos Schmidt ook verder daarop wys, beteken die toepassing van 'n objektiewe maat= staf egter nie dat alle subjektiewe faktore buite rekening gelaat moet word nie. 'n Verklaarder se gemoedstoestand of bedoeling sal soms in aanmerking geneem moet word as een van die omringende om=
standighede /
18 standighede waarvolgens die objektiewe betekenis van sy verkla= ring vasgestel kan word. (Vgl R v Burgess 1947(1) SA 560 (D) op 565; S v Msweli (supra) op 1162 G - H.) Gevolglik moet die appellant se verklaring objek= tief beoordeel word om vas te stel of dit aan die vereistes van
'n bekentenis voldoen. (Kyk ook Landsdown and Campbell : South
African Criminal Law and Procedure : Vol V : op 866.) Daar is ook namens die appellant betoog dat by die beoordeling van die verklaring daar op die omringende omstandighede gelet moet word. In baie gevalle kan die juiste strekking van 'n verklaring alleenlik bepaal word teen die agtergrond van die heersende om= standighede - veral in die geval van 'n mondelinge verklaring wat net uit enkele woorde bestaan. Daar raag dus op omringende om=
standighede./
19standighede gelet word (kyk R v Duetsimi 1950(3) SA 674 (A) op 678 H tot 679 A, S v Nkosi 1980(3) SA 829 (A) op 843 E) met dié voorbehoud egter dat " (s )urrounding circumstances may be looked at, but only those circumstances which put the state= ment in its proper setting and which help to ascertain the true meaning of the words used" (per LUDORF, R, in S v Motara 1963 (2) SA 579 (T) op 585 A; kyk ook S v Gcaba 1965(4) SA 325 (N) op 328 H; S v January en 'n Ander 1975(3) SA 324 (T) op 328 G; S v Mokoena (supra)op 233 D). Feite waarvan 'n verklaarder ten tyde van sy verklaring nie kennis gedra hetnie moet egter buite rekening gelaat word. (Vgl S v Mokoena (supra) op 233 E). In die onderhawige geval het ons te doen met 'n volledige uiteen= setting van gebeure deur die appellant in 'n verklaring wat gemaak
is in /
20
is in antwoord op 'n mededeling dat hy van die misdaad van
huisbraak met die opset om te steel en diefstal verdink word,
en blyk daar nie enige relevante omringende omstandighede te wees wat by die uitleg van die verklaring in aanmerking geneem kan word nie.Ten einde te besluit of dit op 'n bekentenis neerkom, moet daar na die appellant se verklaring in die geheel gekyk word (S v Msweli(supra) op 1163 F; - .S v Motloung 1970 ( 3 ) SA 547 (T) op 549B; S v Mhlangu 1972(3) SA 679 (N) op 682 A - B; S v Potgieter 1983(4) SA 270 (N)rop 274 A).In die verband moet daar nie net gelet word op wat in die verklaring staan nie, maar ook wat noodwendig daardeur geïmpliseer word. (Vgl S v Msweli (supra) op 1164 B; S v Mbatha 1985(2) SA 26 (D) op 29 F.
Indien/
21
Indien die inhoud van 'n verklaring nie uitdruklik al die elemente van die misdaad erken of alle verweersgronde uitsluit nie, maar dit by noodwendige implikasie wel doen, kom die verklaring op 'n bekentenis neer. Of 'n verklaring, hetsy alleenstaande of tesame met sodanige omringende omstandighede wat regtens in aanmerking geneem kan word, vatbaar is vir 'n noodwendige implikasie sal bepaal moet word volgens die meriete van elke afsonderlike geval. Bestaan daar twyfel in dié verband is die verklaring nie 'n bekentenis nie want uit die aard van die saak bevat dit dan nie 'n onomwonde erkenning van skuld nie. (Kyk Schmidt OP cit 526.)Die appellant se verklaring moet oorweeg word aan die hand van die bogemelde beginsels. In die aanhef tot die verklaring word genotuleer dat die appellant verwittigis van die datum, tyd, plek en aard van die misdaad.
Die /
22Die appellant, ex facie die verklaring, was dus ten volle bewus waarvan hy verdink is. Die verklaring begin deur te praat van "(k)ort voor hierdie inbraak". Hierdeur word erkenning gegee aan die feit dat daar wel 'n inbraak was. Na 'n lang inleiding vertel die appellant hoedat hulle in die nag per trok na die perseel van Fagersta Steels gegaan het. Van die verklaring kan afgelei word dat dit 'n besigheids- of indus= triëleperseel is. Hy vertel dan "(o)ns het agter om die fabriek by die spoor omgery en stilgehou". Uit sy verklaring blyk dit dat hy tot op daardie tydstip nie presies geweet het wat aangaan nie. Hy gaan dan voort "Die drywer van die trok moes dit 'n ent wegsteek". Die.feit dat die trok weggesteek moes word, is reeds 'n aanduiding van onregmatige optrede. Hy
beweer / .
23beweer "(e)k wou eers nie maar is aangejaag". In die hof a quo is die gebruik van die woord "aangejaag" gesien as 'n "suggestie van dwang" en 'n aanduiding dat hy nie "vrywillig oor die muur geklim het nie". Namens die respondent is daar tereg toegegee dat die woord "aangejaag" nie noodwendig op dwang dui nie. In die samehang van die verklaring dui dit inderdaad nie daarop nie, en skep dit geensins ruimte vir 'n verweer van dwang nie. Dit beteken waarskynlik niks meer dan dat hy aangesê was om gou te maak nie. Daarna beskryf die appellant 'n klassieke inbraak deur Mabena ("Binne in die fabriek, Mabena het by 'n pyp opgeklim en by 'n venster in en die deur oopgemaak" ) , en hoedat hy (die appellant) en andere daarna goedere uit die stoor ver= wyder het. ("Mabena het gesê hierdie is die goed ons moet dit
vat /
24vat en laai. Ons het dit uitgevat en buite gepak"). Voorts vertel hy hoedat die wag opgedaag het en hulle weggehardloop het, en dat hy nie weer later teruggegaan het nie.Objektief beskou, en in die geheel gesien, kom die appellant se verklaring myns insiens neer op 'n onomwonde erken= ning van 'n handeling in ooreenstemining raet die misdaadsbeskrywing van huisbraak met die opset om te steel en diefstal. In soverre wederregtelikheidsbewussyn en skuld nie uitdruklik in sy verklaring erken word nie moet dit noodwendig geímpliseer word. Dit is duidelik dat hy besef het dat daar onregmatig opgetree word, en hy het hom ten volle daarmee vereenselwig deur hulpverlening. Nêrens opper hy enige verweer nie, en weer eens is die noodwendige implikasie in die onderhawige geval dat daar
geen /
25
geen verweersgrond bestaan nie. Sy verklaring bevat dus
erkenning van al die bestanddele van die misdaad, en sluit alle
verweersgronde uit. Dit kom derhalwe op 'n bekentenis neer wat
ontoelaatbaar is omrede dit aan 'n vredesbeampte gemaak is en nie
daarna voor 'n landdros of vrederegter in skrif herhaal is nie.
Gevolglik was daar geen of onvoldoende toelaatbare getuienis om
die appellant met die ten laste gelegde misdaad te verbind nie,
en moes hy onskuldig bevind gewees het.
Die appèl slaag, en die appellant se skuldigbevinding
en vonnis word ter syde gestel.
J W SMALBERGER APPeLREGTER
CORBETT, AR)
STEYN, Wn AR)STEM SAAM
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.