Download PDF

South Africa Judgment

Supreme Court of Appeal

S v Swanepoel (350/83) [1984] ZASCA 152; [1985] 1 All SA 427 (A) (29 November 1984)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court held that the appellant, as the accused, bore the onus to prove on a balance of probabilities that his conduct fell within the protection of section 49(2) of the Criminal Procedure Act. The appellant failed to establish that there were no reasonable alternatives to using deadly force to effect the arrest or prevent escape. The evidence showed that the appellant could have used other means, such as blocking the vehicle or calling for assistance, and that the deceased did not exhibit conduct amounting to flight or resistance justifying lethal force. The court found that the appellant's belief that the deceased was a dangerous fugitive was mistaken and that his actions were not reasonable in the circumstances. Consequently, the statutory justification did not apply, and the conviction for culpable homicide was upheld.

Court disposition

Appeal dismissed; conviction for culpable homicide confirmed.

Orders

  • The appeal is dismissed.
  • The conviction and sentence for culpable homicide are confirmed.

02

Material facts

Parties

Stephanus Petrus Swanepoel

Appellant Counsel: Grobbelaar

The State

Respondent

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Appeal Against Conviction for Culpable Homicide

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellant, a police officer, argued that he acted under the authority of section 49(2) of the Criminal Procedure Act, believing the deceased was a dangerous fugitive and that lethal force was necessary to effect the arrest. He contended that the State bore the onus to prove beyond reasonable doubt that he was not protected by section 49(2), relying on precedent and analogies to self-defence. He further argued that his actions were reasonable under the circumstances and that he did not intend to kill the deceased.
Respondent
The State argued that the appellant was not entitled to the protection of section 49(2) because he did not prove, on a balance of probabilities, that no other means were available to effect the arrest or prevent escape except by killing. The State maintained that the onus rests on the accused to establish the statutory justification, as held in Rex v Britz and subsequent case law. The State further contended that the appellant had reasonable alternatives to the use of deadly force and that his conduct amounted to culpable homicide.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Rex v Britz, 1949 (3) SA 293

    A person who seeks the protection of section 49(2) of the Criminal Procedure Act must prove, on a balance of probabilities, that all statutory requirements for justification are met.

  2. 02

    Criminal Procedure Act 51 of 1977, section 49(2)

    Section 49(2) only justifies killing if there is no other way to effect arrest or prevent escape; mere belief or suspicion is insufficient.

  3. 03

    Mazeka v Minister of Justice, 1956 (1) SA 312 (A); R v Labuschagne, 1960 (1) SA 632 (A)

    The onus of proof for statutory justification under section 49(2) rests on the accused, not the State.

  4. 04

    Matlou v Makhubedu, 1978 (1) SA 946 (A)

    The statutory justification under section 49(2) is distinct from self-defence and may apply to a broader range of offences, but the requirements must be strictly satisfied.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court held that the appellant, as the accused, bore the onus to prove on a balance of probabilities that his conduct fell within the protection of section 49(2) of the Criminal Procedure Act. The appellant failed to establish that there were no reasonable alternatives to using deadly force to effect the arrest or prevent escape. The evidence showed that the appellant could have used other means, such as blocking the vehicle or calling for assistance, and that the deceased did not exhibit conduct amounting to flight or resistance justifying lethal force. The court found that the appellant's belief that the deceased was a dangerous fugitive was mistaken and that his actions were not reasonable in the circumstances. Consequently, the statutory justification did not apply, and the conviction for culpable homicide was upheld.

Obiter and limits

  • The dangers of misuse of section 49(2) are greater in contemporary society, and strict adherence to its requirements is necessary to prevent abuse.
  • The statutory justification under section 49(2) is not equivalent to self-defence; the proportionality requirement in self-defence does not apply to section 49(2), which may cover less serious offences.
  • Criticism of the Britz decision regarding the onus of proof is noted, but the court is not persuaded that the legislature intended a different approach in subsequent statutes.

Court disposition

Appeal dismissed; conviction for culpable homicide confirmed.

  • The appeal is dismissed.
  • The conviction and sentence for culpable homicide are confirmed.

Source and reliance status

Supreme Court of Appeal

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Supreme Court of Appeal

Judgment

[1984] ZASCA 152

Saak nr. 350/83 E du P

IN DIE H00GGEREGSH0F VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING) In die saak tussen:

STEPHANUS PETRUS SWANEPOEL Appellant

en

DIE STAAT . . RespondentCoram: RABIE, HR, JOUBERT, CILLIé, VILJOEN et HEFER, ARR.Verhoordatum: Leweringsdatum:

12 November 1984. 29 November 1984.

U I T S P R A A K RABIE, HR:

Die/

Die appellant het in die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling op 'n aanklag van moord tereggestaan. Die Staat het beweer dat hy op 4 Maart 1983 in die distrik Johannesburg ene Jacobus Nicholaas Duvenhage wederregtelik en opsetlik doodgeskiet het. Die appellant is aan strafbare manslag skuldig bevind en tot 3 jaar gevangenisstraf, wat op sekere voor-waardes vir 5 jaar opgeskort is, veroordeel. Hy appelleer nou, met die toestemming van die verhoor-regter (Le Roux, R), teen sy skuldigbevinding.

Die appellant is 'n, lid van die Suid-Afrikaanse Polisie. Ten tyde van die gebeure wat

tot die aanklag teen hom aanleiding gegee het, was

hy 'n speurder-adjudant-offisier en lid van die

Afdeling/..

2(a)

Afdeling Voertuigdiefstal. Teen die einde van Februarie 1983 is daar 'n aantal motordiefstalle in Johannesburg gepleeg en die polisie het vermoed dat ene Hermanus Nieuwoudt daarby betrokke was. Daar is 'n lasbrief vir sy arrestasie uitgereik. Die polisie het hom as 'n gevaarlike misdadiger beskou wat nie sou aarsel om te skiet as hy vasgekeer word nie. Die appellant het hom 'n klompie jare tevore ook persoonlik geken toe Nieuwoudt by die Johannesburgse Verkeersafdeling gewerk het. Hy het hom daarna weer af en toe gesien. Op 28 Februarie 1983 is in 'n radio-nuusuitsending gesê dat die polisie op soek was na Nieuwoudt, en op dieselfde dag het daar ook 'n foto van hom op die televisieskerm

verskyn/.......

3 verskyn. Op 3 Maart 1983 is aan die polisie berig dat iemand gesien het dat Nieuwoudt 'n Cortina-motorkar, met registrasienommer FHZ 911 T, bestuur. Daar is dadelik besluit om die voertuig te probeer opspoor en die polisiemanne wat aan die soektog sou deelneem,is ge-waarsku om versigtig te wees daar Nieuwoudt nie sou huiwcr om geweld te gebruik nie. 'n Soekkog na die Cortina is dieselfde dag op tou gesit. Dit het niks opgelewer nie, maar dit is die volgende dag om ongeveer 3 nm. hervat toe daar 'n berig ontvang is dat die Cortina in die omgewing van D.F. Malanrylaan opgemerk is. Verskeie polisievoertuie, een waarvan deur die appellant bestuur is,'het aan die soektog deel-

geneem/ 4 geneem. Daar was twee ander polisiemanne saam met die appellant in die voertuig. Die een was speurder-adjudant-offisier M. Appelgryn, en die ander een was 'n konstabel De Waal. Al drie van hulle was in burgerdrag en daar was niks aan hulle voertuig wat getoon het dat dit 'n polisievocrkuig was nie.Die appellant het op D.F. Malanrylaan suidwaarts in die rigting van die middestad gery. Hierdie rylaan is 'n breë dubbelweg met 'n eiland in die middel en drie verkeersbane aan elke kant daarvan. Terwyl hy so voortry, het die appellant 'n wit Cortina, met registrasienommer FHZ 911 T, voor hom sien ry -ook in die rigting van Johannesburg. Hy het dadelik

per/ 5 per radio aan luitenant Vollgraaf, wat in beheer van die soektog was maar wat in 'n ander rigting aan die soek was, gerapporteer dat hy die Cortina gevind het. Hy het Vollgraaf ook meegedeel waar hy (die appellant) hom op daardie tydstip bevind het. Vollgraaf se ant-woord was dat die appellant die Cortina moet volg en "die man" moet arresteer.Op hierdie punt, voordat op die verloop van die agtervolging van die Cortina gelet word, moet eers gesê word dat die bestuurder van die voertuig 'n mnr Duvenage (die oorledene) was, en nie Nieuwoudt, soos die appellant gedink het nie. Die nommer op die nommerplate van die Cortina was 'n egte registrasie-nommer, terwyl die nommer op die nommcrplate van die

Cortina/

6Cortina waarmee Nieuwoudt rondgeryhhet, vals was. Die twee Cortina's het eners gelyk, en dit blyk dat die oorledene en Nieuwoudt ook heelwat op mekaar gelyk het. Albei het 'n snor en swart krulhare gehad.Ek keer nou terug na appellant se ge-tuienis oor die agtervolging van die Cortina. Die Cortina het op die hoek van D.F. Malanrylaan en Milnerstraat stilgehou omdat die robotlig rooi was. Die appellant het sowat 10 tree agter die Cortina stilgehou. Daar was geen voertuig tussen hom en die Cortina nie, en albei voertuie was in die regterkantse baan, d.w.s. langs die eiland. Appelgryn en De Waal, elk met 'n pistool in die hand, het uit hulle voer-tuig uitgespring en na die Cortina toe gehardloop,

maar/...7 maar voordat hulle dit kon bereik, het die robotlig na groen oorgeslaan en die Cortina weggetrek. Hulle het toe weer na hulle voertuig toe gehardloop en die appellant het die Cortina gevolg. Voordat hulle die volgende dwarsstraat - Mendelsohnstraat - bereik het, het die appellant effens vinniger gery en na links beweeg totdat hy langs die Cortina, wat toe regs van hom was, gery het. Sy doel was, het hy getuig, om te "sien wie bestuur daardie voertuig". Hy het na die bestuurder, wat die enigste persoon in die voertuig was, gekyk, en hy het geglo dat dit Nieuwoudt was. Hy het getuig dat hy sy regterhand by die ruit regs van die stuurwiel uitgesteek het en dit op en af beweeg het om aan die bestuurder te toon dat hy moet stilhou.

Hy/.. 8 Hy het ook, het hy gesê, "stop!" en "polisie!" geskreeu. (Twee persone wat agter die polisievoertuig gery het, het getuig dat hulle geen handgebare gesien het nie en ook geen geskreeu gehoor het nie. Appelgryn het getuig dat die appellant handgebare gemaak het, maar in kruisondervraging het dit geblyk dat hy geen sodanige gebare gesien het nie.) Die appellant het nie sy toeter gedruk nie. Die bestuurder van die Cortina, het hy gesê, het oor sy linkerskouer gekyk en hulle het toe na mekaar gekyk. Hy het vas geglo dit is Nieuwoudt. Die bestuurder het egter geen teken getoon dat hy hom herken nie en het ook nie op sy handbewegings en geskreeu gereageer nie: Hy het maar net aangehou ry soos hy gery het, nie stadiger nie en ook nie

vinniger/.

9

vinniger nie. (Hulle het waarskynlik teen 'n snelheidvan 60 km per uur, of miskien 'n klein bietjie meer, gery.)Vanweë hierdie afwesigheid van reaksie van die kantvan die bestuurder van die Cortina, het die appellantgetuig, was di t vir hom "duidelik" dat "hierdie man nou'n poging aanwend om my te vermy want hy ken my dan ook."Hy het toe sy pistool geneem en dit "in die rigtingvan die wit kar" afgevuur. Hy het getuig dat hy niegeweet het of hy die Cortina raakgeskiet het nie.(Dit het later geblyk dat die koeël die "pilaar"tussen die voorste en agterste ruit van die voertuiggetref het.) Die Cortina het aangery en hy het toe'n tweede skoot "in die rigting van die voertuig"gevuur. Die koeël het deur die voorste ruit, wat

gebreek/....

10

gebreek het, gegaan.Dit het die oorledene op sy

linkersy,op 'n plek tussen die agste en negende rib,

getref en sy liggaam binnegedring.Die oorledene

het dadelik sy rem getrap en stilgehou.Hy was nog

in staat om na die eiland toe te loop, maar het daar

inmekaargesak.Hy is later die middag in die hospitaal

dood.

Toe die appellant gevra is waarom hy die

eerste skoot nie in die lug geskiet het nie, was sy

antwoord dat hulle in 'n bewoonde gebied was en dat

iemand dalk noodlottig beseer kon word.In antwoord

op 'n verdere vraag het hy gesê dat hy nie na 'n band

van die Cortina wou skiet nie omdat die koeël kon

"wegskram" en iemand dood.Hy is ook gevra waarom

hy / ........

11

hy nie met sy voertuig teen die Cortina kon vasgeryhet nie en hierop was sy antwoord dat die Cortina dalkkon omgeslaan of oor die eiland geswaai het en teenaankomende verkeer gebots het.Toe hy gevra is waaromhy die tweede skoot geskiet het, het hy geantwoord:

"Omrede Nieuwoudt genoeg tyd gehad hetom stil te hou kon ek nie 'n ander maniersien om hom te laat besef hy moet noustilhou nie want hy ken my dan as 'n polisieman. "

En ook:

"Dit is die enigste manier wat ek nouinsien om vir Nieuwoudt tot stilstandte bring."

In kruisondervraging het hy in hierdie verband ook

gesê :

"Ek/....

12

"Ek het ook gevoel die man is desperaat,hy wil nou wegkom, hy sal nou enige dingdoen."

Die appellant het verder gesê dat hy nie sy toetergedruk het nie omdat hy geglo het dat Nieuwoudt homgesien en as polisieman herken het.

In antwoord op 'n vraag van die verhoor-

regter met betrekking tot die afvuur van die tweede

skoot, het die appellant gesê:

"Weer eens het ek in die rigting van die

voertuig geskiet, ek het nie spesifiek

gekorrel nie maar ek het my skote laagprobeer hou."

In verband met die tydsverloop tussen

die eerste en die tweede skoot het die appellant ge-

antwoord/

13

antwoord dat hy nie kon sê hoe lank dit was nie, maar

dat hy sou "raai" dat dit twee, of miskien drie, sekondes

kon gewees het. (Volgens wat die appellant 'n tydjie

ná die voorval aan die polisie gesê het, het hy tussen

die eerste en tweede skoot ongeveer 60 meter gery.)

In hierdie tyd, het hy gesê, het hy nie weer tekens met

sy hand gegee of geskreeu nie.

Die appellant het 'n tydjie ná die voor-

val toegestem om aan die polisie te demonstreer in

welke posisie die twee voertuie was toe hy die tweede

skoot geskiet het en hoe hy geskiet het. Vir die

doel van die demonstrasie is twee Cortina-voertuie

gebruik. Die appellant het die voertuie in die

posisie/.....

14

posisie geplaas waarin sy en die oorledene se voertuig

op die betrokke dag was toe hy die tweede skoot

geskiet het. Hy het toe agter die stuurwiel van die

een voertuig gaan sit en iemand anders is agter die

stuurwiel van die ander voertuig geplaas. Daar is

foto's van die demonstrasie geneem (bew. "H(l)"

en "H(2)" by die verhoor). Die demonstrasie het getoon

dat toe die appellant die tweede skoot afgevuur het,

die deur aan sy regterkant ongeveer 1,1 meter van die

linker voordeur van die Cortina was. Dit het verder

getoon (soos uit bew. "H(2)" blyk) dat die appellant

sy regter arm tot by sy elmboog by die ruit aan sy

regterkant uitgesteek het. Om die rigting wat die

koeël gevolg het, te bepaal, het die polisie 'n toutjie

gespan/...

15

gespan tussen die pistool, soos deur die appellant vas-gehou, en die plek waar die koeël die oorledene sougetref het terwyl hy agter die stuurwiel van die Cortinagesit het, en dit het getoon dat die koeël deur dieruit sou gegaan het sonder om die bakwerk te tref.In kruisverhoor is aan die appellant in verband metdie foto (bew. "H(2)") gevra:

"Maar die effek van die foto, kyk na diefoto en vertel vir sy Edele wat u siendaar?"

Sy antwoord was:

"Op die foto sien ek dat my pistool wysin die rigting van die bestuurder."

Daar is toe aan die appellant gesê: "Dit is op homgemik?" Sy antwoord was: "Op die foto ja."

Mnr/......

16

Mnr Grobbelaar, wat die appellant in die

verhoorhof en ook in hierdie hof verteenwoordig het,

het by die aanvang van die verhoor aan die verhoorregter

gesê dat die appellant hom op die bepalings van art.

49(2) van die Strafproseswet, No. 51 van 1977 beroep,

en hy het aan die einde van die verhoor ook betoog

dat daardie bepalings die appellant beskerm, Hy

het dieselfde betoog in hierdie hof gelewer. Verder

het hy in die hof a quo en ook in hierdie hof aangevoer

dat die las op die Staat rus om bo redelike twyfel

te bewys dat die appellant nie deur die bepalings

van die gemelde ant. 49 beskerm word nie, en dat die

beslissing van hierdie hof in Rex v. Britz, 1949(3)

S.A. 293, waar beslis is dat 'n persoon wat hom beroep op

art . /.....

17

art. 44 van die Wet op de Kriminele Procedure enBewijslevering, No. 31 van 1917, 'n voorganger van art.

49 van die huidige Strafproseswet van 1977, die las

dra om te bewys dat die bepalings van die artikel op horn vantoepassing is, verkeerd is. Die verhoorhof het laasge-

noemde betoog verwerp en bevind dat hy aan die be-

slissing in Rex v. Britz gebonde is.

Art. 49 van die huidige Strafproseswet(hierna kortweg die 1977-Wet genoem) lui soos volg:

"49. (l) Indien iemand wat volgens hierdie Wetgemagtig is om 'n ander in hegtenis teneem of om met sy inhegtenisnemingbehulpsaam te wees, poog om so 'n per-soon in hegtenis te neem en so 'npersoon -

(a) hom teen die poging verset en niesonder die aanwending van geweld

in hegtenis geneem kan word nie; of

(b) vlug wanneer dit duidelik is dat 'npoging gedoen word om hom in hegtenis

te/

18

te neem, of hom teen die poging

verset en vlug,

kan die aldus gemagtigde persoon, ten eindedie inhegtenisneming uit te voer, die ge-weld aanwend wat in die omstandighederedelikerwys nodig is om die verset tebowe te kom of om die betrokke persoon teverhinder om te vlug.(2) Waar die betrokke persoon in hegtenis

geneem staan te word weens 'n in Bylae 1 bedoelde misdryf of in hegtenis geneemstaan te word op grond daarvan dat hyredelikerwys verdink word so 'n misdryf tegepleeg het, en die persoon wat ingevolgehierdie Wet gemagtig is om hom in hegteniste neem of om met sy inhegtenisneming be-hulpsaam te wees, hom nie op 'n ander wysein hegtenis kan neem of kan verhinder omte vlug as deur hom te dood nie, word diedoding geag straffelose doodslag te wees."

Art. 44 van die bogemelde Wet op de

Kriminele Procedure en Bewijslevering (hierna die 1917-Wet genoem), wat in Rex v. Britz ter sprake was,lui soos volg:

"(1) /....

19

"44. (1) Wanneer een vredesbeambte of privatepersoon, welke krachtens deze Wet bevoegden gehouden is te arresteren of bijstandte verlenen voor de arrestatie van iemanddie een overtreding gepleegd heeft of dieop redelike gronden verdacht wordt een vande in de Eerste Bijlage tot deze Wet vermeldeovertredingen gepleegd te hebben, trachtzodanige persoon te arresteren en de per-soon wiens arrestatie zo beproefd wordt,vlucht of tegenstand biedt en niet kan wordengevangengenomen en belet te ontvluchten dandoordat zodanige beambte of private persoonde zo vluchtende of weerstand biedende per-soon doodt, dan wordt zodanige doodslag inrechten als verschoonbare doodslag beschouwd.

(2) Het bepaalde in dit artikel geeft niet het recht de dood te veroorzaken vaniemand die niet beschuldigd of verdachtwordt een van de in de Eerste Bijlage totdeze Wet vermelde overtredingen gepleegdte hebben, zullende de misdaad van diefstalvoor de doeleinden van dit artikel beperktworden tot diefstal in een woonhuis desnachts en veediefstal of diefstal vanprodukten, zoals omschreven in een wet tervoorkoming van diefstallen van vee en produkten."

Subartikel/....

20

Subart. (2) van hierdie artikel is deur art. 4 van dieWysigingswet op Kriminele Prosedure en Bewyslewering,No. 29 van 1955 gewysig deurdat al die woorde na diewoord "hebben" geskrap is.Art. 49 van die 1977-Wet se onmiddellikevoorganger was art. 37 van die Strafproseswet, No.56 van 1955 (hierna die 1955-Wet genoem.) Dit lui soosvolg:

"37 (1) Wanneer iemand wat ingevolgehierdie Wet gemagtig is om 'n persoon wat'n in die Eerste Bylae bedoelde misdryf ge-pleeg het/of op redelike gronde van die pleegdaarvan verdink word,in hegtenis te neemof by sy inhegtenisneming hulp te verleen,'n poging aanwend om so 'n persoon in hegteniste neem en daardie persoon vlug of biedweerstand en kan nie op 'n ander wyse inhegtenis geneem en verhinder word om te

ontsnap/....

21

ontsnap nie as deur die persoon wat aldusvlug of weerstand bied, te dood, wordsodanige doodslag regtens geag straffelosemanslag te wees.

(2) Geen bepaling van hierdie artikelverleen magtiging vir die doodslag vaniemand wat nie van die pleeg van 'n in dieEerste Bylae bedoelde misdryf beskuldig ofverdink word nie."

Toe die beslissing in Britz se saak gegeeis, het art. 44 van die 1917-Wet gegeld. Schreiner,AR, het die volgende in verband met die kwessie vandie bewyslas gesê (op bls. 303-304):

"Now sec. 44 does not in express language

cast the onus upon the accused. Nor do

I think that the use of the term justifiable

homicide', with its suggestion of justification

or excuse, furnishes any material ground

for holding that the onus rests upon him;

for/.....

22

for self-defence is also described asjustifiable homicide. But it should beobserved in the first place that the sectionis obviously designed to provide protectionfor a person, who has killed another, onlyin certain specified circumstances. Theform of the section itself suggests thatthe protection is only available when thecircumstances are all shown to be present,and that it is not available where theirpresence has only not been negatived. Itshould be noticed in the next place that,although a private person may only arrestwithout warrant under sec. 31 if his suspicionis reasonable, once he is entitled toarrest he is not deprived of the protectionafforded by sec. 44 because he has actedunreasonably. If the circumstancesspecified in the section are present theconditions for protection are completelyfulfilled and, however unreasonable thearrestor may have been, the killing is

deemed to be justifiable. No doubt thespecified circumstances are designed to exclude and

do exclude from protection certain formsof unreasonableness, but consideration ofthe possibi1ities, in relation more

particularly to some of the offences

mentioned/

23

mentioned in the First Schedule, makes itclear that the sectian may, on any viewof the onus, protect persons who certainlyought not to be protected. Take, forinstance, the case of a stranger who cashesa cheque for £1 in a shop and then runsaway. The shop-keeper may reasonablysuspect that he has been the victim of afraud, and, if he tries to arrest thestranger but the latter continues to runaway and cannot be prevented from escapingexcept by kil1ing him, the shop-keeper is ,apparently , in terms protected if he usesa firearm and kills the stranger. Butno-one, I apprehend, would entertainany doubt that the shop-keeper had behavedmost unreasonably; the majority of right-thinking people would be disposed to characterisehis conduct by much less restraíned language.Other illustrations of the danger inherentin sec. 44, especially when it is associatedwith the very wide powers accorded to privatepersons in our law, can easily be conceived.The list of crimes in the First Scheduleis not a short one and it includes somewhich, like culpable homicide, vary greatlyin seriousness and reprehensibility. Nowthe dangers to whích I have referred would

be/

24

be very materially increased if the onuslay upon the Crown to exclude the reasonablepossibility that the specified circumstanceswere present. Bearing in mind the graverisk that firearms may, if the protectionis too easily obtainable, be lightly usedupon occasion bo prevent the escape of some-one suspected, reasonably but perhaps wrongly,of some possibly not very serious crime, andbearing in mind also "the emphasis which ourlaw and customs have in general laid uponthe sanctity of human life, I am satisfiedthat the Legislature must have intendedthat a person who has killed another andseeks to use the very special protectionafforded by sec. 44 should have to prove,by a balance of probabilities, the circumstancesspecified in the section, as pre-requisitesto immunity."

Die geleerde regter het vroeër :in sy uitspraak ook daarop ge-wys dat Beyers, AR, in sy uitspraak in Rex v. Hartzer, 1933AD 306 bevind het dat die persoon wat hom op art. 44(1) be-roep, moet bewys dat daar aan die vereistes van die artikelvoldoen is. (Die ander regters het hulle nie oor die

vraag25uitgespreek nie.) Beyers, AR, het gesê (bl. 317):

"Art. 44(1) stel egter, o.a., hierdie grootvereiste daar, nl., dat dit duidelik enafdoende bewys moet word, en wel deur die

'vredesbeambte of private persoon', datdie vlugtende of teenstandbiedende persoon

'niet kan worden gevangen genomen en belette ontvluchten dan doordat zodanige be-ambte of private persoon de zo vluchtendeof weerstandbiedende persoon doodt.' "

Toe die 1917-Wet deur die 1955-Wet herroepen vervang is, is die bepalings wat in art . 44 van die1917-Wet verskyn het met enkele wysigings in art. 37van die 1955-Wet opgeneem. Soos sal blyk uit die be-palings van hierdie twee artikels, albei hierbo aange-haal , is art. 37 van die 1955-Wet wesenlik 'n herhalingvan art. 44 van die 1917-Wet, Daar is enkele verskillein die bewoording van die twee artikels, maar dit isvan 'n geringe aard, en daar is niks in art. 37 watenigsins daarop dui dat die wetgewer daarin 'n ander

26

reëling met betrekking tot die bewyslas beoog het as

wat in art. 44 van die 1917-Wet, soos in Britz se

saak vertolk, gegeld het nie. Die howe het dan ook

voortgegaan om die beslissing in die Britz-saak

te volg. In Mazeka v. Minister of Justice, 1956(1)

S.A. 312 (A) het Van Den Heever, AR, melding gemaak

van "the onus which rests on a person who invokes the

protection of sec. 44(1) of Act 31 of 1917 or sec.

37 of Act 56 of 1955" en toe na die Britz-saak verwys

In R. v. Labuschagne, 1960(1) S.A. 632 (A), waar 'n

polisieman hom op art. 37 van die 1955-Wet beroep het,

het hierdie hof (per Schreiner, AR) na Britz se saak

verwys en gesê (op bl. 635 E-F):

"The/.....

27

"The appellant had to prove by a balanceof probabilities that all the conditions

of justification were present."

In Matlou v Makhubedu, 1978(1) S.A. 946

(A) is vir die eerste maal, sover ek weet, in 'n

hofbeslissing die vraag geopper of die beslissing in

Britz se saak met betrekking tot die bewyslas nog .nagevolg behoort te word. In hierdie saak het Rumpff,HR, met verwysing na die passasie in Britz se saakwat ek hierbo aangehaal het, gesê (op bl. 956 A-B):

"Die standpunt dat daar in 'n geval sooshierdie in 'n strafsaak 'n bewyslas op diebeskuldigde rus, kan moontlik vandag niemeer aanvaar word nie, nieteenstaande art.37 'n verregaande beskerming aan 'n be-skuldigde verleen. Daar kan miskien gesêword dat, vir sover dit bewyslas betref,

daar/

28

daar geen verskil behoort te wees nie tussen'n beroep op noodweer en 'n beroep op art. 37."

Jansen, AR, het in sy minderheidsuitspraak gesê (opbl . 962 D-E) :

"In die algemeen sou as beginsel verwagkon word dat 'n regverdigingsgrond deur diepersoon wat hom daarop beroep, bewys moetword. Ek stem met eerbied saam dat instrafsake, na analogie van die posisie bynoodweer, hierdie beginsel nou moontliknie meer deurgevoer kan word nie; maar insiviele sake sal die beginsel wel in diealgemeen geld."

Ek het oorweging geskenk aan die vrae

wat tentatief deur Rumpff , HR , en Jansen, AR, in, dietwee hierbo aangehaalde passasies geopper is, maar ekis, met eerbied gesê, nie bereid om te aanvaar dat

dit die wil van die wetgewer is dat art. 37 van die 1955-

Wet/ 29

Wet of sy opvolger, art. 49 van die 1977-Wet, vertolk

moet word soos in die aangehaalde passasies gesuggereer

word nie. Hierdie hof het in Britz se saak, ná oor-

weging van art. 44 van die 1917-Wet, beslis dat iemand

wat hom op die beskerming van dié artikel beroep op

'n oorwig van waarskynlikhede moet bewys dat sy optrede

binne die bepalings van die artikel val. Daardie be-

slissing is deur die howe nagevolg en daar kan m.i.

aanvaar word dat toe die wetgewer in 1955 'n artikel

in die 1955-Wet opgeneem het wat, afgesien van enkele

onbelangrike verskille, 'n herhaling was van art. 44

van die 1917-Wet, hy te kenne gegee het dat die ver-

tolking wat in Britz se saak aan art. 44 gegee is in

ooreenstemming met sy wil was. Hierdie hof het ná

die aanname van die 1955-Wet voortgegaan om die

slissing/......

30

beslissing in Britz se saak toe te pas (kyk R.v.

Labuschagne, supra), en tensy daar gesê kan word dat

art. 49 van die 1977-Wet 'n ander bedoeling van die

kant van die wetgewer openbaar as wat sy voorgangers

in die 1917- en 1955-Wet geopenbaar het, meen ek nie

dat daar met reg van die beslissing in Britz se saak

afgewyk kan word nie. Kyk in die algemeen

Ex parte Minister of Justice: In Re Rex v. Bolon,

1941 A.D. 345 op bls. 359-360; S. v. Theron, 1984(2)

S.A. 868(A) op bl. 877 A-H.

Art. 49 van die 1977-Wet sien daar, wat

die indeling van sy inhoud betref, heelwat anders as

art. 44 van die 1917-Wet en art. 37 van die 1955-Wet

uit. Subart. (l) van die artikel het betrekking op

gevalle/.....

31

gevalle waar van geweld gebruik gemaak kan word om 'n

inhegtenisneming uit te voer, en subart. (2) op die

geval waar iemand wat in hegtenis geneem staan te word

omdat hy 'n misdaad wat in bylae 1 by die wet genoem

word, gepleeg het of redelikerwys daarvan verdink

word dat hy dit gepleeg het, straffeloos gedood kan

word indien daar geen ander manier is om hom in hegtenis

te neem of te verhinder om te vlug as om hom te dood

nie. Hierdie veranderde indeling van die stof

het egter geen wesenlike verskil tussen die bepalings

van art. 49(2) - die bepalings waarom dit in die

onderhawige geval gaan - en die gemelde twee artikels

in die vroeëre wette meegebring nie . Soos in die

vroeëre/.....

32

vroeëre artikels die geval was, is doding volgens art

49(2) van die 1977-Wet straffeloos slegs indien daar,

geen ander rnanier is om die betrokke persoon in

hegtenis te neem of te verhinder om te vlug as om hom

te dood nie. Vir straffelose doodslag in hierdie

artikel word dieselfde vereistes gestel as wát daar

in art. 44 van die 1917-Wet vir "verschoonbare dood-

slag" en in art. 37 van die 1955-Wet vir "straffelose

manslag" gestel was, en ek kan in art. 49 van die 1977-

Wet niks vind wat toon dat die wetgewer 'n afwyking

gewil het van die vroeëre artikels met betrekking tot

die kwessie van die bewyslas, soos in Britz se saak

vertolk, nie.

Ek/

33

Ek is daarvan bewus dat daar in sekere

handboeke en tydskrifartikels heelwat kritiek op

die beslissing in Britz se saak uitgespreek is.

Die betoog lui meesal dat wanneer 'n beskuldigde hom op

die beskerming van art. 49(2) beroep, die Staat moet

bewys dat hy hom nie daarop kan beroep nie, en dat

daar op die beskuj.digde niks meer as 'n sg. weerleggings-

las rus nie. In verskeie van die geskrifte waarin

kritiek op die beslissing in die Britz-saak uitgespreek

word, word daar betoog dat , na analogie van die posisie

by noodweer, die las op die Staat moet rus om te be-

wys dat 'n beroep op art . 49(2) nie geldig is nie .

Kyk bv. J.C. de Wet, Strafreg, 3de uitg., bls. 70-71;

P/ ........

34

P Oosthuizen, Die Bewys- en Weerleggingslas in die

Suid-Afrikaanse Reg, bls. 254-257; Schmidt, Bewysreg,

2de uitg., bls 78-80. Dit blyk duidelik uit die

uitspraak van Schreiner, AR, in Britz se saak dat hy

bewus was van die posisie met betrekking tot die

bewyslas by noodweer en dat hy oorweging claaraan ge-

skenk het. Hy het egter Qp grond van sekere hoof'-

saaklik praktiese oorwegings beslis dat aanvaar moet

word dat die wetgewer gewil het dat die bewyslas by 'n

beroep op art. 44 van die 1917-Wet op die beskuldigde rus

en ek is geensins daarvan oortuig dat hy verkeerd was of

dat sy siening van die aangeleentheid vandag nie meer

geldig is nie. Die gevare van misbruik waarop hy

gewys het wat sou kon ontstaan indien die las op die

Staat geplaas sou word om die redelike moontlikheid

dat/ ........

35

dat claar aan die vereistes van art 44 van die 1917-

Wet voldoen is, uit te skakel, is in ons samelewing

van vandag waarskynlik heelwat groter as in die tyd

toe Britz se saak beslis is, en wat in Britz se saak

in hierdie verband gesê is, geld dus ook met betrekking

tot art. 49(2) van die 1977-Wet.

Soos ek hierbo aangedui het, word daar in

kritiek op die beslissing in Britz se saak gesê dat

aangesien die bewyslas by noodweer op die Staat rus,

dit in die geval van art. 49(2) van die 1977-Wet ook

op die Staat behoort te rus. Dit is egter nie juis om

te dink dat presies dieselfde oorwegings in die twee

gevalle geld nie. Die artikel kan in die geval van 'n groot

aantal misdade (soos in Bylae 1 by die Wet genoem),

sommige/........

36

sommige waarvan nie noodwendig altyd ernstig is nie,

aangewend word, en 'n mens sou dus - om die voorbeeld

van Rumpff , HR, in Matlou v. Makhubedu, supra, op bl.

957 C-D, te gebruik - die straffelose doding kon hê van

'n kind wat geen groter sonde begaan het nie as om 'n appel

by 'n vrugtewinkel te steel en toe weg te hardloop

sodat hy nie gevang moet word nie. By 'n beroep op

noodweer word vereis dat die geweld wat gebruik word

nie buite verhouding tot die gevaar wat afgewend moet

word, moet wees nie, maar in die geval van art. 49(2) is daar

nie so 'n vereiste nie. Die beskerming wat die artikel bied,

kan/........

37

kan bestaan selfs wanneer die betrokke misdaad maar.'n

geringe is C.R. Snyman, Strafreg, bl. 112,het dit

reg wanneer hy sê dat art. 49 in bepaalde omstandighede

'n groter bevoegdheid om aan te rand of te dood ver-

leen as die regverdigingsgrond noodweer."

Uit hoofde van die voorgaande is ek. van

mening dat die beslissing wat in Britz se saak met

betrekking tot die bewyslas gegee is ook by art.

49(2) van die 1977-Wet geld.

Wat die kwessie van bewyslas betref,

wil ek kortliks ook op die volgende wys. Dit is

onder ons aandag gebring dat daar in 'n ongerapporteerde

uitspraak/........

38

uitspraak in die Natalse Provinsiale Afdeling (S. v.

Barnard, gelewer op 2 Junie 1983) na aanleiding van

die opmerking van Rumpff, HR, in Matlou v. Makhubedu

wat ek hierbo aangehaal het, beslis is dat 'n beroep

op art. 49(2) benader moet word op die grondslag dat

die bewys.l.as op die Staat rus. Die verhoorregter het

klaarblyklik fouteer. Matlou v. Makhubedu het nie

die beslissing in Dritz se saak omvergewerp nie, en

die verhoorregter moes hom aan die beslissing van die

Appèlhof in Britz se saak gebonde geag het.

Wat die appellant se beroep op art. 49(2)

van die 1977-Wet betref, ontstaan daar die verdere

vraag of hy, gesien die aard van sy getuienis,

hom hoegenaamd op die artikel kan beroep. Art. 49(2)

het betrekking op die geval waar 'n persoon wat ge-

39

magtig is om iemand te arresteer omdat hy 'n misdaad

soos genoem in Bylae 1 by die Wet gepleeg het, of re

delikerwys daarvan verdink word dat hy so 'n misdaad

gepleeg het, daardie persoon dood as daar nie 'n ander

wyse is om hom in hegtenis te neem of te verhinder

dat hy vlug nie. Die artikel het dus, soos dit my

voorkom, volgens die bewoording daarvan, betrekking op

die geval waar die persoon wat die arrestasie wil doen,

bedoel om die ander persoon te dood omdat hy hom nie

op 'n ander manier in hegtenis kan neern of verhinder

om te vlug nie. Die appellant se getuienis was dat

hy na die bakwerk van die Cortina geskiet het en geen-

sins bedoel het om die bestuurder van die voertuig

raak te skiet of te dood nie. In dié omstandighede

kom dit my as twyfelagtig voor of die appellant hom

op/ ........

40

op art. 49(2) kan beroep. Dit is egter nie nodig om

'n finale antwoord oor hierdie vraag te gee nie, want

al sou die appellant hom op die artikel kon beroep, sou

nogtans, in die lig van die feite van die saak, nie

kon slaag nie. Al sou 'n mens aanvaar dat dit Nieuwoudt

was wat die Cortina bestuur het en nie die oorledene

nie,is daar nie grond vir 'n bevinding dat dle appellant

hom op geen ander wyse in hegtenis kon geneem het as

om hom te dood nie, Die appellant self beweer dit

ook nie. Hy het, volgens sy getuienis , gemeen dat

hy die bestuurder van die Cortina sou laat stilhou as

hy in die bakwerk van die voertuig skiet. Maar

verder, ek meen dat daar ander metodes was wat die

appellant kon aangewend het om die Cortina tot stil

stand/ ......

41

stand te bring as om sy vuurwapen te gebruik op die

wyse wat hy gedoen het. Hy het eers direk agter,

en later langs, die Cortina gery, en daar was nie 'n

ander voertuig voor hulle nie. Hy sou, meen ek,

by enige robot vorentoe waar die lig rooi was sonder

gevaar vir homself of' enigiemand anders skuins voor

die Cortina kon ingedraai het en so verhinder het dat

dit verder ry. Hy sou dit ook by 'n stopstraat kon

gedoen het, maar dit lyk nie asof hy so iets oor-

weeg het nie. Hy sou die Cortina ook kon agtervolg

het en intussen hulp ontbied het, want hy was in

radio-verbinding met sy kollegas in die ander

voertuie wat aan die soektog deelgeneem het. Dit is

ook opmerklik dat die appellant nooit sy toeter ge-

druk/ .......

42

gedruk het in 'n poging om die aandag van die bestuurder

van die Cortina te trek nie. Verder raoet bygevoeg

word dat daar nie gesê kan word dat die bestuurder

van die Cortina aan die vlug was nie. Volgens die

appellant se eie getuienis het die oorledene geen

reaksie getoon op enigiets wat hy (die appellant)

gedoen het om hom te laat stilhou nie: hy het net

aangehou ry, nie vinniger nie en ook nie stadiger nie

Hy het klaarblyklik nie gevlug nie. Mnr Grobbelaar

het betoog dat indien die appellant op redelike gronde

geglo het - en daar is betoog dat hy wel aldus geglo

het - dat die oorledene aan die vlug was, hy dan, vir die

doeleindes van die toepassing van art. 49(2), beskoumoet word as iemand wat aan die vlug was. Ek twyfel

of die woord "vlug" in art. 49(2) die inhoud kan hê

wat/...

43

wat die advokaat daaraan wil heg. Die bevoegdheid wat

deur art. 49(1) verleen word orn geweld te gebruik teenoor

iemand wat vlug, is beperk tot iemand wat "vlug wanneer

dit duidelik is dat 'n poging gedoen word om hom ín heg-

tenis te neem, of hom teen die poging verset en vlug"

(kyk para. (b) van die subartikel), en in Macu v. Du Toit

en 'n Ander, 1983(4) S.A. 629 het hierdie hof beslis dat

dit vir die persoon wat staan in hegtenis geneem te word

"duidelik" moet wees dat 'n poging gedoen word om hom in

hegtenis te neem. (Kyk bls. 633 G en 644 C van die

verslag.) "Vlug" in art. 49(1) sou dus nie die geval

insluit van iemand wat nie inderdaad vlug nie, en dit

sou gesê kon word dat "vlug" in subart. (2) dieselfde

betekenis as in subart. (l) het: kyk die woorde "die

betrokke persoon" by di e aanvang van subart. (2) wat

terugverwys/...........

44

terugverwys na "persoon" in 'subart. (1) Dit is egter

nie nodig om verder op hierdie vraag in te gaan nie ,

want al sou 'n mens aanvaar dat "vlug" vatbaar is vir die

vertolking wat mnr Grobbelaar voorstaan, is ek van mening,

soos reeds hierbo aangedui, dat nie bevind kan word dat

die appellant redelikerwys geglo het, of kon geglo het,

dat die oorledene aan die vlug was nie.

Ek is gevolglik van mening dat die appellant

se beroep op art. 49 nie kan slaag nie. Hierdie be-

vinding maak natuurlik nog nie 'n einde aan die saak

nie; dit beteken slegs dat die appellant nie geregtig

is op die beskerming wat art. 49(2) bied nie. Die

Staat rnoet nog steeds bewys dat hy skuldig is aan moord

of aan 'n ander misdaad waaraan hy by 'n aanklag van moord

skuldig bevind kan word. Die appellant is aan straf-

bare/ .......

45

bare manslag skuldig bevind en die vraag is of daar gesê

kan word dat hy verkeerdelik skuldig bevind is. Die

antwoord is na my mening klaarblyklik "nee", en ek vind

dit nie nodig om enigsins oor die aangeleentheid uit

te wei nie. Hy het besluit om, soos hy dit gestel

het,in die rigting van die Cortina te skiet toe hy

redelikerwys ander metodes kon aangewend het om die

voertuig tot stilstand te bring. En verder, 'n mens

hoef alleen na bew. "H(l)" en "H(2)" te kyk om te be-

sluit dat die appellant as redelike man moes besef het

dat indien hy die sneller van sy vuurwapen trek, hy die

bestuurder van die Cortina kon raak skiet en dood.

Die appèl word afgewys.

P. J . RABIE

HOOFREGTER.

JOUBERT, AR.

CILLIé, AR. Stem saamVILJOEN, AR.

HEFER, AR.46

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

Rex v Britz, 1949 (3) SA 293

Case cited

Mazeka v Minister of Justice, 1956 (1) SA 312 (A)

Case cited

R v Labuschagne, 1960 (1) SA 632 (A)

Case cited

Matlou v Makhubedu, 1978 (1) SA 946 (A)

Case cited

Macu v Du Toit en 'n Ander, 1983 (4) SA 629

Case cited

Ex parte Minister of Justice: In Re Rex v Bolon, 1941 AD 345

Case cited

S v Theron, 1984 (2) SA 868 (A)

Case cited

Criminal Procedure Act 51 of 1977, section 49

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Criminal Procedure and Evidence Act 31 of 1917, section 44

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Criminal Procedure Act 56 of 1955, section 37

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.