S v Koker (247/86) [1986] ZASCA 147 (28 November 1986)
- Citation
- [1986] ZASCA 147
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Viljoen, Grosskopf, Galgut, War
- Case number
- 247/86
More details
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Viljoen, Grosskopf, Galgut, War
- Case number
- 247/86
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The appellate court found that the trial court had properly considered all relevant factors, including the appellants' youth, susceptibility to influence, and gang involvement. The court held that the murder was premeditated and executed as a joint enterprise, with both appellants actively participating. The evidence did not support the existence of mitigating circumstances such as coercion or undue influence. The trial court did not overlook any material aspect nor overemphasize any factor. The appellants' youth was discounted by their criminal backgrounds and the nature of their conduct. Accordingly, the appeals against the finding of no mitigating circumstances and the resultant death sentences were dismissed.
Court disposition
Appeals dismissed; convictions and sentences confirmed.
Orders
- The appeals of both appellants are dismissed.
- The convictions and sentences imposed by the trial court are confirmed.
02
Material facts
Parties
Kenneth Jagers
AppellantAttie de Koker
AppellantThe State
Respondent03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Appeal Against Sentence and Finding of No Mitigating Circumstances
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the trial court erred in finding no mitigating circumstances for the appellants.
- 02
Whether the youthfulness and alleged influence or intimidation by other accused constituted mitigating factors.
- 03
Whether the trial court properly considered all relevant aspects in sentencing.
Party arguments
- Applicant
- The appellants argued that their youth, susceptibility to influence, and intimidation by co-accused, particularly accused 1, should have been considered as mitigating circumstances. They contended that the trial court failed to properly weigh their immaturity, lack of life experience, and vulnerability to gang dynamics. It was further submitted that the trial court focused only on impulsiveness and neglected other attributes of youth, such as lack of judgment and susceptibility to pressure.
- Respondent
- The State maintained that the trial court correctly found no mitigating circumstances. It was argued that the appellants were active participants in a premeditated murder, motivated by gang rivalry and vengeance. The State submitted that the trial court properly considered all evidence, including the appellants' backgrounds and the nature of their involvement, and that their youth did not outweigh the gravity of their conduct or justify a lesser sentence.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
S v Koker (247/86) [1986] ZASCA 147
Youthfulness may be a mitigating factor if it is shown to have influenced the accused's conduct, but deliberate and planned criminal acts by young persons do not automatically attract mitigation.
- 02
S v Koker (247/86) [1986] ZASCA 147
Mitigating circumstances must be established by credible evidence; mere membership in a gang or vague allegations of intimidation are insufficient.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The appellate court found that the trial court had properly considered all relevant factors, including the appellants' youth, susceptibility to influence, and gang involvement. The court held that the murder was premeditated and executed as a joint enterprise, with both appellants actively participating. The evidence did not support the existence of mitigating circumstances such as coercion or undue influence. The trial court did not overlook any material aspect nor overemphasize any factor. The appellants' youth was discounted by their criminal backgrounds and the nature of their conduct. Accordingly, the appeals against the finding of no mitigating circumstances and the resultant death sentences were dismissed.
Obiter and limits
- The court observed that gang dynamics and rivalries may provide context but do not excuse or mitigate deliberate criminal conduct.
- The trial court's patience in allowing repeated attempts to introduce new evidence was noted, but the absence of credible support for intimidation or coercion was decisive.
- The court remarked that the pattern of violence and criminality among the accused was consistent with their conduct inside and outside prison, undermining claims of immaturity or undue influence.
Court disposition
Appeals dismissed; convictions and sentences confirmed.
- The appeals of both appellants are dismissed.
- The convictions and sentences imposed by the trial court are confirmed.
Source and reliance status
Supreme Court of Appeal
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Supreme Court of Appeal
Judgment
247/86 /mb
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
KENNETH JAGERS EN ATTIE DE KOKER APPELLANTE
en
DIE STAAT RESPONDENT
CORAM : VILJOEN, GROSSKOPF, ARR et GALGUT, WAR
VERHOORDATUM : 18 NOVEMBER 1986 LEWERINGSDATUM : 28 NOVEMBER 1986
UITSPRAAK
VILJOEN, AR
Die/
2. Die twee appellante het saam met drieander op 'n aanklag van moord tereggestaan voor 'nregter en assessore in die Witwatersrandse Plaas-like Afdeling. Die appellante was beskuldigdes 3en 5 (na wie ek hierna sal verwys as sulks) in dieverhoorhof. Die ander beskuldigdes wat saam methulle tereggestaan het was Dan Vincent Fortune (be-
skuldigde 1), Isaac Stanley Paulsen (beskuldigde 2)
en Hilton Howe (beskuldigde 4). Al vyf van hulle is
skuldig bevlnd.. In geeneen van die gevalle is ver-
sagtende omstandighede bevihd nie en al vyf is gevolg-
lik ter dood veroordeel. Met verlof deur die verhoor-
regter verleen kom die appellante nou in hoër beroep
teen die bevinding dat daar geen versagtende omstan-
dighede/.....
3. dighede bestaan nle en die gevolglike doodvonnis.
Die verhoorhof het bevind dat in die nagvan 10/11 Augustus 1984 die vyf beskuldigdes watgevangenes in sel B12 in die Diepkloofgevangenis,Johannesburg, was vir Billy Jacobs, 'n selgenoot vanhulle, vermoor het deur hom te verwurg. Al die ge-vangenes in die genoemde sel was veroordeeldes, maar
aangesien hulle verhoorafwagtend was op verdere aan-
klagte, is hulle volgens regulasies nie toegelaat om
uit te gaan en te gaan werk nie. Hulle moes hulle
slegs besig hou met skoonmaaktakies in die sel self.
Wie wat moes doen in hlerdie verband moes hulle self
organiseer. Die sel was bestem om 36 gevangenes te
huisves wat twee-twee op stapelbedde moes slaap maar
op die/
4.
op die betrokke datum was daar nie minder as 43 ge-vangenes in die sel nie. Aan die een punt van diesel was 'n bad- en 'n toilet-afskorting. Uitgang uitdie sel is verleen deur 'n deur in die toilet-afskorting.Aan die buitekant van die sel is 'n spasie wat bekend
staan as die stoep. Die beddens was 'n klein afstand
van mekaar. As hulle links-om genommer word vanaf
die deur van die toilet-area dan is bedde 9 en 10 teen-
oor mekaar in die verste hoeke van die sel vanaf die
toilet-area.
Op die oggend van 11 Augustus 1984 is die liggaam van die oorledene deur gevangenls-beamptes in die toilet-afskorting onder 'n kombers gevind en is die polisie ontbied. Die oorsaak van die dood was
verwurglng/ 5. verwurging. 'n Ondersoek is op tou gesit as gevolgwaarvan die vyf beskuldigdes aangekla is en voor
die hof verskyn het.
Met die oog op die betoë namens dieappellante wat, kort gestel, gegrond is op hulle
jeugdlge ouderdom saamgeneem met die intrlges van
die bendelewe en die beinvloedlng en vreesaanjaging
van die kant van beskuldigdes 1 en 2 - toestande
waarin hulle beweerdelik deur omstandighede vasge-
vang is en waarvan hulle die slagoffers geword het
is dlt nodig dat ek kortliks na die getuienis op
die meriete verwys.
Twee van die appellante se selmaats op
hierdie betrokke datum, Moses de Beer en Faried Khan,
het/
6.
het vir die Staat getuig. Volgens hulle getuienlsblyk dit dat die oorledene en beskuldigde 1 tegelyker-tyd op 9 Augustus tot daardie sel toegelaat is. Beskuldigde 1 en die oorledene het op 9 Augustus skyn-baar op 'n goeie voet met mekaar verkeer maar op 10 Augustus het sake verander. Die oorledene het by die twee getuies geslaap waar bedde 3 en 4 teenmekaar ge-stoot was. Beskuldigde 1 het die eerste nag, die nag van 9 Augustus op die grond geslaap op 'n matras langshulle bedde. Die volgende dag, 10 Augustus, het hy 'n slaapplek gekry by bedde 7 en 8.
Op die middag van 10 Augustus, nadat die sel gesluit is, het beskuldigdes 4 en 5 na die bedde gekom waar die oorledene, Moses de Beer en Faried Khan
sou/ 7. sou slaap daardie aand. Beskuldigde 4 dring toe
daarop aan dat hulle (4 en 5) met die oorledene wou
praat met die doel om 'n ou geskil uit die weg te
ruim en vriende te maak. Dit blyk dat die ou geskil'n gebeurtenis was wat in die ou Fort-gevangenis af-
gespeel het. Van 4 en 5 se vriende is daar in die
gevangenis vermoor. Die oorledene was 'n verdagte in
die moord en is inderdaad ook aangekla maar is on-
skuldig bevind en ontslaan. Oorledene se antwoord
op die aandrang was om aan te bied om op die volgende
dag met hulle te gesels om die geskil ult die weg te
ruim of vir 'n verplasing na 'n ander sel te vra. Be-
skuldigdes 4 en 5 is toe na bed 10, die bed waar be-
skuldlgde 2 geslaap het. Om bedde 10 en 11 was daar
'n kombers gespan. Dit is nie duidelik of die doel
was/
8.
was om privaatheid te verseker of om die lig uit tehou nie. Daarna het beskuldigde 1 na die oorledene gekom en hom meegedeel dat "daardie mense" (blykbaar 4 en 5) daarop aandring dat daar op daardie dag klaar gepraat word en dat hulle nie bereid was om tot die volgende dag te wag nie. Oorledene het toe opgestaan en na beskuldlgde 2 se bed gegaan. Terwyl die gesprek daar aan die gang was het die oorledene vir Moses de Beer geskree om vir hulle Sweet Aid koeldrank—poeier aan te maak en die koeldrank na hulle te brlng. Toe de Beer daar kom vind hy dat beskuldigdes 1 en 2 op bed 10 sit en beskuldigdes 3, 4 en 5 op bed 11. Oor-ledene het tussen die twee bedde gestaan. Moses is terug na hulle bed toe. Na 'n ruk het die oorledene
ook/ 9. ook daarheen teruggekom. Die klok het daarna gelul.
Sommige het gaan slaap. Ander was nog wakker.
Beskuldlgdes 1 en 3 het op 'n stadium verby
hulle bedde geloop na die toilet-area. die lig in
die sel wat veronderstel was om heel nag te brand
het toe uitgegaan. Moses het die afleiding gedoen
dat die lig, waarvan die skakelaar bereik kon word
deur 'n arm deur die venster te steek, deur of beskul-
digde 1 of beskuldigde 3 afgeskakel is. Beskuldigde
1 het eerste weer langs hulle bed verby geloop, ge-
volg kort daarna deur beskuldigde 3, in die rigting
van beskuldigde 2 se bed. Beskuldlgde 1 het weer
na hulle bed gekom en die oorledene meegedeel dat
"daardie mense" wou klaar praat en nle wou wag tot
die/
10.
die volgende dag nie. Moses het die geleentheid te
baat geneem om vir beskuldigde 1 te vra waarom hulle die llg afgeskakel het en het hom daarop gewys dat hulle gestraf kon word "vir 3 maaltye" met ander woorde dat hulle drie maaltye nie sou ontvang nie. Beskuldig-de 1 se antwoord aan Moses was dat hy te veel weet. Die oorledene het geweier om nog 'n slag met die be-skuldigdes in gesprek te tree daardie aand. Beskuldig-de 1 is terug na beskuldigde 2 se bed. Oorledene het op hulle bed bly sit. Beskuldigde 1 het kort daarna weer na hulle teruggekeer en vir Moses beveel om hom te volg na die ander beskuldigdes. Hulle wou met hom praat. Moses het gehoorsaam en, daar aangekom, vind hy vir 1 en 2 met lemme in hulle hande. Hulle deel
hom/
11.
hom mee dat hulle vir die oorledene gaan doodmaaken as Moses skree sal hulle vir hom ook dood. Moses word toe gelas om by 2 se bed in te klim en te slaap. Hy het, soos gelas, in die bed ingeklim.
Beskuldigdes 2 tot 5 het daarna in die rigting van die oorledene geloop. Beskuldigde 1 het hulle kort daarna gevolg. By die oorledene aangekom het beskúldigde 2 vir die oorledene gevra: "Wil jy kom of moet ons jou met krag wegvat?" Oorledene spring op om van hulle weg te kom maar 2 pak hom om die lyf van agter en hou hom vas. Beskuldigde 4 haal 'n krep-verband ult sy sak tevoorskyn en probeer dit om die oorledene se nek kry. Die oorledene sien dit en skop vir beskuldigde 4 weg. Op hierdie stadium kom be-
skuldigde/
12.
skuldigde 1 by en trek die oorledene se voete onderhom uit sodat hy op sy maag te lande kom. Beskuldigde1 hou sy voete vas terwyl 2 bo-op hom sit. Beskuldig-de 4 slaag daarin om die verband om die oorledene se
nek te kry en beskuldigdes 3 en 5 trek die verband
styf deur aan die punte te trek terwyl hulle met
hulle voete teen die oorledene se nek vastrap. Be-
skuldigde 4 het aan die kant van beskuldigde 5 gehelp.
Oorledene het een maal geskree maar daarna
was dit stil. Na ongeveer tlen minute het beskuldigde
1 gesê: "Die vark is nou klaar dood." Beskuldigde
4 het die verband afgehaal en al vyf het die oor-
ledene in die toilet-area gedra en 'n kombers oor hom
gegool. Daarna het die ligte aangegaan. Beskuldlgde 1 het
die/ 13. die oorledene se sak waarin sigarette, tabak, seep,tandepaste en -borsel en ander persoonlike goederewas geneem en hlerdie goedere is by bed 11 onder alvyf verdeel. Die beskuldigdes het daarna gaan slaap.
Die volgende oggend, nadat die gevangenesvan die sel op die stoep opgestel is om getel te word,
het die gevangenisowerhede bewus geword van wat daar
gebeur het en het beskuldigde 1 en ene David Phillips
vir beskuldigdes 2 - 5 uitgewys as persone wat aan-
dadig sou gewees het aan die moord. Hierdie maneuver,
het die hof a quo bevind, was 'n voorafbeplande set wat
gesmee is sodat beskuldigde 1 se getuienis dan deur
die Staat aangebied sou word en hy sulke swak getule-
nis sou gee dat 'n hof nie daarop kon staatmaak nie
en/ 14. en genoodsaak sou wees om beskuldigdes 2 - 5 on-
skuldig te bevind en be ontslaan.
Beskuldigde 1 en Phillips het dan ook ingetuienis, nle wat hulle vir die Staat gelewer hetnie, maar vir die verdediging, probeer om die hof
a quo te verwar deur in getuienls aan te voer dat
die betrokke gevangenis-beampte, sers Sedumedi, wat
op die toneel gekom het die volgende oggend, bewus
was daarvan dat die oorledene aan die "Fast Gun"-bende
behoort en dat die lede van hierdie bende die vyande
was van die "Spalding" en die "Viking"-bendes en dat
hy dadelik besluit het dat die skuldiges lede van
laasgenoemde bendes moes wees. Al waarin, voigens
hulle, Sedumedi belang gestel het, was om te weet
wie/ 15. wie "Spaldings" en "Vikings" was, met die gevolg dat
beskuldigdes 2 - 5 uitgewys is deur beskuldigde 1
en Phillips. Die plan wat so vooraf gesmee is, het
toe, ongelukklg vir al die beskuldigdes, nie geslaag
nie. Die Staat het, vanweë die bereidheid van Moses
de Beer en Farled Khan om , ondanks dreigemente, ge-
tuienis vir die Staat te lewer, dit nie nodig gevind
om op die getuienis van beskuldigde 1 staat te maak
nie. Hoewel sowel beskuldigde 1 en Phillips as al
die ander beskuldigdes hierdie verdigsel as deel van
hulle verdediging aangebled het met daarby die weer-
gawe dat hulle niks van die hele moord weet nie, omdat
hulle rustig en vas geslaap het, het hulle die hof
a quo nie beindruk nie.
Almal/
16. Almal van hulle het getuienis ter versag-
ting gelewer. Behalwe beskuidigde 1 het almal nouaandadigheld in 'n mindere of meerdere mate erken.Beskuldigde 1 het nog steeds volgehou dat hy nie
deelgeneem het nie. Volgens hom was beskuldigde 2die leier en aanstigter. Hy was wel wakker, sê hy, en
het die oorledene gehoor skree en het ook gedeel in
die buit wat uit die oorledene se sakkie gekom het, maar
hy was glad nie op die toneel waar die oorledene gedood
is nie. Ook volgens die ander beskuldigdes se getuie-
nis het beskuldigde 1 geen aandeel in die moord gehad
nie. Ook ander persone het namens hulle getuig waar-
onder 'n dame, ene mev Baisoukis, wat namens die
Katolieke kerk vrywillige sosiale werk in die dorp-
gebiede/ 17. gebiede doen en wat heelwat ervaring het van bende-bedrywlghede in die gebiede. In die loop van haarwerk het sy bewus geword van die oorledene se repu-
tasie. Volgens haar was dit algemeen bekend dat
die oorledene besonder bedrywig was in bende-stroop-
togte, in die Mandrax-smokkelbedryf en het hy die
gemeenskap en van sy mede- en ander bendelede ge-
terroriseer sodat almal hom gevrees het. Een van sy
groot konkurrente was ene Pinky Cooper vlr wie hy
by geleentheid in die maag gesteek het en wie se seun
hy geskiet het. Daar was 'n vae suggestie dat die
beskuldigdes hulle opdrag van buite die gevangenis
gekry het om die oorledene om die lewe te bring - h
opdrag waarin Pinky Cooper 'n rol sou gespeel het.
'n Ander/
18.
'n Ander omstandigheid waarop gesteun is in die hof a quo,is dat die twee appellante, wat jonk en vat-baar vlr beinvloeding was, of deur beskuldigde 1 of beskuldigde 2 beinvloed en moontlik bedreig is. Op die eienaardige verswyging van beskuldigde 1 se aan-deel in die gebeure is gewys en daar is aangevoer dat die hof a quo 'n afleiding moes maak dat hy die ander beskuldigdes gelhtlmideer het.
Die terughoudendheid van die ander be-skuldigdes om vir beskuldigde 1 te betrek, het die verhoorregter beskryf as die algemene deler in die getuienis van beskuldigdes 2 - 5 wat, ondanks hulle plegtige verklaring dat hulle geloofbare getuienis sou gee ter versagting, nogtans 'n hele boel leuens
weer/ 19. weer verkondig het. Wat die motief was vir hulle beskermlng van beskuldigde 1 kon slegs maar gegis word, meen die hof, wat geen afleiding of bevinding in dié verband kon maak nie. Dat daar bendes buite die gevangenis was wat vir die beskuldigdes in daar-die sel opdrag gegee het om die oorledene om die lewe te bring, het die hof verwerp. Direkte getuienis in die verband is min en hoofsaaklik wasig, sê die hof. Dít is waar dat bendes sowel binne as buite die ge-vangenis bedrywig is maar sel B12 was 'n geslote sel vir alle praktiese doeleindes. Die aangehoudenes in daardie sel werk nie en kom nie in aanraking met die ander gevangenes nie. Hoe enige hoofstruktuur sy gesag binne hierdie sel B12 kon laat geld, kon die
hof/
20. hof nie begryp nie. Die hof het ook ander aspekte
uitgelig waarom hierdie argument nie kon staande bly
nie. Billy Jacobs was 'n gevaarlike boef buite die
gevangenis en was baie duidelik verantwoordelik vir
die dood van vrlende van die beskuldlgdes in die ou
Fort. Natuurlik sal daardle daad die gevolg hê datander boewe, en dit is wat, na die hof se oordeel die
beskuldlgdes is, wraakgevoelens sal hê en soos hulle
dit sagkens uitgedruk het, mekaar "nie verstaan nie."
Die oorledene het onverwags op die Donderdagmiddag in
die sel opgedaag - dit wil sê, so begryp ek die hof
se redenering, kon die beskuldigdes nie voor dle
tyd enigiets teen hom beplan of opdragte om hom te
likwideer, van elders, binne of buite die gevangenis
ontvang/ 21 . ontvang nie. Vir beskuldigde 4 was dit 'n groot ver-
rassing toe hy vir Billy Makiet (soos hulle die oor-ledene genoem het) in die sel gewaar en toe beskuldig-de 5, wat nie Donderdag in die sel was nie, van diehof kom op die Vrydag het beskuldlgde 4 vir beskuldigde
5 ingelig dat Billy Makiet nou saam met hulle in die
sel was. Die hof wys daarop dat dit beskuldigdes 4 en
5 was wat ook eerste met hom gepraat het oor hoe hulle
mekaar nou moet verstaan. Dit klink nie,meen die hof,
na enige vorm van bevel van bo, van een of ander be-
stuur buite daardie sel of binne daardie sel, wanneer
die paar baaiese feite in aanmerklng geneem word nie.
Die uitspraak ten aansien van versagting gaan soos
volg voort:
"Die suggesties wat gevolglik voor ons geplaas is betreffende sogenaamde invloede van bendes
van/
22.
van bo af, is in hierdle geval onbestaan-baar, en kan nle aanvaar word nie. Maar, dat hulie bende-ingesteldheid natuurlik 'n rol speel ly geen twyfel nie. Natuurlik is dit so dat Billy Makiet van hulle makkers, bendelede vermoor het in die Fort, dat hulle ander dinge teen hom hou en dat dlt spruit uit hulie bende-bedrywlg-hede. Daaroor bestaan daar nie twyfel nie, en dit is die beginpunt van enige rasionele analise van wat eintiik hier aan die gang is .
In hierdie opsig wil ek net weer verwys na die getuienis van Mej Balsoukis wat reeds hoofgetuienis gegee het en weer kom getuig het, maar veral in haar hoof-getuienis waarna sy verwys het na hierdie persone as jeugdiges, wat nie werk nie, wat 'n boewebestaan voer; wat veg en moor en met dwelms tekere gaan.
In die geval van iedere een van die be-skuldigdes, blyk dit uit hulle eie ge-tuienis ook. Ons het gevolglik hier te doen met mense wat van daardie kaliber is, en wat báie bereid en gereed sal wees om wraak te neem, en dat hierdie
bendegevoelens/...
23.
bendegevoelens wat bestaan iets in die agtergrond is, maar nie moet gesien word, in hierdie besondere geval, as 'n bevel om op te tree of om nou juis te moor nie."
Die geheel-beeld, sê die hof, is duidelik van 'n vorm van 'n kangaroehof wat gehou is nadat Billy Makiet opgemerk is in daardie sel - iets wat begin het by 4 en 5 en heelwaarskynlik bale gou gesprei het na hulle vriende 1, 2 en 3 want toe Billy Makiet gevra is om na bêd 10 te kom was al vyf daar. Klaarblyklik het 1 en 2 die leiding ge-neem maar almal was deelnemers. Daar is die dood-vonnls gevel en daarna deur almal uitgevoer.
Die hof het geen twyfel gehad dat al 5 die beskuldigdes blaamwaardig is ten volle vir die moord nie.
24.
Die jeugdige ouderdom van beskuldigdes 3 en 5 is
besonderlik oorweeg deur die hof en in hierdie ver-
band is hierdie oorweging soos volg in die uitspraak
behandel:
"Nr 3 en 5 is in hulle vroeë twintigs nou, en was in die omgewing van 20 toe die moord gepleeg was. Indien dit 'n geval gewees het waar 'n moord gepleeg is deur hulle twee, of met hulle deelname, en dit iets is wat op die ingewing van die oomblik gebeur het, dan sou hulle jeug 'n baie groot rol ge-speel het op hierdie stadium. Die voort-varendheid van die jeug is inderdaad in die kern van die denke oor verminderde strafwaardigheid van jongmense.
Op dieselfde basis is die deliberate en sorgvuldige beplanning van moorddadige optrede deur jongmense iets wat nie ver-sagtend is nie, bloot uit die oogpunt van jeug nie. Hier is ons geheel en al te-vrede dat as gevolg van hulle bendelewe buite die tronk, wat 'n boewelewe was, 'n
gewelddadige een, waar hulle hier vir
ons/
25.
ons beskryf het, al drie van hulle, hoedat
hulle van tyd tot tyd in die buitelewe geveg het en geskiet het, en tekere gegaan het en soaan, dat hierdie optrede binne die tronk niks vreemds is vir hulle nie, niks om voor terug te deins nie, en dat hierdie slegs in die patroon en in lyn lê met hulle lewens en denke daarvoor. Dat, in hierdie geval dit nie 'n versoeking is wat skielik gekom het, en dat die jeug, as gevolg van sy jeugdigheid moeillkheid het om te weer-staan of as gevolg van sy jeug voortvarend daarin verder gaan nie. Dit is die soort van optrede waaraan hulle gewoond is en in hier-die besondere instansie het hulle deliberaat deelgeneem en besluit toe hulle as lede van hierdie kangeroehof nle tevrede gestel is met die oorledene se standpunt nie, dat daar 'n einde aan hom gemaak moet word."
Daar is nog een poging aangewend deur be-
skuldigde 3 om die hof a quo te oortuig dat hy eindelikdle volle waarheid sou vertel. By die aansoek-om-verlof-om-te-appelleer-stadium is daar 'n aansoek namens hom
gerig/
26.
gerig dat die hof hom nog 'n geleentheid moet gee omgetuienis af te lê. Hierdle relaas sou dan wees dat beskuldigde 1, en nie beskuldlgde 2 soos hy voorheen gesê het nie, hom sou gedreig het om met die moord te help anders sou hy self gedood word. Ene Dawid Seekoei sou hom dan staaf in hierdle nuwe getuienis. Hierdie aansoek het die hof, wat dwarsdeur die ver-hoor besonder lankmoedlg was, heeltemal tereg geweier. Teen hierdle weiering is daar geen hoër beroep nie.
In hierdie Hof is daar namens beskuldigde 3 nie gesteun op beinvloeding of opdragte van bulte die gevangenis nie. die betoog was beperk tot die faktore van jeugdigheid saam met beinvloeding en vrees wat veral deur beskuldigde 1 ingeboesem sou gewees het.
Die/ 27. Die verhoorhof het gefouteer en misgetas, is aan-
gevoer om siegs die voortvarendheid van die jeug
in ag te neem by die oorweging van jeugdigheld as'n versagtende omstandigheid,aldan nie en na te
laat om die ander eienskappe van 'n jeugdige soos
byvoorbeeld sy onvolwassenheld, sy gevolgllke gebrek
aan oordeel, gebrek aan lewenservaring, onrypheid en
vatbaarheld vir beinvloeding te oorweeg. Soos ek
die uitspraak lees, het die verhoorhof juis hierdie
ander eienskappe wat gewoonlik in 'n jeugdige aan-
getref word, in ag geneem deur te oorweeg hoe swaar
dlt in hulle geval weeg. Die slotsom waartoe die
hof gekom het, is dat hierdie ander eienskappe ver-
dlskonteer is deur die soort lewe wat hulle gelei het.
Die/ 28. Die hof het dit beslis nie oor die hoof gesiennie. Dit is verder aangevoer dat die hof verkeer-
delik die bevinding dat daar geen versagtende om-
standighede bestaan nie, gemotiveer het op grond
van getuienis wat die hof klaarblyklik self verwerp het.
In hierdie verband is veral gesteun op die verwerping
van die getuienis dat hulle uitgewys is omdat Sedumedi
alleen "Spaldings" en "Vikings" uitgewys wou hê omdat
hy dan kwansuis bewus sou gewees het van die vyandig-
heid tussen die "Fast Guns", aan welke bende die oor-
ledene behoort het en die "Spaldings" en die "Vikings", waar-
aan o a beskuldigdes 3 en 5 sou behoort het. Dat
beskuldigdes 3 en 5 in hierdie verband leuens vertel
is duidelik maar dit is net so duidelik dat hulle
wel/
29.
wel aan bendes behoort het en dit was gemene saak
dat die moord op gevangenes in die Fort-gevangenis,waarby die oorledene nou betrokke was, 'n bende-smaak
gehad het. Beskuldigdes 4 en 5 skyn die nouste ge-
moeid te gewees het maar beskuldigde 3 het nooit
aangevoer dat hy nle met die ander beskuldigdes
hlerdie sienswyse gedeel het nie. Beskuldigde 3 het
'n besondere aktlewe rol in die verrigtinge geneem.
Hy was saam met die ander daar by bedde 10 en 11
waar die doodvonnis ultgespreek is. Hy is saam met
beskuldigde 1 toe die lig afgeskakel is. Hy het aan
die een kant van die verband waarmee die oorledene
verwurg is, getrek. Hy het gehelp om die liggaam na
die toilet te dra en hy het saam met die ander in
30.die goed van die oorledene gedeel. Dit is waardat hy een van dlé was wat beskuldigde 1 se aan-
deel verswyg het maar van die feit alleen kan nie'n afleiding gedoen word dat hy dit uit vrees vir
beskuldigde 1 gedoen het nie. Soos die verhoor-
regter gesê het, mens kan alleen maar gis wat huile
motief was waarom hulle so opgetree het, maar aan-
gesien beskuldigde 3 soveel leuens vertel het, is
daar geen aanvaarbare getuienis waarvan so 'n aflei-
ding gedoen kan word nie.
Die argumente wat in die belang van beskul-
digde 5 aangevoer is, het hoofsaaklik ooreengestem
met dié wat ten behoewe van beskuldigde 3 voorge-
dra is. Sy aandeel in die gebeure was nog groter
as/ 31. as dié van beskuldigde 3. Dit is, so is af te lei, hy wat saam met beskuldigde 4 die inisiatief geneem het om die hele optrede teen die oorledene aan die gang te sit. Dit is aan hom wat die mededeling deur beskuldigde 4 gemaak is dat Billy Makiet in die sel is. Dit is hy wat saam met beskuldigde 4 eerste vir die oorledene genader het met die versoek dat die ou moeillkheid wat voortgespruit het uit gebeure in die Fort-gevangenis uit die wêreld gemaak moet word. Soos blyk uit die getuienis van Faried Khan het hy 'n belangrike aandeel gehad in die verwurging van die oorledene. Hy het gehelp om die liggaam na die toilet te dra en het saam met die ander gedeel in die buit.
Ek/
32.
Ek het al die argumente wat namens die
appellante aangevoer is, sorgvuldig oorweeg. Die appellante se advokate het my egter nie oortuig dat die verhoorhof enige aspek oor die hoof gesien het of enige aangeleentheid te hoog aangeslaan het nie.
Gevolglik word die appèlle van beide appellante van die hand gewys.
APPèLREGTER
GROSSKOPF, AR)GALGUT, WAR) stem saam
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.