Download PDF

South Africa Judgment

Free State High Court, Bloemfontein

Van der Walt NO en Ander v Piet Bester Makelaars Bk en Ander (4359/2010) [2010] ZAFSHC 160 (9 December 2010)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found that the first applicant's claim for delivery and debate of accounts is supported by the employment contract, specifically clauses 22 and 24, which provide for reconciliation upon termination of service. Although the particulars of claim do not expressly reference the contractual right, the nature of the dispute and the contract's provisions render the claim not excipiable. In contrast, the second applicant's claim for payment of the insurance policy proceeds lacks essential allegations regarding the basis of entitlement, the existence and acceptance of a stipulatio alteri, and whether the policy has been paid out. The particulars of claim are thus excipiable and must be struck out, with leave granted to amend within 30 days.

Court disposition

First respondent's exception to the first applicant's claim is dismissed. First respondent's exception to the second applicant's claim is upheld. Second applicant's particulars of claim are struck out, with leave to amend within 30 days.

Orders

  • First respondent's exception to the first applicant's claim for delivery and debate of accounts is dismissed.
  • First respondent's exception to the second applicant's claim for payment of R1,000,000 is upheld.
  • Second applicant's particulars of claim are struck out.
  • Leave is granted to the second applicant to amend her particulars of claim within 30 days.
  • No order as to costs.

02

Material facts

Parties

Hugo Eunomy van der Walt N.O.

Applicant Counsel: A. J. R. van Rhyn SC

Johanna Elizabeth van der Walt

Applicant Counsel: A. J. R. van Rhyn SC

Piet Bester Makelaars BK

Respondent Counsel: C. Ploos van Amstel SC

Old Mutual Life Assurance Company (South Africa) BPK

Respondent

Amounts and remedies

  • Claimed Insurance Policy Proceeds: ZAR 1,000,000

03

Procedural history

  1. Posture

    Civil Procedure / Exception Hearing

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
Counsel for the applicants argued that clause 24 of the employment contract expressly provides for a reconciliation upon termination of service, which legally entails delivery and debate of accounts. The introductory part of clause 22 also refers to reconciliation, supporting the claim for delivery and debate of accounts. Regarding the insurance policy, it was contended that the second applicant, as the widow, is entitled to the proceeds by virtue of a cession or stipulatio alteri, and her acceptance of the benefit can be inferred from her claim.
Respondent
Counsel for the first respondent argued that the first applicant does not allege any contractual or other right to demand delivery and debate of an account, nor any breach of contractual obligations under clause 22 of the employment contract. Regarding the second applicant, the respondent submitted that essential allegations are missing from the particulars of claim, including the basis for the first respondent's liability for payment of R1 million, and that the claim is premature as there is no allegation that the policy has been paid out. Furthermore, the second applicant has not pleaded that she was party to any agreement entitling her to the proceeds, nor the acceptance of the benefit as required for a stipulatio alteri.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    ABSA Bank Bpk v Janse van Rensburg 2002 (3) SA 701 (SCA) para [15]

    Delivery and debate of account may only be claimed where there is a fiduciary relationship, statutory obligation, or contractual undertaking.

  2. 02

    Cowley and Another v Hahn 1987 (1) SA 440 (O) at 449C–F

    A stipulatio alteri requires acceptance of the benefit by the third party to be enforceable.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found that the first applicant's claim for delivery and debate of accounts is supported by the employment contract, specifically clauses 22 and 24, which provide for reconciliation upon termination of service. Although the particulars of claim do not expressly reference the contractual right, the nature of the dispute and the contract's provisions render the claim not excipiable. In contrast, the second applicant's claim for payment of the insurance policy proceeds lacks essential allegations regarding the basis of entitlement, the existence and acceptance of a stipulatio alteri, and whether the policy has been paid out. The particulars of claim are thus excipiable and must be struck out, with leave granted to amend within 30 days.

Obiter and limits

  • The practical effect of the costs order is that no costs order should be made, as the time spent on both exceptions was roughly equal and costs should follow the success or failure of each exception.
  • The facts pleaded do not allow the inference that the second applicant accepted the benefit under the stipulatio alteri, distinguishing this case from Cowley and Another v Hahn.

Court disposition

First respondent's exception to the first applicant's claim is dismissed. First respondent's exception to the second applicant's claim is upheld. Second applicant's particulars of claim are struck out, with leave to amend within 30 days.

  • First respondent's exception to the first applicant's claim for delivery and debate of accounts is dismissed.
  • First respondent's exception to the second applicant's claim for payment of R1,000,000 is upheld.
  • Second applicant's particulars of claim are struck out.
  • Leave is granted to the second applicant to amend her particulars of claim within 30 days.
  • No order as to costs.

Source and reliance status

Free State High Court, Bloemfontein

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Free State High Court, Bloemfontein

Judgment

[2010] ZAFSHC 160

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

Saak Nr.: 4359/2010

In die saak tussen:

HUGO

EUNOMY VAN DER

WALT N.O. ...................................................1ste Respondent/1ste Eiser

JOHANNA

ELIZABETH VAN

DER WALT ....................................................2de Respondent/2de Eiser

en

PIET BESTER MAKELAARS BK ..................Eksipiënt/1ste Verweerder

OLD

MUTUAL LIFE ASSURANCE

COMPANY(SOUTH AFRICA) BPK …...........................2de Verweerder

_____________

UITSPRAAK: KRUGER, R

AANGEHOOR OP: 3 DESEMBER 2010

GELEWER OP: 9 DESEMBER 2010

[1] Eerste verweerder eksipieer teen sowel eerste eiser as tweede eiser se eise. Twee afsonderlike eksepsies is op 1 Oktober 2010 geliasseer. Eerste eiser is die eksekuteur in die boedel van Cornelis Stephanus Eunomy van der Walt (die oorledene). Tweede eiser is oorledene se weduwee. Eerste verweerder (eksipiënt) is ‘n beslote korporasie vir wie oorledene as makelaar gewerk het vanaf 6 November 2006 tot sy dood op 21 Mei 2010. Die verhouding tussen oorledene en eksipiënt was gereël deur ‘n skriftelike dienskontrak wat by die stukke aangeheg is.

[2] Eerste eiser se eis teen eksipiënt is vir die lewering en debatering van ‘n rekening wat aantoon welke bedrae tussen oorledene en eerste verweerder verskuldig is. Tweede eiser se eis teen eksipiënt is vir betaling van die opbrengs van ‘n versekeringspolis wat eksipiënt op oorledene se lewe uitgeneem het.

Eerste Eksepsie: Debatering van rekening

[3] Die eksepsie teen eerste eiser se eis vir lewering en debatering van ‘n rekening is dat eerste eiser geen kontraktuele of ander reg beweer om lewering en debatering van ‘n rekening te eis nie.

[4] Mnr Ploos van Amstel steun op ABSA BANK BPK v JANSE VAN RENSBURG 2002 (3) SA 701 (HHA) par [15], waar beslis is dat daar slegs drie gevalle is waar debatering van ‘n rekening geëis kan word, naamlik

waar daar ‘n vertrouensverhouding tussen die partye is, ‘n statutêre verpligting of waar die party hom kontraktueel tot debatering van ‘n rekening verbind het. In die huidige geval steun die eerste eiser op die kontrak tussen die partye vir sy eis om debatering van ‘n rekening. Mnr Ploos van Amstel voer aan dat eerste eiser nie beweer dat eksipiënt nagelaat het om te voldoen aan enige van sy kontraktuele verpligtinge of sy verpligtinge onder klousule 22 van die dienskontrak nie.

[5] In sy antwoord verwys Mnr Van Rhyn, namens eisers, daarna dat klousule 24 van die dienskontrak spesifiek voorsiening maak dat na diensbeëindiging ‘n verrekening gedoen word. Mnr Van Rhyn sê die verrekening word regtens gedoen by wyse van lewering en debatering van rekeninge. Hy verwys ook na die inleidende deel van klousule 22 van die dienskontrak wat verrekening uitdruklik noem:

“Nademaal Piet Bester Makelaars en die Makelaar bewus is daarvan dat daar, na beëindiging van hierdie Ooreenkoms, transaksies ten voordele/nadele van beide partye kan plaasvind en dat sodanige transaksies vir ‘n geruime tyd na beëindiging van die Ooreenkoms kan voorkom, en aangesien beide partye begerig is om hierdie onsekere toestand te vermy, kom die partye ooreen dat by beëindiging van hierdie Ooreenkoms, hetsy deur bedanking, ontslag of andersins, daar soos volg deur Piet Bester Makelaars

opgetree sal word ten opsigte van die vasstelling en verrekening kragtens die Ooreenkoms en/of vordering of betaling van bedrae deur die Makelaar aan Piet Bester Makelaars verskuldig of die bedrae deur Piet Beste Makelaars aan die Makelaar verskuldig.”

[6] Verrekening is ‘n uitvloeisel van die kontrak tussen die partye. Verrekening impliseer lewering en debatering van rekeninge. Die feit dat die Besonderhede van Eis nie uitdruklik na die kontraktuele reg tot lewering en debatering van die rekening verwys nie, maak in die lig van die aard van die geding, waar oorledene gesterf het en klousule 22 van die dienskontrak verrekening beoog, nie die Besonderhede van Eis eksipieerbaar nie.

Tweede Eksepsie: Uitbetaling van die polis

[7] Die tweede eksepsie is dat noodsaaklike beweringe in die Besonderhede van Eis ontbreek. Eksipiënt sê dat tweede eiser nie beweer dat eerste verweerder aanspreeklik is vir betaling van die R1miljoen nie. Afgesien van die ontbrekende beweringe, is daar in die Besonderhede van Eis in paragraaf 8.2 verwarring tussen die eerste en tweede eiser. Mnr Van Rhyn maak dit af as ‘n mindere vlekkie. Die defek word erger omdat tweede eiseres in die bedes nie sê van wie sy die R1miljoen eis nie. Verder wys eksipiënt daarop dat tweede eiser se eis voorbarig is omdat sy op ‘n ooreenkoms steun dat sy op die opbrengs van die polis geregtig is by uitbetaling van die polis, maar sy nie beweer dat die polis reeds uitbetaal is nie.

[8] Mnr Ploos van Amstel, namens eksipiënt voer ook aan dat tweede eiser nie beweer dat sy party was tot enige ooreenkoms wat haar op uitbetaling van die gevorderde bedrag geregtig sou maak nie. Sy sal moet steun op ‘n beding ten behoewe van ‘n derde (stipulatio alteri), en die aanvaarding van daardie voordele. Mnr Van Rhyn sê die aanvaarding van die voordeel deur die tweede eiseres, die weduwee, kan afgelei word uit die feit dat sy die voordeel nou eis. In hierdie saak, waar die tweede eiser steun op gesedeerde voordele van ‘n versekeringspolis, moet tweede eiser meer besonderhede gee van hoe haar eis ontstaan het en waarom dit ‘n geldige eis is.

[9] Die bewerings oor hoe die eis ontstaan het, watter kontrak aangegaan is waartoe tweede eiser ‘n party was, indien sodanige kontrak aangegaan was, en wat tweede eiser op die opbrengs van die polis geregtig maak, ontbreek in die Besonderhede van Eis. Die feite van hierdie geval, wat tans op eksepsie beslis word, verskil van die situasie in COWLEY AND ANOTHER v HAHN 1987 (1) SA 440 (OK) op 449C – F waarop Mnr van Rhyn gesteun het, wat aan die einde van die verhoor beslis is, toe die hof geen ander afleiding kon maak as dat die tweede eiser die voordeel aanvaar het nie. In die onderhawige geval kan nie gesê word dat uit die feite soos gepleit die enigste afleiding is dat die tweede eiser die voordeel aanvaar het nie. Die verweerders weet nie op watter bewerings hulle moet reageer nie. Die tweede eis is eksipieerbaar.

[10] Wat die koste betref, het die argument van beide eksepsies nagenoeg ewe veel tyd in beslag geneem. Koste moet die sukes of mislukking van elke eksepsie volg. Die praktiese effek is dat geen kostebevel gemaak behoort te word nie.

[11] Bevel

11.1 Eerste verweerder se eksepsie teen eerste eiser se eis om lewering en debatering van rekeninge word afgewys.

11.2 Eerste verweerder se eksepsie teen tweede eiser se eis vir betaling van R1 000 000 word gehandhaaf.

11.3 Tweede eiser se Besonderhede van Eis word deurgehaal.

11.4 Verlof word aan tweede eiser verleen om haar Besonderhede van Eis binne 30 dae te wysig.

_____

A. KRUGER, R

Namens die eerste verweerder: Adv. C. Ploos van Amstel SC

In opdrag van:

Cronjé & Buitendag Prokureurs

BLOEMFONTEIN

Namens die eisers: Adv. A. J. R. van Rhyn SC

Christo Dippenaar Prokureurs

/eb

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

ABSA Bank Bpk v Janse van Rensburg 2002 (3) SA 701 (SCA)

Case cited

Cowley and Another v Hahn 1987 (1) SA 440 (O)

Case cited

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.