Download PDF

South Africa Judgment

Supreme Court of Appeal

Sentraalwes (Koop) Bpk v Meester van die Hooggeregshof en Andere (241/90) [1992] ZASCA 9; 1992 (3) SA 86 (AD); [1992] 2 All SA 39 (A) (5 March 1992)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

Section 88 of the Insolvency Act 24 of 1936 does not apply to special notarial bonds over specified movable property that do not confer any preference, as such bonds do not grant a statutory or common law preference over the free residue of the insolvent estate. The appellant's claim, secured by a special notarial bond, was correctly treated as a concurrent claim by the trustees, notwithstanding their erroneous reliance on section 88. The legislative intent and previous judicial interpretation confirm that only bonds conferring preference are subject to section 88, and the special notarial bond in question does not meet this criterion.

Court disposition

Appeal dismissed with costs, including costs of two counsel.

Orders

  • The appeal is dismissed with costs, including the costs of two advocates.

02

Material facts

Parties

Sentraalwes (Koöp) Bpk

Appellant Counsel: Adv Brand

Meester van die Hooggeregshof

Respondent

Leslie Neil Sackstein N O

Respondent

George Frederick Wessels N O

Respondent

Amounts and remedies

  • Bond Amount Secured: ZAR 320,000
  • Appellant's Claim Lodged: ZAR 229,398.27
  • Portion of Claim Within Two Months: ZAR 18,239.22

03

Procedural history

  1. Posture

    Civil Appeal / Appeal From Dismissal of Review Application in the Provincial Division

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellant argued that section 88 of the Insolvency Act does not apply to special notarial bonds over specified movable property that was not delivered to the bondholder and remained in the possession of the debtor until sequestration. The appellant further contended that its claim should be treated as a preferent claim against the insolvent estate, not merely as a concurrent claim.
Respondent
The respondents, acting as trustees of the insolvent estate, maintained that section 88 of the Insolvency Act applies, thereby depriving the special notarial bond of any preference since the debt was incurred more than two months before registration and sequestration occurred within six months of registration. They classified the appellant's claim as concurrent in the liquidation and distribution account.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Insolvency Act 24 of 1936, section 88

    Section 88 of the Insolvency Act aims to protect creditors from the registration of hurried bonds intended to secure a creditor at a time when the debtor's insolvency is imminent. It denies preference to bonds registered under certain conditions.

  2. 02

    Cooper N O and Others v The Master of the Supreme Court OVS and Another, unreported

    A special notarial bond over specified movable property does not confer a statutory or common law preference over the free residue of an insolvent estate.

  3. 03

    Steyn, Die Uitleg van Wette, 5th edition, 1981, p 118

    Statutory interpretation should avoid absurd results and must reflect the intention of the legislature.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

Section 88 of the Insolvency Act 24 of 1936 does not apply to special notarial bonds over specified movable property that do not confer any preference, as such bonds do not grant a statutory or common law preference over the free residue of the insolvent estate. The appellant's claim, secured by a special notarial bond, was correctly treated as a concurrent claim by the trustees, notwithstanding their erroneous reliance on section 88. The legislative intent and previous judicial interpretation confirm that only bonds conferring preference are subject to section 88, and the special notarial bond in question does not meet this criterion.

Obiter and limits

  • It would be senseless and absurd to include a special notarial bond that confers no preference within the scope of section 88, as the legislature cannot be presumed to intend an absurd result.
  • The heading of section 88, 'Certain bonds are invalid', is technically inconsistent with its content, as the section does not invalidate the bond but merely denies preference.

Court disposition

Appeal dismissed with costs, including costs of two counsel.

  • The appeal is dismissed with costs, including the costs of two advocates.

Source and reliance status

Supreme Court of Appeal

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Supreme Court of Appeal

Judgment

[1992] ZASCA 9

Saaknommer: 241/90

SENTRAALWES (Koöp) BPK Appellant

en

DIE MEESTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF Eerste Respondent

LESLIE NEIL SACKST2IN N O Tweede Respondent

GEORGE FREDERICK WESSELS N O Derde Respondent

JOUBERT, AR .

1

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING

In die saak tussen:

enDIE MEESTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF Eerste RespondentLESLIE NEIL SACKSTEIN N O Tweede RespondentGEORGE FREDERICK WESSELS N O Derde Respondent

Coram: JOUBERT, E M GROSSKOPF, VIVIER, F H GROSSKOPF,ARR et VAN COLLER Wnd AR. Verhoor: 7 November 1991 Gelewer: 5 Maart 1992

/2 2

UITSPRAAKJOUBERT, AR :Hierdie is 'n appèl teen die afwysing deur OLIVIER R (met wie SMUTS R P saamgestem het) van die appellant se aansoek teen die respondente in die Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling. Met verlof van die Hof a quo kom die appellant tans in hoër beroep na hierdie Hof.Op 29 Junie 1987 het ene J.B Ferreira as verbandgewer h spesiale notariële verband oor sy bepaalde roerende sake, soos in Bylae A daartoe beskryf, laat verly ter versekering van h skuld ten bedrae van R320 000-00 deur hom aan die appellant ("Sentraalwes") as verbandhouer verskuldig. Die verbandakte wat op 14 Julie 1987 by die Akteskantoor te Bloemfontein vir registrasie ingedien is, is op 21 Julie 1987 geregistreer.

Die boedel van J.B. Ferreira is op 10

/3 3

September 1987 gesekwestreer. Die beswaarde roerende bates was nie aan Sentraalwes gelewer toe die spesiale notariele verband aangegaan is nie en was steeds in sy besit tot by die sekwestrasie van sy boedel.Sentraalwes het op grond van die spesiale notariële verband 'n eis van R229 398-27 as 'n preferente vordering teen die insolvente boedel ingedien. Die tweede en derde respondente het as mede-trustees van die insolvente boedel die vordering van Sentraalwes in hul tweede en finale likwidasie-en distribusierekening as 'n konkurrente vordering aangetoon. Hulle standpunt was dat die spesiale notariële verband deur die bepalings van art 88 van die Insolvensiewet 24 van 1936 getref word sodat dit op geen preferensie geregtig is nie. Hierteen het Sentraalwes op 23 November 1988 beswaar gemaak maar dit is deur die tweede en derde respondente verwerp. Die eerste respondent het op 8 Februarie 1989 die beswaar

/4

4.van Sentraalwes verwerp.Sentraalwes het in terme van art 111(2)(a) van die Insolvensiewet 24 van 1936 die eerste respondent se beslissing op hersiening in die Hof a quo geneem by wyse van 'n aansoek, gedateer 3 Maart 1989. OLIVIER R (met wie SMUTS R P saamgestem het) het die aansoek met koste van die hand gewys.In die Hof a quo is onderskei tussen 'n gedeelte van die eis (R18 239-22) wat binne 2 maande voor die indiening van die spesiale notariële verband vir registrasie aangegaan is en die balans van die eis wat meer as 2 maande voor sodanige indiening aangegaan is. Adv Brand het namens Sentraalwes in hierdie Hof vir doeleindes van die appél aanvaar dat die hele verbandskuld meer as 2 maande voor sodanige indiening aangegaan is. Dit was gemene saak dat die boedel van die verbandgewer binne 6 maande nadat die verband vir

/5 5

registrasie ingedien is, gesekwestreer is.

Voor hierdie Hof is die eerste geskilpunt of art 88 van die Insolvensiewet 24 van 1936 toepaslik is op 'n spesiale notariële verband van bepaalde roerende sake wat nie aan Sentraalwes as verbandhouer gelewer is nie maar in die besit van die verbandgewer gebly het totdat sy boedel gesekwestreer is.Art 88 van die Insolvensiewet 24 van 1936 lui soos volg:

"'n Ander verband as 'n kustingsbrief (onverskillig of dit spesiaal dan wel algemeen is), gepasseer tot versekering van die betaling van 'n voorheen onversekerde skuld wat aangegaan is meer as twee maande voor die indiening van die verband by die betrokke registrateur van aktes om geregistreer te word of tot versekering van die betaling van skuld wat aangegaan is as 'n novasie of tot vervanging

/6 6

van so 'n eersbedoelde skuld, verleen geen preferensie nie as die boedel van die verbandskuldenaar gesekwestreer word binne 'n tydperk van ses maande na daardie indiening: Met dien verstande dat 'n verband beskou word nie soas voormeld ingedien te geword het nie, as dit weer aan die registrasie onttrek is."

Die oogmerk van die wetgewer met art 88

is duidelik, nl. om die skuldeisers van 'n insolvent te beskermteen die registrasie van "hurried bonds" wat daarop gerig

is om aan h skuldeiser saaklike sekerheid deur middel van'n verband te verleen waar die registrasie daarvan plaasvindop 'n stadium toe die insolvensie van die verbandgewer as 'tware voorhande is. Vergelyk Nathan, South African InsolvencyLaw, 4e uitgawe, 1936, p 307. Hierdie oogmerk wordbereik deur te verorden dat 'n algemene of spesiale verband

(anders as 'n kustingsbrief) geen preferensie by die sekwestrasievan die verbandgewer se boedel verleen nie indien daar aan

/7 7

twee vereistes voldoen word, te wete (1) waar dit dien tot versekering van h onversekerde skuld wat aangegaan is meer as 2 maande voor die indiening van die betrokke verband vir registrasie daarvan by 'n akteskantoor en (2) waar die boedel van die verbandgewer binne 6 maande na sodanige indiening gesekwestreer word. Die opskrif van art 88 is "Sekere verbande is ongeldig" maar dit is tegnies nie in ooreenstemming met die inhoud van art 88 nie. Sien ook Joint Liquidators of Glen Anil Development Corporation Ltd (In Liquidation) v Hill Samuel (S A) Ltd, 1982(1) SA 103 (A) op p 11 1H. Die verbande wat deur art 88 getref word se preferensie word ontneem maar die vorderinge van die verbandskulde waarop hul betrekking het, kan by 'n concursus creditorum t.o.v. die vrye oorskot met ander konkurrente vorderinge meedoen.

Toe art 88 op 1 Julie 1936 in werking getree het, het De Wet op Registratiekantoren 13 van 1918

/8 8

reeds sedert 1 Januarie 1919 voorsiening gemaak vir die registrasie van 'n spesiale verband (mortgage bond) oor bepaaldeonroerende sake asook "general and special" notariële verbande. Die algemene notariële verband het al die roerende sake van 'n verbandgewer verbind terwyl die spesiale notariële verband slegs bepaalde roerende sake verbind het. Die Registrasie van Aktes Wet 47 van 1937 wat sedert 1 September 1937 geld, het dieselde indeling van verbande met dieselfde omskrywings behou.'n Spesiale verband oor bepaalde onroerende sake verleen volgens die Insolvensiewet 24 van 1936 'n versekerde vordering oor die beswaarde sake se opbrengs sowel as 'n preferensie volgens die omskrywing van "sekuriteit" in art 2 gelees met art 95(1).

'n Algemene notariële verband verleen volgens art 102 van die Insolvensiewet 24 van 1936 wat die vrye oorskot

/9 9

betref wel 'n preferensie bo konkurrente skuldeisers se vorderings. Raadpleeg die beslissing van hierdie Hof in Cooper N O en Andere v Die Meester van die Hooggeregshof O V S en 'n Ander, ongerapporteer.Insolvensiewet 24 van 1936 verleen nie 'n preferensie aan 'n spesiale notariële verband nie. Laasgenoemde verleen volgens hierdie Hof se beslissing in die Cooper-saak (supra) ook nie 'n gemeenregtelike preferensie oor die besware sake t.o.v. die vrye oorskot nie.Waar 'n spesiale notariele verband geen preferensie verleen nie, sou dit sinneloos en absurd wees om dit binne die kader van art 88 te betrek. Dit sou in stryd wees met die vermoede dat die wetgewer nie 'n absurde gevolg beoog nie. (Steyn, Die Uitleg van Wette, 5e uitgawe

/10 10

1981, p 118). Myns insiens is art 88 derhalwe nie toepaslik op die onderhawige spesiale notariële verband nie. Dit is egter nie die einde van die aangeleentheid nie want daar is 'n tweede geskilpunt.Die tweede geskilpunt is of die onderhawige notariële verband 'n preferensie bo konkurrente skuldeisers se vorderings t.o.v. die vrye oorskot verleen. Volgens die beslissing van hierdie Hof in die Cooper-saak (supra) moet hierdie geskilpunt ontkennend beantwoord word. Die tweede en derde respondente het derhalwe tereg in hul tweede en finale likwidasie- en distribusierekening die vordering van Sentraalwes as 'n konkurrente vordering aangetoon - al was hul beroep op art 88 as grond daarvoor foutief.

/11 11

Die resultaat is dat die appèl van die hand gewys word met koste wat die koste van twee advokate insluit.

C P JOUBERT AR.

E M GROSSKOPF ARVIVIER AR stem saam. F H GROSSKOPF AR VAN COLLER Wn AR

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

Cooper N O and Others v The Master of the Supreme Court OVS and Another, unreported

Case cited

Joint Liquidators of Glen Anil Development Corporation Ltd (In Liquidation) v Hill Samuel (S A) Ltd, 1982 (1) SA 103 (A)

Case cited

Insolvency Act 24 of 1936

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Registratiekantoren 13 van 1918

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Registratie van Aktes Wet 47 van 1937

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.