Steyn v S (A480/2011) [2012] ZAWCHC 106 (10 February 2012)
- Citation
- [2012] ZAWCHC 106
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Western Cape High Court, Cape Town
- Panel
- Allie, Henney
- Case number
- A480/2011
More details
- Court
- Western Cape High Court, Cape Town
- Panel
- Allie, Henney
- Case number
- A480/2011
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court found that the appellant's use of the word "hotnot" was objectively insulting and intended to violate the dignity of Lamini, thus constituting crimen injuria. The evidence did not support the appellant's claim that he was threatened or acted in self-defence; his conduct was not reasonable or necessary under the circumstances. The complainants' actions did not justify the appellant's response, and the appellant's version failed to raise reasonable doubt regarding the State's case. The court held that the magistrate was correct in accepting the complainants' evidence and rejecting the appellant's version. Accordingly, the appeal against conviction was dismissed.
Court disposition
Appeal dismissed; conviction upheld.
Orders
- The appeal is dismissed.
- The convictions for crimen injuria, assault, and malicious damage to property are confirmed.
02
Material facts
Parties
Johannes Steyn
AppellantDie Staat
Respondent03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Appeal Against Conviction
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the appellant's conduct constituted crimen injuria, assault, and malicious damage to property.
- 02
Whether the appellant acted in self-defence when interacting with the complainants.
- 03
Whether the magistrate erred in accepting the complainants' version over that of the appellant.
Party arguments
- Applicant
- The appellant argued that the magistrate erred by rejecting his version and accepting the complainants' evidence. He relied on the Protocol for Access to Farms to justify his conduct, claiming he believed the complainants were attacking him. He denied using the word "hotnot" in a racist manner, asserting it was meant to indicate that Lamini should not behave like a "tsotsi". He further claimed to have acted in self-defence and that his actions were reasonable under the circumstances.
- Respondent
- The State contended that the appellant insulted and assaulted Lamini when he arrived at the appellant's farm, and maliciously damaged Daniel Hannes's Nissan X-Trail by pushing it off the property with a tractor. The State argued that the appellant's version was not supported by the evidence and that the complainants' conduct did not justify the appellant's actions. The State maintained that the use of the word "hotnot" was objectively insulting and constituted crimen injuria, and that the appellant's claim of self-defence was not credible.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Snyman, Criminal Law (5th edition) at p. 457
Crimen injuria is the unlawful, intentional and serious violation of the dignity or privacy of another.
- 02
S v Ntuli 1975 (1) SA 429 (A)
A person relying on self-defence must prove that their conduct was reasonable and the only way out in the circumstances.
- 03
S v Steyn 2010 (1) SACR 411 (A)
The accused must show that there was a real threat and that the response was proportionate to the threat.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court found that the appellant's use of the word "hotnot" was objectively insulting and intended to violate the dignity of Lamini, thus constituting crimen injuria. The evidence did not support the appellant's claim that he was threatened or acted in self-defence; his conduct was not reasonable or necessary under the circumstances. The complainants' actions did not justify the appellant's response, and the appellant's version failed to raise reasonable doubt regarding the State's case. The court held that the magistrate was correct in accepting the complainants' evidence and rejecting the appellant's version. Accordingly, the appeal against conviction was dismissed.
Obiter and limits
- The court noted that the use of racially derogatory terms, especially by members of the white group against so-called coloured persons, is inherently insulting and cannot be justified in contemporary South Africa.
- The court observed that the appellant's attempt to justify the use of the word "hotnot" as non-racist was unconvincing and amounted to stereotyping.
- The court remarked that the appellant's conduct did not align with the expected behaviour of someone genuinely acting in self-defence.
Court disposition
Appeal dismissed; conviction upheld.
- The appeal is dismissed.
- The convictions for crimen injuria, assault, and malicious damage to property are confirmed.
Source and reliance status
Western Cape High Court, Cape Town
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Western Cape High Court, Cape Town
Judgment
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA
(KAAP DIE GOEIE HOOP AFDELING)
Saak Nr.: A480/2011
In die appel tussen
JOHANNES STEYN ….........................................................................................................................Appellant
TEEN
DIE STAAT …..................................................................................................................................Respondent
UITSPRAAK GELEWER: VRYDAG, 10 FEBRUARIE 2012 Allie, R [1] Appellant kom nou in hoer beroep teen sy skuldigbevinding op crimen injuria, aanranding en opsetlike saakbeskadiging. [2] Die appellant het onskuldig gepleit in die landdroshof en het regsverteenwoordiging gehad. [3J Die staat beweer dat die appellant die klaer, Lamini, lelik gevloek en beledig het toe Lamini op appellant se plaas aankom met die klaer, Daniel Hannes, om horn uit te vra oor die papiere van 'n bakkie wat appellant vir Lamini gegee het in mil vir 'n skrapermasjien. Verder is dit die staat se saak dat appellant Mnr Lamini aangerand het deur horn met 'n houtknuppel te druk teen sy bors en die Nissan motor se deur teen sy linker enkel vas te druk. Die aanklag van opsetlike saakbeskadiging gaan oor die Nissan X-Trail motorvoertuig van Daniel Hannes wat appellant na bewering met sy trekker af sy plaas gestoot het en sodoende beskadig het. [4] Namens die appellant word daar beweer dat die landdros fouteer het toe hy die appellant se weergawe verwerp en die klaers se getuienis
aanvaar. Appellant maak staat op die Protokol vir toe gang tot Plase om sy optrede te regverdig in die iig van aanvalle op plase. Daar is geen getuienis oor die regsgeldigheid van die protokol nie. Die appellant se weergawe dat hy geglo het dat die klaers horn kom aanval op sy plaas word nie gestaaf deur die optrede van beide Lamini en Hannes nie. Hierdie argument strook nie met die getuienis van beide klaers nie. [5] Dit is ook gemeensaak dat die appellant die klaer, Lamini voorheen geken het, derhalwe is dit heel onwaarskynlik dat appellant sou dink dat Lamini horn kom aanval op sy plaas veral omdat hy, na bewering, die appellant voorheen gevra het vir die bakkie se lisensie papiere. Hy beweer ook dat hy beseer was in die voorval en steun op 'n foto wat ligte krapmerke op sy arms toon. Die fotograaf het self nie kom getuig nie en daar is geen bewys oor wanneer die foto geneem was nie. [6] Daar is enkele verskille tussen die getuienis van Lamini en Hannes wat soos volg lui. Lamini se nadat hy appellant gegroet het, het appellant skielik horn beledig en gevloek. Hannes se dat appellant Lamini gevra het om sy plaas te verlaat. Volgens
Hannes, het appellant Lamini ook beledig. Hannes getuig dat appellant horn gevra het om sy voertuig van sy plaas te verwyder. Hannes se die hek van die plaas was toe terwyl Lamini se dit was oop toe appellant hulle uitstoot in die Nissan X-Trail. [7] Soos in die verhoorhof, word daar nog steeds namens appellant betoog dat hy in noodweer opgetree het. [8] Al aanvaar die hof dat appellant Lamini gevra het om sy plaas te verlaat, regverdig Lamini se versuim om onmiddelik daaraan te voldoen nie appellant se optrede nie. Crimen Injuria [9] Gedurende sy getruienis in hoof, se die appellant indien hy die woord "hotnot" gebruik het, het hy dit nie op 'n rasistiese manier gebruik nie, maar wou hy slegs aandui dat Lamini horn nie soos 'n tsotsi moet gedra nie. [10] Die misdaad van Crimen Injuria word soos volg beskyf deur Snyman in Strafreg (vyfde uitgawe) of bl. 457: ".: die wederregtelike, opsetlike en ernstige aantasting van die waardigheid of privaatheid van 'n ander." [11] Daar is geen argument uit te maak dat die gebruik van hierdie woord nie 'n aantasting van 'n persoon se waardigheid is nie. [12] Voorts gaan rasse terminologie gebruik word om die historiese verwysing na verskiliende groepe te verduidelik. [13] Hierdie woorde was gewoonlik gedurende die apartheidsjare gebruik deur mense van die sogenaamde biankegroep op 'n neerhalende wyse veral teenoor sogenaamde kleurling mense
en was daarop gemik orn die menswaardigheid en eer van sodanige groep te skend en te ondermyn. Daarom kan geen regdenkende Suid-Afrikaner vandag nog aanvoer dat die gebruik van sulke woorde teenoor 'n sogenaamde kleurling veral wanneer dit geuiter word deur iemand van die sogenaamde blanke groep nie 'n sodanige persoon se eer en waardigheid skend nie. [14] Die klaer Lamini getuig in hoof oor die woorde geuiter deur appellant soos volg: "... jou slim Boesman. Jy is mos n donnerse slim Hotnot." Verder getuig Lamini: "... maar even soos ek nou hier staan, as ek dink aan dit, ek voel nou nog seer" [15] Die hof moet ook noem dat die appellant gedurende kruisondervraging sy gebruik van die woord "hotnot" probeer regverdig deur om te se dat in die Vrystaat word dit gebruik nie as 'n rasistiese opmerking nie, maar as 'n verwysing na 'n "tsotsi". Die woord "tsotsi" word gebruik om 'n boef te beskryf. Wanneer growwe gedrag toegeskryf word aan 'n persoon deur die gebruik van 'n woord wat histories gebuik was om 'n ras groep te verneder kom dit neer op stereotipering. Derhalwe kom die gebruik van die woord "hotnot" neer op crimen injuria. [16] Dit is duidelik uit hierdie getuienis dat die klaer subjektief verneder voel. Gesien in die lug van hoe die woord histories gebruik was en hoe dit in hierdie geval gebruik was, is dit duidelik objektief gesproke, gebruik om die klaer te verneder. Derhalwe is ek van mening dat appellant se getuienis, saam gevat met die getuienis van Lamini en Hannes, dui aan dat appellant inderdaad
horn skuldig gemaak het aan Crimen Injuria. Opsetlike saakbeskadiging en aanranding [17] Die appellant se getuienis oor waarom hy gedreig gevoel het in die teenwoordigheid van Lamini is dat die motor van Hannes die uitgang versper het en Lamini het op horn geskreeu en wou nie sy plaas verlaat nie. Namens appellant maak sy regsverteenwoordiger die stelling aan Lamini dat sy weergawe nie strook met normale mensiike ervaring nie. Dit is 'n geval waar die optrede van appellant inderdaad nie strook met normale mensiike optrede nie. [18] Die appellant het na die Nissan motor toe gestap en die deur probeer toe maak terwyl Lamini se voet nog buite die motor was. Dit is nie die optrede van 'n persoon wat gedreig was deur Lamini of wat geglo het dat Lamini horn enige oomblik sou aanval nie. 'n Persoon wat gedreig was en gevrees het vir sy veiligheid sou nie die beweerde aanvaller nader tot by sy motor nie. [19] Wanneer 'n beskuldigde steun op noodweer, moet hy bewys dat sy optrede redelik was en die enigste uitweg was in die omstandighede. [sien: S v Ntuli 1975 (1) SA 429 (A) en S v Steyn 2010 (1) SASV 411 (A). Die appellant het dit nie bewys nie. Beide klaers se die appellant kon wegkorn indien hy wou. Die appellant was gewapen terwyl die klaers nie wapens gehad het nie. Lamini het op die aanval op horn gereageer deur om agteruit te beweeg en terug in die motor te klim. Dit is nie die optrede van 'n persoon wat die appellant wou aanval nie. [20] Appellant se optrede strook nie met die regsverdigheidsgrond van noodweer nie. [21] Na my mening, het die staat die bewyslas gekwyt. Die appellant se weergawe skep glad nie redelike twyfel op die staat se saak nie. [22] Die appel word van die hand gewys. ALLIE, R Ek stem saam HENNEY, R
UITSPRAAK GELEWER: VRYDAG, 10 FEBRUARIE 2012
Allie, R
[1] Appellant kom nou in hoer beroep teen sy skuldigbevinding op crimen injuria, aanranding en opsetlike saakbeskadiging.
[2] Die appellant het onskuldig gepleit in die landdroshof en het regsverteenwoordiging gehad.
[3J Die staat beweer dat die appellant die klaer, Lamini, lelik gevloek en beledig het toe Lamini op appellant se plaas aankom met die klaer, Daniel Hannes, om horn uit te vra oor die papiere van 'n bakkie wat appellant vir Lamini gegee het in mil vir 'n skrapermasjien. Verder is dit die staat se saak dat appellant Mnr Lamini aangerand het deur horn met 'n houtknuppel te druk teen sy bors en die Nissan motor se deur teen sy linker enkel vas te druk. Die aanklag van opsetlike saakbeskadiging gaan oor die Nissan X-Trail motorvoertuig van Daniel Hannes wat appellant na bewering met sy trekker af sy plaas gestoot het en sodoende beskadig het.
[4] Namens die appellant word daar beweer dat die landdros fouteer het toe hy die appellant se weergawe verwerp en die klaers se getuienis
aanvaar. Appellant maak staat op die Protokol vir toe gang tot Plase om sy optrede te regverdig in die iig van aanvalle op plase. Daar is geen getuienis oor die regsgeldigheid van die protokol nie. Die appellant se weergawe dat hy geglo het dat die klaers horn kom aanval op sy plaas word nie gestaaf deur die optrede van beide Lamini en Hannes nie. Hierdie argument strook nie met die getuienis van beide klaers nie.
[5] Dit is ook gemeensaak dat die appellant die klaer, Lamini voorheen geken het, derhalwe is dit heel onwaarskynlik dat appellant sou dink dat Lamini horn kom aanval op sy plaas veral omdat hy, na bewering, die appellant voorheen gevra het vir die bakkie se lisensie papiere. Hy beweer ook dat hy beseer was in die voorval en steun op 'n foto wat ligte krapmerke op sy arms toon. Die fotograaf het self nie kom getuig nie en daar is geen bewys oor wanneer die foto geneem was nie.
[6] Daar is enkele verskille tussen die getuienis van Lamini en Hannes wat soos volg lui. Lamini se nadat hy appellant gegroet het, het appellant skielik horn beledig en gevloek. Hannes se dat appellant Lamini gevra het om sy plaas te verlaat. Volgens
Hannes, het appellant Lamini ook beledig. Hannes getuig dat appellant horn gevra het om sy voertuig van sy plaas te verwyder. Hannes se die hek van die plaas was toe terwyl Lamini se dit was oop toe appellant hulle uitstoot in die Nissan X-Trail.
[7] Soos in die verhoorhof, word daar nog steeds namens appellant betoog dat hy in noodweer opgetree het.
[8] Al aanvaar die hof dat appellant Lamini gevra het om sy plaas te verlaat, regverdig Lamini se versuim om onmiddelik daaraan te voldoen nie appellant se optrede nie.
Crimen Injuria
[9] Gedurende sy getruienis in hoof, se die appellant indien hy die woord "hotnot" gebruik het, het hy dit nie op 'n rasistiese manier gebruik nie, maar wou hy slegs aandui dat Lamini horn nie soos 'n tsotsi moet gedra nie.
[10] Die misdaad van Crimen Injuria word soos volg beskyf deur Snyman in Strafreg (vyfde uitgawe) of bl. 457: ".: die wederregtelike, opsetlike en ernstige aantasting van die waardigheid of privaatheid van 'n ander."
[11] Daar is geen argument uit te maak dat die gebruik van hierdie woord nie 'n aantasting van 'n persoon se waardigheid is nie.
[12] Voorts gaan rasse terminologie gebruik word om die historiese verwysing na verskiliende groepe te verduidelik.
[13] Hierdie woorde was gewoonlik gedurende die apartheidsjare gebruik deur mense van die sogenaamde biankegroep op 'n neerhalende wyse veral teenoor sogenaamde kleurling mense en was daarop gemik orn die menswaardigheid en eer van sodanige groep te skend en te ondermyn. Daarom kan geen regdenkende Suid-Afrikaner vandag nog aanvoer dat die gebruik van sulke woorde teenoor 'n sogenaamde kleurling veral wanneer dit geuiter word deur iemand van die sogenaamde blanke groep nie 'n sodanige persoon se eer en waardigheid skend nie.
[14] Die klaer Lamini getuig in hoof oor die woorde geuiter deur appellant soos volg:
"... jou slim Boesman. Jy is mos n donnerse slim Hotnot." Verder getuig Lamini: "... maar even soos ek nou hier staan, as ek dink aan dit, ek voel nou nog seer"
[15] Die hof moet ook noem dat die appellant gedurende kruisondervraging sy gebruik van die woord "hotnot" probeer regverdig deur om te se dat in die Vrystaat word dit gebruik nie as 'n rasistiese opmerking nie, maar as 'n verwysing na 'n "tsotsi". Die woord "tsotsi" word gebruik om 'n boef te beskryf. Wanneer growwe gedrag toegeskryf word aan 'n persoon deur die gebruik van 'n woord wat histories gebuik was om 'n ras groep te verneder kom dit neer op stereotipering. Derhalwe kom die gebruik van die woord "hotnot" neer op crimen injuria.
[16] Dit is duidelik uit hierdie getuienis dat die klaer subjektief verneder voel. Gesien in die lug van hoe die woord histories gebruik was en hoe dit in hierdie geval gebruik was, is dit duidelik objektief gesproke, gebruik om die klaer te verneder. Derhalwe is ek van mening dat appellant se getuienis, saam gevat met die getuienis van Lamini en Hannes, dui aan dat appellant inderdaad
horn skuldig gemaak het aan Crimen Injuria.
Opsetlike saakbeskadiging en aanranding
[17] Die appellant se getuienis oor waarom hy gedreig gevoel het in die teenwoordigheid van Lamini is dat die motor van Hannes die uitgang versper het en Lamini het op horn geskreeu en wou nie sy plaas verlaat nie. Namens appellant maak sy regsverteenwoordiger die stelling aan Lamini dat sy weergawe nie strook met normale mensiike ervaring nie. Dit is 'n geval waar die optrede van appellant inderdaad nie strook met normale mensiike optrede nie.
[18] Die appellant het na die Nissan motor toe gestap en die deur probeer toe maak terwyl Lamini se voet nog buite die motor was. Dit is nie die optrede van 'n persoon wat gedreig was deur Lamini of wat geglo het dat Lamini horn enige oomblik sou aanval nie. 'n Persoon wat gedreig was en gevrees het vir sy veiligheid sou nie die beweerde aanvaller nader tot by sy motor nie.
[19] Wanneer 'n beskuldigde steun op noodweer, moet hy bewys dat sy optrede redelik was en die enigste uitweg was in die omstandighede. [sien: S v Ntuli 1975 (1) SA 429 (A) en S v Steyn 2010 (1) SASV 411 (A). Die appellant het dit nie bewys nie. Beide klaers se die appellant kon wegkorn indien hy wou. Die appellant was gewapen terwyl die klaers nie wapens gehad het nie. Lamini het op die aanval op horn gereageer deur om agteruit te beweeg en terug in die motor te klim. Dit is nie die optrede van 'n persoon wat die appellant wou aanval nie.
[20] Appellant se optrede strook nie met die regsverdigheidsgrond van noodweer nie.
[21] Na my mening, het die staat die bewyslas gekwyt. Die appellant se weergawe skep glad nie redelike twyfel op die staat se saak nie.
[22] Die appel word van die hand gewys.
ALLIE, R
Ek stem saam
HENNEY, R
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.