Download PDF

South Africa Judgment

Supreme Court of Appeal

S v Mhlongo (277/87) [1991] ZASCA 73 (30 May 1991)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The Supreme Court of Appeal found that the trial court failed to properly assess the appellant's alibi defence and did not provide reasons for rejecting his testimony. The trial judge merely accepted the State witness and dismissed the appellant's version without engaging with its merits or weaknesses. This approach was contrary to established legal principles requiring the court to consider the credibility of all witnesses and the probabilities of the case. The evidence of the single witness, Manana, was not beyond criticism, and the contradictions in his testimony could be material. The appellant's version was not shown to be so weak that it could not reasonably be true. Accordingly, the conviction could not be sustained. The failure to call assessors did not amount to an irregularity, but the appeal succeeded on the merits of the conviction and sentence.

Court disposition

Appeal upheld; conviction and sentence set aside.

Orders

  • The appeal is upheld.
  • The conviction and sentence are set aside.

02

Material facts

Parties

Samson Mhlongo

Appellant

The State

Respondent

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Appeal Against Conviction and Sentence

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellant argued that the trial court failed to properly consider his alibi defence and did not adequately address the credibility of his testimony. He contended that the State's case rested solely on the evidence of a single witness, Manana, whose testimony contained material contradictions. The appellant maintained that his version was reasonably possibly true and that the trial court erred by simply accepting the State's witness and rejecting his defence without proper reasoning.
Respondent
The respondent argued that the trial court was entitled to accept the evidence of Manana as reliable and that any contradictions in his testimony were not material. It was submitted that the trial judge must be presumed to have considered all the evidence, including the appellant's alibi, and that the conviction was justified on the facts. The respondent further contended that the failure to call assessors did not amount to an irregularity affecting the fairness of the trial.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    R v Ndhlovu 1945 AD 369

    In criminal cases, the burden rests on the State to prove every element of the crime beyond reasonable doubt, including where the defence is an alibi.

  2. 02

    R v Biya 1952 (4) SA 514 (A); R v Hlongwane 1959 (3) SA 337 (A)

    If an accused's alibi might reasonably be true, he must be acquitted; there is no onus on the accused to establish the alibi.

  3. 03

    S v Singh 1975 (1) SA 227 (N); S v Guess 1976 (4) SA 715 (A)

    It is impermissible for a trial court to reject the defence solely because it accepts the State witnesses; the court must consider the merits and demerits of all witnesses and the probabilities of the case.

  4. 04

    S v Chaane 1978 (2) SA 891 (A); S v Dyantyi 1983 (3) SA 532 (A); S v Schoba 1985 (3) SA 881 (A)

    A trial judge is only obliged to call assessors if, before trial, he is of the opinion that the death sentence may be imposed; failure to do so without such opinion is not an irregularity.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The Supreme Court of Appeal found that the trial court failed to properly assess the appellant's alibi defence and did not provide reasons for rejecting his testimony. The trial judge merely accepted the State witness and dismissed the appellant's version without engaging with its merits or weaknesses. This approach was contrary to established legal principles requiring the court to consider the credibility of all witnesses and the probabilities of the case. The evidence of the single witness, Manana, was not beyond criticism, and the contradictions in his testimony could be material. The appellant's version was not shown to be so weak that it could not reasonably be true. Accordingly, the conviction could not be sustained. The failure to call assessors did not amount to an irregularity, but the appeal succeeded on the merits of the conviction and sentence.

Obiter and limits

  • It remains desirable in practice that a judge should always call assessors when an accused is charged with a capital offence, as their assistance can be valuable in avoiding errors.
  • The advantages of assessor assistance in serious criminal trials should not be underestimated, even if the law does not strictly require their appointment in every case.

Court disposition

Appeal upheld; conviction and sentence set aside.

  • The appeal is upheld.
  • The conviction and sentence are set aside.

Source and reliance status

Supreme Court of Appeal

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Supreme Court of Appeal

Judgment

[1991] ZASCA 73

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA ( APPèLAFDELING )

In die saak tussen:

SAMSON MHLONGO AppellantENDIE STAAT Respondent

Coram: E.M. GROSSKOPF, EKSTEEN et GOLDSTONE, ARR.Verhoor: 27 Mei 1991.Gelewer: 30 Mei 1991.

U I T S P R A A K

EKSTEEN, AR :Die appellant is voor die Springs Rond-gang Plaaslike Afdeling aangekla van die misdaad van moord. Hy is skuldig bevind en die doodvonnis opge-lê. Hy kom nou voor ons op appèl teen beide die skuldigbevinding en die vonnis ingevolge die bepalinge van Artikel 316 A van Wet 51 van 1977 ("die Wet") soos gewysig deur Artikel 11 van Wet 107 van 1990.Die Staat se saak het hoofsaaklik op die getuienis van ene Benjamin Manana gerus. Hy was nie alleen 'n enkelgetuie van die gewraakte gebeure nie, maar sy betrokkenheid by daardie gebeure was van so 'n aard dat die aanklaer by die aanvang van sy getuienis dit gerade geag het om die verhoorregter te versoek om

... / 2

2

hom ooreenkomstig die bepalinge van Artikel 204(1) van die Wet te waarsku dat hy verplig^was om vrae te beantwoord selfs al sou dit hom inkrimineer.Manana het getuig dat hy en die appellant saam gegaan het na die plaas Largo waar die appellant vroeër gewoon het. Appellant wou sinkplate van sy eeertydse woning se dak gaan afhaal. By die plaas gekom het appellant na sy (dws. die appellant se) woning gegaan waar hy "h hamer en 'n koevoet gaan haal het. Daarna is hulle na 'n ander huis. Manana en die appellant het op die dak van dié huis geklim, en begin om die sinkplate los te maak. Die oorledene, 'n man van by die 70 jaar wat oor die lee huise toesig

. ... / 3

3

moes hou, daag toe daar op en vra vir die appellant wat

hy dáar maak. Appellant antwoord dat hy sy sinkplate

kom haal het. Die oorledene wys hom toe daarop dat hy

reeds die sinkplate van sy huis verwyder het, en dat

dit nie sy sinkplate was waarmee hy toe besig was nie.

Appellant en Manana het toe van die dak afgeklim.

'n Rukkie later is albei van hulle na die oorledene se

huis. Daar het appellant skoor gesoek met die oor-

ledene, en hom met die hamer wat hy by hom gehad het

oor die kop geslaan. Daarna het die appellant 'n

konka met brandende hou daarin oor die oorledene ge-

skop.

'n Lykskouing is op die oorledene se erg

verbrande lyk gedoen en daar is o.a. 'n 3 cm. gapende

....../ 4

4

laserasie op die middel van oorledene se voorkop gevind.Appellant is op 25 Desember 1988 in hegte-nis geneem in verband met die moord op die oorledene, en op 10 Januarie 1989 is Manana ook ge-arresteer. Albei van hulle is aanvanklik van die moord aangekla maar na-dat hulle op 19 Januarie 1989 ooreenkomstig die bepa-linge van Artikel 119 van die Wet voor 'n landdros ge-bring is om op die aanklag te pleit, is die aanklag teen Manana teruggetrek. Soos reeds gemeld het hy later by die verhoor teen die appellant getuig.Appellant het ook by die verhoor getuie-nis afgelê. Sy verweer was 'n alibi. Hy het getuig dat hy die betrokke dag by sy mense op die plaas Drie-fontein was en dat hy nooit die dag saam met Manana

....../5

5

op die plaas Largo was nie.Manana is by die verhoor onder kruisver-hoor geneem na aanleiding van wat hy aan die landdros gesê het by die Artikel 119 verrigtinge. Verskeie weersprekings tussen wat hy daar gesê het en wat hy later by die verhoor getuig het is uitgelig.

In sy uitspraak het die verhoorregtermet hierdie weersprekings gehandel en het hy hulle al-mal afgemaak as sou hulle nie wesenlik van aard weesnie. Hy vervolg dan om te bevind:

"Na my mening was Benjamin 'n betroubare getuie. Ek verwerp die weergawe dat hy sy getuienis teen die beskuldigde gelewer het net aangesien hulle 'n rusie oor 'n meisie vyf jaar gelede gehad het. Ek moet sê dat die weersprekings wat mnr. Oosthuysen gemeld het is nie wesenlik nie en ek aanvaar die getuienis

.... / 6

6

van Benjamin in geheel.

Ek moet nou weer na die beskuldigde se weergawe kyk. Hy sê hy was nie op die toneel op daardie dag, 10 September 1988 nie, hy was nie daar nie. Hy sê dat hy elders was op die plaas Driefontein. In daardie omstandighede is daar vir my geen alternatief, maar om die feit te aanvaar eerstens, dat hy daardie dag teenwoordig was en tweedens, die wonde wat deur die distriksgeneesheer beskryf is, ver-oorsaak het."

Op geen stadium in sy uitspraak het diegeleerde Regter gepoog om met die getuienis van die appel-lant te handel nie. Hy meld nie watter indruk die ap-pellant as 'n getuie op hom gemaak het nie. Hy wys ooknêrens op enige swakhede in die appellant se getuienisnie, behalwe om by een geleentheid terloops te melddat dit "snaaks" is dat appellant getuig het dat dierusie tussen hom en Manana vyf jaar vantevore plaas-

...../77gevind het, terwyl appellant se advokaat dit aan Manana ge-stel het dat die rusie twee jaar vantevore plaasgevind het.Dit is geykte reg dat by 'n strafsaak die bewyslas op die Staat rus om die skuld van die beskuldig-de, dws. elke bestanddeel van die misdaad, bo redelike twyfel te bewys benewens sekere uitsonderings wat nie nou ter sake is nie. (R. v. Ndhlovu 1945 A.D. 369.) Dit geld ook waar die verweer 'n alibi is. Dit is nie nodig dat die verhoorhof die beskuldigde se ge-tuienis moet glo nie, maar as daardie getuienis rede-lik moontlik waar kan wees dan kan 'n skuldigbevinding nie volg nie. (R. v. Biya 1952 (4) SA 514 (A) op 521 D - E.) In R. v. Hlongwane 1959 (3) SA 337 (A) sê Holmes, Wn. AR op 340 H:

.... / 8

8

"The legal positipn with regard to an alibi is that there is no onus on an accused to estab-lish it, and if it might reasonably be true he must be acquitted."

en op 341 A sê hy:

" ... it is wrong for a trial Court to reason thus: 'I believe the Crown witnesses. Ergo, the alibi must be rejected'. See also R. v. Tusini and Another 1953 (4) SA 406 (A.D.) at p 414."

Uit die passasie in die uitspraak van die geleerde regter a quo wat ek hierbo aangehaal het, wil dit vir my voorkom dat dit presies is wat hy in die onderhawige geval gedoen het.Mnr. Becker, wat die saak namens die respondent voor ons beredeneer het, het aangevoer dat ons moet aanneem dat die geleerde verhoorregter die

..../ 9

9

getuienis van die appellant sorgvuldig oorweeg het en dit om gegronde redes verwerp het. Daar is egter niks in sy uitspraak wat hierop dui nie, en na my me-ning kan dit nie sondermeer aanvaar word dat dit ge-skied het nie. Dit word van 'n verhoorregter verwag om met al die getuienis voor hom te handel en aan te toon waarom hy sekere getuienis aanvaar, en waarom hy ander verwerp. (Schoonwinkel v. Swart's Trustee 1911 T.P.A. 397 op 401.) Die juiste benadering word deur Leon R. in S. v. Singh 1975 (1) SA 227 (N) op p 228 F - 'n (h passasie wat met goedkeuring deur hierdie Hof in S. v. Guess 1976 (4) SA 715 (A) op 718 'n - 719 A aangehaal is) soos volg weergegee:

" ... it would perhaps be wise to repeat once

.... / 10

10

again how a court ought to approach a crimi-nal case on fact where there is a conflict of fact between the evidence of the State witnesses and that of an accused. It is quite imper-missible to approach such a case thus: be-cause the court is satisfied as to the relia-bility and the credibility of the State witne-ssesthat, therefore, the defence witnesses, including the accused, must be rejected. The proper approach in a case such as this is for the court to apply its mind not only to the merits and the demerits of the State and the defence witnesses but also to the probabilities of the case. It is only after so applying its mind that a court would be justified in reaching a conclusion as to whether the guilt of an accused has been established beyond all reasonable doubt. The best indication that a court has applied its mind in the proper manner in the above-mentioned example is to be found in its reasons for judgment including its reasons for the acceptance and the rejection of the respect-ive witnesses."

Die geleerde verhoorregter het versuim om

......./ 11

11hierdie benadering toe te pas, en daarin het hy ge-dwaal. Die getuienis van die enkelgetuie Manana, soos ek reeds daarop gewys het, was sekerlik nie bo kritiek nie. Dat sekere van die weersprekings, wat deur die verhoorregter as nie wesenlik van aard afge-maak is, diepgaande en wesenlik kan wees, is vatbaar vir betoog. Dit is nie nodig om hierop in te gaan nie. Dit kan ook nie, op 'n deurlees van die oorkonde, gesê word dat die appellant se getuienis, alhoewel ook moontlik onderhewig aan kritiek, so swak was dat dit nie redelik moontlik waar kan wees nie. In die lig hiervan meen ek nie dat die skuldigbevinding gehand-haaf kan word nie.

Daar is een ander aspek van hierdie verhoor

...../ 12

12

waarmee ek wil handel. Dit blyk uit die oorkonde dat die geleerde regter die saak verhoor het sonder assessore. Dit is so dat Artikel 145(2) van die Wet 'n verhoorregter slegs verplig om assessore by 'n ver-hoor te neem indien hy voor die verhoor van oordeel is dat, in geval van 'n skuldigbevinding en met inag-neming van die omstandighede van die geval, die dood-vonnis opgelê kan word. Sonder afdoende bewys dat hy wel voor die verhoor so 'n oordeel daarop nagekom het, kan sy versuim om assessore op te roep nie as 'n onreëlmatigheid by die verhoor beskou word nie. (S. v. Chaane en Andere 1978 (2) SA 891 (A); S. v. Dyantyi 1983 (3) SA 532 (A) en S. v. Schoba 1985 (3) SA 881 (A).) Dit bly egter m.i. steeds wenslik in

....../ 13

13die praktyk dat waar 'n beskuldigde op 'n halsmisdaad teregstaan 'n verhoorregter altyd assessore sal oproep om hom by te staan. (R. v. Mati and Others 1960 (1) SA 304 (A) op 306 D - F; S. v. Adriantos en 'n Ander 1965 (3) SA 436 (A) op 437 E - G en S. v. Malinga 1987 (3) SA 490 (A) op 498 A - 499 B.) Dit is nie altyd moontlik om vooraf uit die akte van beskuldiging en die bygaande opsomming van die wesenlike feite in die saak ooreenkom-stig Artikel 144(3) van die Wet, 'n behoorlike oordeel te vel of die doodvonnis waarskynlik aan die einde van die verhoor opgelê sou word nie, maar die moontlikheid daarvan kan selde uitgesluit word. 'n Aanklag op 'n halsmisdaad is 'n ernstige aanklag en die voordele wat die bystand van assessore by die verhoor 'n regter kan

..../14

14

bied, moet nie onderskat word nie. Indien die ver-hoorregter in die onderhawige geval die wenke van hierdie Hof in laasgenoemde drie gewysdes nie ver-ontagsaam het nie, en die bystand van assessore ge-niet het, sou hy besmoontlik nie dieselfde gevaar geloop het om te dwaal soos hy gedoen het nie.Die appël word derhalwe gehandhaaf en die skuldigbevinding en vonnis word tersyde gestel.

J.P.G. EKSTEEN, AR

E.M. GROSSKOPF, AR )

stem saam GOLDSTONE, AR )

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

R v Ndhlovu 1945 AD 369

Case cited

R v Biya 1952 (4) SA 514 (A)

Case cited

R v Hlongwane 1959 (3) SA 337 (A)

Case cited

R v Tusini and Another 1953 (4) SA 406 (AD)

Case cited

Schoonwinkel v Swart's Trustee 1911 TPA 397

Case cited

S v Singh 1975 (1) SA 227 (N)

Case cited

S v Guess 1976 (4) SA 715 (A)

Case cited

S v Chaane 1978 (2) SA 891 (A)

Case cited

S v Dyantyi 1983 (3) SA 532 (A)

Case cited

S v Schoba 1985 (3) SA 881 (A)

Case cited

R v Mati and Others 1960 (1) SA 304 (A)

Case cited

S v Adriantos en 'n Ander 1965 (3) SA 436 (A)

Case cited

S v Malinga 1987 (3) SA 490 (A)

Case cited

Criminal Procedure Act 51 of 1977

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Criminal Law Amendment Act 107 of 1990

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.