S v Simbaranda (67/89) [1989] ZASCA 107 (19 September 1989)
- Citation
- [1989] ZASCA 107
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- V Vivier, HJ van Heerden, MT Steyn
- Case number
- 67/89
More details
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- V Vivier, HJ van Heerden, MT Steyn
- Case number
- 67/89
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court found that the appellant's involvement in the crimes was active and deliberate. He guarded the victims while his co-accused committed the murders, made no objection to the killings, and assisted in disposing of the bodies. The appellant was fully aware of and reconciled himself to the criminal acts, including the murders and robbery. The court held that neither the absence of direct intent nor the claim of a passive role constituted mitigating circumstances. The crimes were premeditated, violent, and executed with disregard for the lives of innocent people. There was no justification to interfere with the findings of the trial court or the sentences imposed, including the death penalty for murder and robbery.
Court disposition
Appeal dismissed; convictions and sentences, including death sentences, confirmed.
Orders
- The appeal is dismissed.
- The convictions and sentences imposed by the trial court are confirmed.
02
Material facts
Parties
Petrus Simbaranda
AppellantThe State
RespondentAmounts and remedies
- Amount Stolen From Victim's House: ZAR 12,000
- Appellant's Share of Proceeds: ZAR 3,000
- Sentence for Impersonating Police Officer (count 1): ZAR 12
- Sentence for Theft (count 7): ZAR 6
- Sentence for Escape From Custody (count 8): ZAR 12
03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Appeal Against Sentence and Finding of No Mitigating Circumstances
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the appellant's role in the murders and robbery amounted to mitigating circumstances.
- 02
Whether the death sentences imposed for murder and robbery should be set aside.
Party arguments
- Applicant
- The appellant argued that he did not have direct intent to kill and played a passive role in the murders, which should reduce his moral blameworthiness and constitute mitigating circumstances.
- Respondent
- The State contended that the appellant was actively involved in the planning and execution of the crimes, fully associated himself with the murders, and that no mitigating circumstances were present to justify interference with the sentences imposed.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
S v Safatsa and Others 1988 (1) SA 868 (A)
A person who actively participates in a joint criminal enterprise and foresees the possibility of death, and reconciles himself to it, cannot claim a passive role as a mitigating factor.
- 02
S v Makwanyane and Another 1995 (3) SA 391 (CC)
Mitigating circumstances must be substantial and relevant to reduce moral blameworthiness in sentencing for serious crimes.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court found that the appellant's involvement in the crimes was active and deliberate. He guarded the victims while his co-accused committed the murders, made no objection to the killings, and assisted in disposing of the bodies. The appellant was fully aware of and reconciled himself to the criminal acts, including the murders and robbery. The court held that neither the absence of direct intent nor the claim of a passive role constituted mitigating circumstances. The crimes were premeditated, violent, and executed with disregard for the lives of innocent people. There was no justification to interfere with the findings of the trial court or the sentences imposed, including the death penalty for murder and robbery.
Obiter and limits
- The court noted that the planning and execution of the crimes demonstrated a callous disregard for human life and that the appellant's conduct throughout was consistent with full participation in the criminal enterprise.
- The appellant's failure to testify on mitigating circumstances further weakened his case for leniency.
Court disposition
Appeal dismissed; convictions and sentences, including death sentences, confirmed.
- The appeal is dismissed.
- The convictions and sentences imposed by the trial court are confirmed.
Source and reliance status
Supreme Court of Appeal
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Supreme Court of Appeal
Judgment
Saak nr 67/89 /MC
PETRUS SIMBARANDA
- en -
DIE STAAT
VIVIER AR
1.
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen
PETRUS SIMBARANDA Appellant- en -DIE STAAT Respondent
CORAM: VAN HEERDEN, VIVIER et
STEYN ARR.VERHOOR: 18 September 1989.GELEWER: 18 September 1989.REDES INGEDIEN: 19 September 1989.
REDES VIR UITSPRAAK.
VIVIER AR.
2/...2. VIVIER AR:
Die appellant is in die Hooggeregshof van Suidwes-Afrika deur HENDLER R en twee assessore skuldig bevind op 'n aanklag dat hy hom as 'n lid van Suidwes-Afrika se polisiemag voorgedoen het (klagte 1), 'n aanklag van roof met verswarende omstandighede (klagte 2), vier aanklagte van moord (klagtes 3, 4, 5 en 6), een aanklag van diefstal (klagte 7) en een aanklag van ontvlugting uit aanhouding (klagte 8). Die Verhoorhof het ten opsigte van elkeen van die vier aanklagte van moord bevind dat daar geen versagtende omstandighede aanwesig was nie en die appellant is gevolglik op elkeen van hierdie aanklagte ter dood veroordeel. Op die aanklag van roof is hy ook die doodstraf opgelê. Op klagte 1 is hy tot 12 maande gevangenisstraf, op
3/...
3.
klagte 7 tot 6 maande gevangenisstraf en op klagte 8 tot een jaar gevangenisstraf gevonnis. Met verlof van die Hof a quo appelleer die appellant na hierdie Hof teen die bevindings dat daar by die vier klagtes van moord geen versagtende omstandighede was nie en die gevolglike doodvonnisse hom opgelê, sowel as teen die doodvonnis wat hom weens roof opgelê is.Die ter saaklike feite wat nie tans in geskil is nie, is die volgende: Gedurende die nag van Sondag 21 Februarie 1988 het die appellant en ene Timotheus Kandjama Moshell na die huis van Josef Sindimba Sipumbu by 'n plekkie bekend as Myl 30 langs die hoofpad tussen Rundu en Grootfontein gegaan, waar Josef, sy vrou Maria, hulle 15-maande oue seuntjie, Mbambo, Maria se broer, Abraham,en ene Agatius Sipumbu geslaap het. Die appellant en Moshell was beide in uniforms van die polisie geklee
4/...
4.
alhoewel geeneen lid van die mag was nie, en was met 'n gelaaide R4 outomatiese geweer gewapen. Hulle het die inwoners van die huis met die vuurwapen gedreig en Josef met geweld uit sy huis geneem. Hulle het aan hom gesê dat hulle lede van die polisiemag is en dat hulle hom arresteer en na Grootfontein neem omdat hy verkeerde dinge sou gedoen het. Josef se ouers, Sipumbu Haupindi en Aluisa Mavanza, wat naby Josef bly en wat intussen deur Maria ontbied is, het onraad vermoed en het daarop aangedring om saam te gaan. Al die lede van die familie, met die uitsondering van Agatius, wat weggehardloop het, het toe saam met die appellant en Moshell in Josef se twee voertuie, 'n BMW motor en 'n Ford bakkie, wat die betrokke nag buite sy huis geparkeer was, vertrek. In die BMW, bestuur deur Moshell, was Maria en Mbambo, terwyl die ander
5/...
5.
in die Ford was wat voor gery het en bestuur is deur die appellant. Ongeveer 30 km verder in die rigting van Grootfontein, in die omgewing van 'n plekkie bekend as Nambeyo, het die voertuie van die hoofpad afgedraai en in die veld gestop. Na beraadslaging tussen die appellant en Moshell het laasgenoemde met Maria en haar kind in die BMW vertrek en later teruggekeer met R2 000-00 wat hulle in Josef se huis gaan haal het. Beide voertuie het verder in die rigting van Grootfontein gery. Hulle het later weer in die veld gestop waar die appellant en Moshell weer beraadslaag het. Die appellant het daarna Josef se ouers in die kajuit van die Ford toegesluit en hy en Moshell het die ander in die BMW teruggeneem na Josef se huis waar nog sowat R10 000-00 gevind en aan hom en Moshell oorhandig is. Hulle het daarna teruggekeer tot waar hulle die Ford
6/...
6.
in die veld gelaat het. Josef se ouers het intussen daaraan gedink om die ruite van die kajuit af te draai en by die vensters uit te klim en so te ontvlug. In die omgewing waar hulle gestop het, is Josef, Abraham, Maria en Mbambo daarna die een na die ander om die lewe gebring. Eers het Moshell, volgens die appellant, aangedui dat hy Josef wou ondervra en Moshell het toe vir Josef gedwing om in die bakkie te klim. Hulle het 'n entjie weggery tot waar Moshell gestop en Josef met die geweer doodgeskiet het. Daarna het Moshell, volgens die appellant, gesê dat hy met Abraham wou praat. Moshell het 'n lang jagmes uit die BMW geneem, Abraham uit die BMW gedwing en hom 'n aantal dodelike steekwonde in die nek en bors toegedien. Volgens die appellant het Moshell hom daarna gevra om Maria dood te maak. Hy het geweier en Moshell het toe vir
7/...
7.
Maria met die geweerkolf oor die agterkop op die grondneergevel en haar daarna nie minder nie as 27 steekwondeoor die boonste gedeelte van haar liggaam toegedien.'n Aantal van die wonde aan haar bors en nek was noodlottig.Moshell het die appellant daarna versoek om Mbambodood te maak. Hy het weer geweier en Moshell het toeself die kind se keel met die mes afgesny, waarna dieappellant die lykie opgetel en tussen die bosse ingegooihet. Die appellant en Moshell het toe in die tweevoertuie na Windhoek vertrek waar beide voertuie vervreem isen die appellant ongeveer R3 000-00 as sy deel vandie buit ontvang het. Twee dae later, op Dinsdag
23 Februarie 1988, het Moshell die appellant op Grootfonteinafgelaai en self verder na Rundu gereis. Hy is egterdieselfde nag gearresteer nadat hy in 'n padblokkade
voorgekeer is. Die appellant is kort daarna gearresteer.
8/...
8.
Moshell het voor die verhoor uit aanhouding ontvlug en sy lyk is later uit die Kavango-rivier gehaal waar hy blykbaar verdrink het. Die appellant het ook ontvlug en klagtes 7 en 8 hou met daardie voorval verband.Die Verhoorhof het in sy uitspraak oor die meriete bevind dat die appellant en Moshell die betrokke aand na Josef se huis gegaan het met die gemeenskaplike opset om Josef te beroof en dat die appellant die dood van die oorledenes voorsien en hom daarmee versoen het. Josef het vir die maatskappy Consolidated Diamond Mines gewerk en was 'n vermoënde man wat hulle vermoed het waarskynlik geld by hom sou hê. Die appellant se getuienis tot die teendeel is verwerp en die Hof a quo het hom 'n leuenagtige getuie bevind.Die appellant het nie weer by die verhoor getuig toe die vraag van versagtende omstandighede
9/...
9.
ter sprake gekom het nie. Namens hom is wel betoog dat die afwesigheid van die direkte opset om te dood sowel as die feit dat hy 'n passiewe rol gespeel het by die moorde, sy morele verwytbaarheid verminder het. Die meerderheid van die Hof a quo het bevind dat hierdie twee faktore nie die appellant se morele verwytbaarheid verminder het nie, terwyl een van die lede van die Verhoorhof bevind het dat dit wel die geval was en dat versagtende omstandighede gevolglik aanwesig was.Alhoewel die appellant nie self die oorledenes doodgemaak het nie, kan sy rol, na my mening, glad nie as passief bestempel word nie. Hy het die orige drie slagoffers opgepas terwyl Moshell vir Josef om die lewe gebring het. Volgens die appellant het Moshell by sy terugkeer, nadat hy vir Josef doodgeskiet het, aan hom gesê wat hy gedoen het. Toe Moshell daarna
10/...
10.
die jagmes uit die BMW gaan haal en vir Abraham wegneem, kon daar geen twyfel by die appellant oor Moshell se voornemens bestaan het nie. Weer eens, egter, aanvaar die appellant sy rol om Maria en haar kind op te pas terwyl Abraham doodgemaak word. Die appellant het geen beswaar gemaak nie, ook nie toe Maria en Mbambo daarna om die lewe gebring is nadat Moshell die appellant uitdruklik vooraf van sy voornemens verwittig het nie. Inderdaad het hy gehelp om van laasgenoemde se lyk -ontslae te raak. Dit is duidelik dat die appellant aktief meegedoen het aandie moorde en hom ten volle daarmee vereenselwig het. Gevolglik kan geeneen van die twee faktore wat hierbo genoem is, as versagtende omstandighede beskou word nie.
Wanneer na al die omstandighede van die saak gekyk word, was dit 'n goed beplande roof wat gewelddadig
11/...
11.
en meedoënloos uitgevoer is om die maksimum bedrag geld te roof ongeag die lot van 'n hele aantal onskuldige mense, waarna die vier oorledenes op 'n genadelose en koelbloedige wyse vermoor is. Daar is, na my mening, geen.regverdiging om met die bevinding van die meerderheid van die Verhoorhof ten opsigte van versagtende omstandighede, of met die oplegging van die doodstraf deur die Verhoorregter vir die roof, in te meng nie. Die advokaat wat namens die appellant voor ons verskyn het, kon ook geen rede aanvoer waarom hierdie Hof moet inmeng nie.
Vir bogemelde redes is die appèl op 18 September 1989 afgewys,
W. VIVIER AR.
H.J.O. VAN HEERDEN AR.
M.T. STEYN AR.
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.