Download PDF

South Africa Judgment

Supreme Court of Appeal

Wolmarans v Santam Versekeringsmaatskappy Bpk. (268/82) [1984] ZASCA 24; [1985] 1 All SA 311 (A) (23 March 1984)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found that the appellant failed to prove that Nortje, the bus driver, was negligent. The evidence established that Nortje's view was obstructed by a truck and trailer, and he could not reasonably have anticipated that the appellant would attempt to cross the busy street in front of oncoming traffic. Even if Nortje had seen the appellant earlier, there was no evidence that he could have avoided the collision by reasonable means. The primary cause of the accident was the appellant's own reckless attempt to cross the road. The trial court's order of absolution from the instance was therefore correct, and the appeal was dismissed with costs.

Court disposition

Appeal dismissed with costs; absolution from the instance confirmed.

Orders

  • The appeal is dismissed with costs.
  • The order of absolution from the instance is confirmed.

02

Material facts

Parties

Rudolph Machiel Wolmarans

Appellant

Santam Versekeringsmaatskappy Beperk

Respondent

03

Procedural history

  1. Posture

    Civil Appeal / Appeal From Trial Court

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellant argued that the bus driver, Nortje, ought to have seen him and Fleisher crossing Van Dyk Street and should have taken steps to avoid the collision. He contended that Nortje's view was not so obstructed by the truck as to prevent him from seeing the pedestrians, and that Nortje failed to exercise proper vigilance and care, resulting in the accident and the appellant's injuries.
Respondent
The respondent maintained that Nortje's view was significantly obstructed by a truck and trailer travelling alongside the bus, making it impossible for him to see the appellant until it was too late. Nortje acted reasonably under the circumstances, attempted to brake and swerve, but could not avoid the collision. The respondent argued that the appellant's own reckless conduct in attempting to cross in front of oncoming traffic was the primary cause of the accident.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Kruger v Coetzee 1966 (2) SA 428 (A)

    A driver is required to exercise the degree of care that a reasonable driver would under the circumstances, but is not expected to anticipate reckless conduct by pedestrians.

  2. 02

    Evins v Shield Insurance Co Ltd 1980 (2) SA 814 (A)

    The onus rests on the plaintiff to prove on a balance of probabilities that the defendant was negligent and that such negligence caused the harm.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found that the appellant failed to prove that Nortje, the bus driver, was negligent. The evidence established that Nortje's view was obstructed by a truck and trailer, and he could not reasonably have anticipated that the appellant would attempt to cross the busy street in front of oncoming traffic. Even if Nortje had seen the appellant earlier, there was no evidence that he could have avoided the collision by reasonable means. The primary cause of the accident was the appellant's own reckless attempt to cross the road. The trial court's order of absolution from the instance was therefore correct, and the appeal was dismissed with costs.

Obiter and limits

  • The credibility of the witnesses did not play a decisive role in the outcome, as the basic facts were largely uncontested.
  • A driver is not required to anticipate that pedestrians will act recklessly and attempt to cross in front of moving traffic.
  • Even if there are minor inconsistencies in a witness's testimony, such as Nortje's statement to the police, these do not affect the outcome where the probabilities favour the respondent's version.

Court disposition

Appeal dismissed with costs; absolution from the instance confirmed.

  • The appeal is dismissed with costs.
  • The order of absolution from the instance is confirmed.

Source and reliance status

Supreme Court of Appeal

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Supreme Court of Appeal

Judgment

[1984] ZASCA 24

Saak Nr 268/82 M.C.

RUDOLPH MACHIEL WOLMARANS

- en -

SANTAM VERSEKERINGSMPY. BEPERK.

GROSSKOPF Wnd. AR.

Saak Nr 268/82 MC

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(APPèLAFDELING)

In die saak tussen

RUDOLPH MACHIEL WOLMARANS Appellant

en

SANTAM VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK .. Respondent

Coram: CORBETT, TRENGOVE ARR et GROSSKOPF Wnd AR.

Verhoor: 2 MAART 1984.

Gelewer: 23 MAART 1984.

UITSPRAAK.

2. GROSSKOPF WND AR.Die appellant en 'n kollega, ene Fleisher, was die oggend van 5 September 1978 op pad na 'n vergadering. Hulle het die perseel van hul werkgewers in Van Dykstraat, Boksburg, verlaat om

per motor na hul bestemming geneem te word.

Van Dykstraat loop van noord na suid, en die

appellant en Fleisher se werkplek was aan dieoostekant daarvan. Toe die appellant en Fleisherop die sypaadjie kom, sien hulle dat die motor wathulle sou vervoer reeds by die uitgang van dieparkeerplek 'n entjie suid van hulle reg staan omin Van Dykstraat te draai. Van die parkeerplek

sou / ....3. sou die motor regs moes draai en in 'n noordelike rigting in Van Dykstraat ry om na hul bestemming te gaan. Om tyd te bespaar het die appellant en Fleisher besluit om Van Dykstraat oor te steek en aan die oorkant (d.w.s. die westekant) vir die motor te wag. Die uitvoering van hierdie besluit het ongelukkige gevolge gehad - Fleisher het veilig oorgekom, maar die appellant is deur 'n bus raak= gestamp kort voordat hy die oorkantse sypaadjie gehaal het. Die appellant het liggaamlike beserings in die botsing opgedoen. In die hof a quo het hy die ooreengekome skade wat uit sy beserings voortgespruit het, probeer verhaal van die bus se

derdeparty- / ...

4. derdeparty-versekeraars (tans die respondent). Die verhoorhof (regter DE VILLIERS in die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling) het egter bevind dat die appellant "nie daarin geslaag het om te toon dat Nortje (die bestuurder van die bus) nie daardie mate van versigtigheid aan die dag gelê het wat van 'n versigtige motorbestuurder vereis word nie". Gevolglik is h bevel van absolusie van die instansie met koste uitgereik. Die appellant kom in hoër beroep teen hierdie bevel.Ten einde die geskilpunte te verstaan, is dit nodig om in effens meer besonderhede op die getuienis in te gaan. Die relevante deel van

Van /

5.

Van Dykstraat bestaan uit vier bane, elk ongeveer

vier meter breed. Daar is dus twee bane beskikbaarvir die verkeer in elke rigting. 'n Ent ten

suide van die punt waar die appellant en Fleisherdie pad oorgesteek het, is daar 'n robot-beheerdekruising. Aan die oostekant van die kruisingis daar die in- en uitgang na die parkeerareawaarna ek reeds verwys het, terwyl 'n pad bekendas Kragstraat aan die westekant reghoekig by VanDykstraat aansluit.

Die appellant het getuig dat, toe hy en

Fleisher begin het om die pad oor te steek, daar geenverkeer in die oostelike helfte van Van Dykstraat was

nie. Wat die westelike helfte betref,was daar stil=

staande /

6.

staande verkeer by die gemelde verkeersligte suid van hulle. Terwyl hulle die pad oorgesteek het, was Fleisher so 'n halwe tree voor die appellant, en hulle

het teen 'n drafstap beweeg. Toe die appellant diemiddel van die pad bereik het, het hy na links gekyk en gesien dat die verkeer reeds in sy rigting beweeg vanaf die verkeersligte. Hy het gemeen dat hy nogtans die oorkant veilig kon bereik. Daarna het hy nie weer in die rigting van die aankomende verkeer gekyk nie. Toe hy sy linkervoet op die sypaadjie sit, voel hy 'n slag en beland op sy rug. Op daardie stadium het hy besef dat die bus hom getref het.

In breë trekke verskil hierdie getuienis

nie / 7. nie veel van dié van Nortje nie. Nortje het getuig dat hy op die betrokke dag die bus moes bestuur na Isando. Mnr. J.C. Grobler, wat ook namens die respondent getuig het, het agter Nortje aangery met 'n motor sodat hy hom weer terug kon neem na hul werkplek. Nortje het in die heel linkerkantse baan van Van Dykstraat gery in 'n noordelike rigting. Grobler het 'n entjie agter hom in dieselfde baan gery. Regs van Nortje, en 'n entjie voor hom, was daar 'n vragmotor wat beskryf is as 'n perd of voorhaker wat 'n hoë sleepwa getrek het. Volgens Nortje was hierdie voorhaker se voorpunt ongeveer 6 meter voor die bus se voorpunt. Te alle

relevante / ....

8. relevante tye het die bus en die voorhaker indieselfde rigting gery en hul relatiewe posisies gehandhaaf. Die posisie van die voorhaker en sleepwa het, volgens Nortje, sy uitsig na regs aansienlik belemmer. Toe Nortje se bus en die voorhaker nog besig was,om die kruising tussen Kragstraat en Van Dykstraat te nader,was die verkeersligte rooi. Albei voertuie het hul snelheid,verminder na ongeveer 45 kilometer per uur. Die verkeersligte het egter oorgeslaan na groen voordat die voorhaker tot stilstand gekom het, en albei voertuie het weer versnel en voortbeweeg.

Skielik / 9. Skielik het Nortje 'n voetganger van regs verby die voorhaker sien kom. Hierdie voetganger, wat klaarblyklik Pleisher was, het ook voor Nortje se bus verbygegaan en het die sypaadjie veilig bereik. Omtrent twee meter agter die eerste voetganger het nog een te voorskyn gekom. Nortje het gesien hierdie voetganger gaan met hom bots. Hy het rem getrap en effens na regs geswaai, maar dit was tevergeefs. Toe hy in sy truspieël kyk sien hy dat Grobler gestop het, en hy besef toe dat hy die voetganger rakelings moes getref het.Die kernvraag in hierdie appèl is of Nortje die appellant behoort te gesien het op 'n

stadium / 10. stadium toe hy nog 'n botsing kon verhoed het. Om hierdie vraag te beantwoord is dit nodig om die relevante getuienis, en veral dié van die appellant en Nortje, te oorweeg en te ontleed. Die vérhoorhof het die volgende bevinding oor hierdie twee getuies gemaak :-

"Beide van die persone het op my nie 'n baie goeie indruk gemaak in die opsig dat ek kan sê hulle is getuies wat die situasie fyn opsom nie."

Die verhloorhof se uiteindelike gevolg= trekking het gevolglik nie berus op die geloofwaar= digheid van een of ander van die getuies nie, en

soos /

11

soos hieronder sal blyk, meen ek ook nie dat geloofwaardigheid juis 'n rol speel nie. Die basiese feite is taamlik duidelik en word nie ernstig betwis nie.

Die gerieflikste manier om die vraag voor die hof te behandel, is om die appellant se beweging van oos na wes oor Van Dykstraat onder oë te neem en te probeer bepaal of daar 'n stadium was waarop Nortje hom behoort te gesien het en stappe behoort te gedoen het om 'n botsing te vermy. Ek begin by die tydstip waarop die appellant en Fleisher die oostelike sypaadjie verlaat het.

Volgens die appellant het hy en Fleisher

die /

12.

die straat begin oorsteek by 'n punt wat volgens sy skatting nagenoeg 'n honderd meter van die verkeers= ligte was. Op daardie stadium het die verkeer nog by die verkeersligte stilgestaan. Volgens die onbetwiste getuienis was die bus wat deur Nortje bestuur is, toe nog in aantog suid van die verkeersligte. Die vraag is dan of Nortje die appellant en Fleisher op daardie stadium behoort te gesien het. Nortje, soos reeds gemeld, ontken dit.Die appellant se betoog dat Nortje hulle wel behoort te gesien het, word aansienlik verswak deur die feit dat die appellant se skatting van die

afstand / ....

13. afstand na die verkeersligte heeltemal verkeerd was. Nortje het getuig dat sy prokureur in sy (Nortje se) teenwoordigheid die afstand tussen die verkeersligte en die punt van botsing afgetree het as nagenoeg 45 meter. Hierdie getuienis is nie aangeveg nie. Dit is gevolglik glad nie vir my duidelik uit die getuienis dat Nortje wel verby die voorhaker kon gesien het na die punt waar dieappellant en Fleisher die oostelike sypaadjie van Van Dykstraat verlaat het nie, of waar hulle oor die oostelike helfte van die pad beweeg het nie. Maar hoe dit ook al sy, selfs aanvaar 'n mens dat Nortje die twee van hulle op daardie stadium kon gesien

het /

14. het, sou dit nog nie na my mening beteken dat Nortje behoort te verwag het dat hierdie twee persone voor hom sou inhardloop nie. Van Dyk= straat is 'n breë straat wat swaar verkeer dra. Op die relevante tyd was daar in die westelike

twee bane die volgende verkeer waarvan ons weet:

Nortje het 'n bus bestuur; regs van hom was 'n

voorhaker met 'n swaar sleepwa; agter Nortje was

daar 'n Volkswagen; en agter die Volkswagen het

Grobler gevolg in 'n Peugeot-bakkie. Kort nadat

die appellant en Fleisher die oostelike sypaadjie

verlaat het, het die verkeerslig oorgeslaan na

groen en het hierdie massa verkeer noord beweeg

in / 15. in die westelike bane van Van Dykstraat. 'n Motoris wat kort vantevore die twee voetgangers by die oostelike sypaadjie gesien het, sou nie na my mening verwag het dat hulle sou probeer om voor die yerkeer in die westelike bane verby te haas nie. Met die oog op die omvang van die verkeer sou hy eerder verwag dat die voetgangers na die sypaadjie sou terugkeer of in die middel van die pad sou wag totdat dit veilig was om die westelike bane te kruis. Selfs al veronderstel ek dus dat Nortje hierdie twee persone in die oostelike helfte van die pad kon gesien het meen ek nie dat daar voorsorgmaatreëls was wat hy behoort

te / 16. te getref het teen die moontlikheid dat een van hulle skielik voor sy bus sou inbeweeg nie.

Die volgende tydstip wanneer Nortje

miskien voorsorgmaatreëls behoort te getref het,

was toe die appellant verby die middel van die

pad beweeg het. Kon Nortje toe die appellant sien?

Nortje ontken dit, soos reeds gemeld. Grobler

staaf Nortje se getuienis oor die relatiewe

posisies van die bus en die voorhaker. En

as 'n mens die appellant se getuienis lees, blykdit / 17. dit nie dat hy eintlik vir Nortje weerspreek nie Daar sal onthou word dat die appellant gesê het dat hy die verkeer uit die suidekant sien aankom het toe hy die middel van die pad bereik het. Hy het bevestig dat die bus in die verste laan gery het, en dat daar 'n vragmotor in die baan regs van die bus was. Aanvanklik het hy gesê dat die twee voertuie op daardie stadium "meer of min gelyk" was. Sy getuienis toe Nortje se weer= gawe pertinent aan hom gestel is, lui egter soos volg:

"Hy (d.w.s. Nortje) sê dat hy en die

vragmotor het langs mekaar in die twee

lane /

18.

lane deur die verkeerslig beweeg en

aangery in die rigting waar die botsing

uiteindelik plaasgevind het. Maar die

vragmotor was skuins voor hom. Met

ander woorde, hy was nie heeltemal

verby hom nie, hy was langs hom, maar

'n ietwat voor hom, as u volg wat ek

bedoel? Volg u? Ja.

En dat sy uitsig na die regterkant van die pad was versper gewees deur hierdie

vragmotor. Wat sê u daarvan? Ek was

nie die bestuurder nie, ek weet nie.

U kan dit nie ontken nie? As ek

die bestuurder was sou ek miskien kon sê wat dit is.

Nou goed. En hy sê dat die eerste

wat hy gewaarword is toe hy sien mnr

Fleisher— dit is h ander persoon, ons weet vandag dit is mnr Fleisher - kom tevoorskyn voor die neus uit van die vragmotor wat skuins voor hom is. En kruis die pad. Hardloop oor die pad. En dat die volgende oomblik toe kom u tevoorskyn. En hy het rem geskop, effens na regs probeer beweeg, maar hier was 'n

voertuig /

19.

voertuig langs hom, en toe het die botsing plaasgevind. Daar was nie tyd vir hom om enigiets anders te doen nie.

Wat sê u daarvan? Ek moet aanvaar

dit is wat hy sê.

U aanvaar wat hy sê. Ek weet net

dat ek het die bus en die trok gesien. En nog het ek tyd gehad om oor te kom."

As ek hierdie getuienis reg verstaan, aanvaar die appellant dat die voorhaker moontlik die busbestuurder se uitsig kon belemmer het, maar betwyfel hy dit omdat hy (d.w.s. die appellant) beidevoertuie kon sien. Hierdie is egter 'n non sequitur -

selfs al sou die voorhaker die busbestuurder se uitsig

versper het, soudaar nog 'n deel van die bus gewees

het wat agter die voorhaker uitgesteek het en deur

20

die appellant gesien kon word van die middel van die pad.Op die getuienis kom dit dus vir my voor dat die saak benader moet word op die basis dat die voorhaker wel Nortje se uitsig belemmer het op die kritieke stadium toe Fleisher en die appellant vanaf die middel van die straat beweeg het. Dit was ook die verhoorhof se gevolgtrekking, en na my mening kan daar geen fout mee gevind word nie. Dit beteken dan dat Nortje die appellant kon gesien het toe hy verby die voorpunt van die voorhaker gekom het. Daar is voor ons betoog dat Nortje op daardie stadium nog 'n botsing

kon / 21. kon vermy het as hy 'n behoorlike uitsig gehou het. Na my mening gaan hierdie betoog nie op nie. Nortie het 'n swaar bus bestuur op 'n besige pad. Hy was onder 'n verpligting om 'n algemene uitsig te hou. Kort voor die appellant se verskyning het Fleisher skielik en onverwags oor die pad beweeg". Uiteraard moes dit Nortje se aandag vir 'n oomblik in beslag geneem het - trouens, dit was sy plig as bestuurder om te kyk wat van Fleisher word. Hy het geen rede gehad om te vermoed dat die appellant kort op Fleisher se hakke sou volg nie. Nortje kon dus myns insiens nie verkwalik word as hy nie die appellant

gesien / ....

22. gesien het onmiddellik toe hy voor die neus

van die voorhaker verbygekom het nie.

Wanneer presies Nortje die appellant gesien het is

nie duidelik uit sy getuienis nie, en hy het taamlik

bontgepraat hieromtrent. Onder die omstandighede

is dit egter verstaanbaar dat hy nie presies sou

onthou nie. As 'n mens aanvaar dat Nortje eersdie appellant gesien het toe die appellant reeds 'npaar treë verby die voorhaker was, wat myns insiens'n redelike opsomming van die getuienis is, sou ditna my mening nie 'n afleiding regverdig dat hy

nie behoorlike oplettendheid aan die dag gelê het nie.

En as Nortje op daardie stadium eers die appellant

gesien /

23.

gesien het, is dit moeilik om te weet wat Nortje kon gedoen het om 'n botsing te vermy. Volgens Nortje se eie getuienis het hy rem getrap en effens na regs geswenk. Klaarblyklik kon hy nie veel geswenk het nie want die voorhaker en sleepwa het net regs van hom gery.Nortje se getuienis dat hy rem getrap het is in hierdie hof, soos in die verhoorhof, aangeval omdat dit teenstrydig is met sy verklaring aan die polisie. In hierdie verklaring, watop 20 September 1978 afgelê is, het Nortje gesê:"Ek kon nie rem aanslaan nie omdat daar twee voertuie agter my was". Sy getuienis tot die

teendeel / ....

teendeel by die verhoor moet dus met 'n mate van

argwaan bejeën word. Selfs al sou 'n mens egter aanvaar dat sy getuienis in hierdie opsig onbetroubaar is, sou dit na my mening geen verskil

aan die uitslag van die saak maak nie. Nortje

het geskat dat hy net voor die botsing teen

ongeveer 50 kilometer per uur gery het en hierdieskatting is nie deur die appellant aangeveg nie.Daar was geen getuienis dat Nortje binne dietydperk wat die appellant voor die bus verbybeweeg

het, die bus se snelheid genoegsaam kon verminder

het om 'n botsing te vermy nie.

Om op te som: na my mening was die

primêre /

25.

primêre oorsaak van die botsing die appellant se

roekelose poging om die pad oor te steek voor die

aankomende verkeer, en het die appellant nie daarin

geslaag om te bewys dat Nortje deur redelike optrededie gevolge van die appellant se roekeloosheid konvermy nie. Ek meen dus dat die verhoorhof teregabsolusie van die instansie gelas het. Dieappèl word van die hand gewys met koste.

E.M. GROSSKOPF Wnd. AR.

CORBETT AR ) Stem saam. TRENGOVE AR )

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

Kruger v Coetzee 1966 (2) SA 428 (A)

Case cited

Evins v Shield Insurance Co Ltd 1980 (2) SA 814 (A)

Case cited

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.